Hoe kan jy kreatiwiteit bevorder….
As jy ’n beginner is wat graag meer soos ‘n kreatiewe kunstenaar wil wees…
Of ‘n kunstenaar wat meer kreatief wil wees… Of ‘n kreatiewe kunstenaar wat geblok voel…
Hier is ‘n geleentheid wat jy nie moet mis nie:
‘n Kreatiwiteitsessie met oefeninge en inspirasie om kreatiwiteit en kunssinnige selfvertroue te ontwikkel.
Kies vir Kreatiwiteit:
Kreatiewe mense is nuuskierig, aanpasbaar, onafhanklik en vasberade, met ‘n enorme gevoel vir avontuur, hulle hou van speel. Kreatiewe persone luister vir hul intuïsie, hul luister wat hul hart sê.
Intuïsie en kreatiwiteit is binne-in jou, maar jy het nodig om jou kreatiewe gees wakker te maak. Gee aandag. Vertrou jouself. Ontwikkel en versterk die eienskappe binne jou en reik uit na jou kreatiewe potensiaal. Hierdie idees gaan jou help om jou kreatiwiteit te bevorder. .
Jy is gebore om kreatief te wees.
Kreatiwiteit is nie net vir ‘n paar bevoorregtes nie, dit is vir almal.
Edgar A. Whitney, ‘n baie bekende Amerikaanse waterverf leermeester het gesê: “No door is closed to a stubborn scholar”.
Om kreatiwiteit te bevorder het jy begeerte en vasberadenheid nodig, asook oefening, geduld en deursettingsvermoë, dieselfde eienskappe wat lei na sukses in enige ander kreatiewe uitdaging.
Akademiese opleiding is handig, maar nie noodsaaklik nie. Baie kreatiewe mense is self opgelei, aangevuur deur die begeerte om iets moois te maak, en hul is bereid om kanse te vat en foute te maak.
Wat jy glo is wat jy gaan wees
Elke kunstenaar het as ‘n beginner begin. Dit maak nie saak hoe ‘n beginner jy is nie. Jy sal leer. Jy leer en doen sodat kreatiwiteit kan ontwikkel. Geen rede om bang te wees nie. Al is jy nie ‘n kunstenaar nie, doen jy reeds baie dinge wat wel kreatief is, soos naaldwerk, houtwerk, tuinmaak, scrapbooking, selfs om kinders groot byvoorbeeld. Daar is nie so ‘n groot gaping tussen dit en om kreatiewe kuns te skep nie. Al wat jy nodig het is die wil om te leer en om ‘n paar vaardighede te oefen. Om vaardighede baas te raak is maar soos om te leer bestuur, deur die aksies te herhaal een voor een tot jy alles gelyk kan doen. As jy kan leer om ‘n kar te parkeer kan jy leer skilder.
Vergeet van negatiewe gedagtes soos dat jy geen talent het nie. Henri Matisse het gesê:” It would be a mistake to ascribe this creative power to an inborn talent. In art, the genuine creator is not just a gifted being, but a man who has succeeded in arranging for their appointed end, a complex of activities, of which work is the outcome. The artist begins with a vision – a creative operation requiring an effort. Creativity takes courage.”
Practice, patience and perseverance pay off
Om te oefen, geduldig te wees en vas te byt gee resultate
Hou dit eenvoudig, geniet elke oomblik
Kom Ons begin:
Jy het nie duur material en verf nodig om kreatief te wees nie. ‘n Doodgewone potlood is jou beste vriend. Gebruik sommer gewone kopieer papier, dan is jy nie jammer om foute te maak nie, en kan jy gebruik soveel as wat jy wil. Jy gaan nie noodwendig ‘n kunswerk maak nie, dit gaan meer oor om kreatief te wees.
Eksperimenteer:
Gebruik ‘n verskeidenheid van mediums, papier, gereedskap en kleure.
Krap in jou kaste en laaie en werk met wat jy het. Kyk gerus by tweedehandse winkels, soms kry jy daar vir ‘n appel en ‘n ei die interessantste ou skilderye en rame, of kunsmateriaal.
Word ‘n versamelaar:
Gebruik ‘n ou skoenboks om interessante voorwerpe in te stoor, soos skulpies, blare, knope, sleutels, dryfhout, enigiets wat vir jou mooi is en jou verbeelding prikkel. Vra vriende en familie of hulle iets het wat jy dalk kan gebruik.Maak ‘n aparte boks vir stukkies papier, net, kant, materiaal, lint, ou skilderye en tekeninge om te gebruik in van die oefeninge.
kreatiwiteits joernaal
Die idee vir ‘nkreatiwiteitsjoernaal of visuele dagboek is dat dit vir speel, pret en pure genot gebruik word. Dit is jou oasis, jou manier om ‘n spesiale oomblik vas te vang. Begin deur hierdie paar weke wat die kursus duur jou joernaal oral saam met jou te neem, jy gaan in die kursus baie idees kry hoe om jou alledaagse lewe te gebruik vir bladsye in jou joernaal. Om dit nog meer eenvoudig te hou gaan ons slegs drie kleure spektrums gebruik.
‘n Goed benutte joernaal is enige kreatiewe persoon se beste vriend. Skryf daarin al jou idees voor jy dit vergeet. Jy mag foute maak, moenie uitvee nie, moenie uitskeur nie,en skryf die datum by.
Sonya Delauny as inspirasie vir Kreatiwiteit
Doen nou in jou sketsboek of op ‘n groter karton die oefening soos in die kunsgeskiedenis video oor Sonya Delaunay (1885-1979). Sonya was ‘n Joods/Franse kunstenares. Sy is bekend vir haar sterk kleurgebruik en geometriese vorms, Sy het daarvan gehou om te skilder, materiaal te ontwerp, asook vir teater kostuums te maak. Sonya het ongeveer in 1911 begin om ‘n kwilt te maak vir haar pasgebore babaseun. Sy het op dieselfde manier te werk gegaan as die gebruik in Russiese plattelandse mense se huise. (Sy het in Rusland groot geword) Toe dit klaar was,het die stukke materiaal en kleure ‘n cubistiese patroon gevorm. Dit het daartoe gelei dat sy en haar man Robert Delaunay dieselfde beginsels van kleur en ontwerp toegepas het in hul skilderye en ander kuns voorwerpe.