1. Oggendjoernaal (Morning Pages):

Secret Garden

Secret Garden

Baie welkom by die kunsklas. Die skildery hierbo se naam is “Secret Garden” en ek nooi jou
om saam met my te stap op hierdie ontdekkingstog deur die kunswêreld,
waar ons steeds nuwe dinge sal leer, en mekaar sal aanmoedig om te groei.

In “The Artist Way”- Julia Cameron se topverkoper, beskryf sy drie maniere wat jou kan help om jou kreatiwiteit meer deel van jou alledaagse lewe te maak. Die eerste gereedskap of hulpmiddel is om elke dag drie folio bladsye vol te skryf. Om self met die hand te skryf is deel van die oefening, dus nie tik op ‘n laptop nie.  Dit help om jou kreatiwiteit terug te vind en moet verkieslik daagliks gedoen word. Jy kan drie bladsye skryf, daar is geen verkeerde manier van skryf nie, blaas stoom af (brain drain), skryf alles wat in jou gedagtes opkom, enig iets wat jou hinder,wat jy vrees, of hoop, die belangrikste is dat jy baie eerlik is met jouself terwyl jy skryf. Dit wat jy skryf is persoonlik en niemand behalwe jy self mag dit lees nie. Dit is selfs beter as jy self ook die eerste paar weke glad nie lees wat jy geskryf het nie. Vergeet ook van korrekte taalgebruik en spelling, skryf en bêre dit in ‘n verseëlde koevert. Baie van dit wat jy skryf staan tussen jou en jou kreatiwiteit. Hierdie is ‘n tipiese regterbrein oefening en maak dus nie sin vir die analitiese linkerbrein sensor wat jou gaan probeer oortuig dat die skrywery tydmors is. Deur te skryf  help jy om die regterbrein funksie te ontwikkel. Dit maak kreatiewe openinge in jou onderbewussyn waardeur die kreatiwiteit wat binne in jou is vrygestel kan word.

Die Oggendjoernaal, wat jy nie noodwendig in die oggend hoef te skryf nie, is amper soos om te mediteer,dit gee insig en help ons om ons lewe te verander. Vir sommige studente het dit selfs die vorm van‘n gebed aangeneem, en het hulle ook Bybeltekste wat vir hulle spesiale betekenis het saam in hul joernaalgebruik. Dit is ‘n manier om stil te word en om in te skakel byons Skepper. Dit help ook om jouself beter te leer ken .wanneer jy skryf oor situasies in jou lewe.

2. Kunstenaarsafspraak:

Dit is die ander hulpmiddel of gereedskap op reis na jou volle potensiaal. Dit is tyd om te ontvang, tyd wat jy
spesiaal eenkant sit om jou kreatiwiteit te voed. Dit kan‘n uitstappie wees of om na musiek te luister. Jy
doen dit alleen. Dit kan iets wees soos ‘n besoek aan ‘n akwarium, kunsgalery, mooi park of tuin ens.
Leer die kunstenaar binne in jou ken, moenie dit vermy of afskeep nie. Waar die oggendjoernaal soos ‘n gebed en behoefte is,
is die Kunstenaarsafspraak soos die antwoord,vervulling, of herlaai van batterye. Amper soos ‘n visdam met groot en klein visse, die dam kan stagneer of geblok raak of leeg getap word. Netso kan jy begin voel wanneer jy aanmekaar produktief is, en werk sonder ophou.
Nog ‘n manier om inspirasie te kry en die kunstenaar binne in jou te voed is deur op te let na detail.
Die Kunstaal maak gebruik van beelde en simbole,taal sonder woorde, dus iets wat jy voel en beleef.
Om die visdam weer vol te maak vul ons dit met visuele beelde. Woorde, klanke, kleure, reuke, aanraking ens.
Luister na mooi musiek, wees bewus van reuke soos vars gemaalde filterkoffie, vars gebakte brood,
gras wat gesny is, die veld na ‘n bui reën, ens. Enigiets wat jy doen wat ‘n repeterende aksie is, b.v.
stap, fietsry, swem, groente kerf, krale ryg, ens. is aktiwiteite wat die kunstenaarsbrein voed.
Let op hoe dikwels kry jy ‘n oplossing vir ‘n probleem wanneer jy op iets heeltemal anders konsentreer.
Hou dus ‘n notaboek byderhand om idees en inspirasie neer te skryf.

3. Om te stap

Die laaste gereedskap vir kreatiwiteitsontwikkeling is om te stap. Verkieslik elke dag, al is dit net twintig minute. En een
maal per week ‘n lekker lang stap. Wanneer jy stap gebruik jy al jou sintuie. Jy ruik die vars geuk na ‘n bui reën, of die
gras wat pas gesny is. Jy hoor die wind deur die blare ritsel en die voëls wat sing. Om te stap help om jou gedagtes op
iets anders te fokus. Dikwels sal jy terwyl jy stap, ‘n oplossing vir ‘n probleem kry.

Stap help jou om weer te anker en om net te geniet, om net te wees. Jy kan alleen stap, of saam met iemand of jou
hond. Solank jy net stap. Dikwels is tyd vir ons ‘n probleem, maar het jy al opgelet hoeveel tyd net sommerso weg is wannneer jy net gou na jou e-pos wil kyk of op WhatsApp of Facebook. Gun jouself die tyd om net so’n bietjie buite te wees en die sonskyn te geniet, los jou foon by die huis. Sien dit as ‘n belegging,want jy sal vir die res van die dag die rustige gevoel
en innerlike kalmte beleef.

Bron: The Artist Way – Julia Cameron

 

Pin It on Pinterest

Share This

Share This

Share this post with your friends!