Uitnodiging en Advies vir Kuns as Kreatiewe Leefstyl

“Kuns is die vreugdevolle en spontane bewys van die mens se vermoë om uitdrukking te kan gee aan sy diep gevoelens van skoonheid, orde, lewe en liefde” (Vicci Sperry)
“n Kunswerk is die uitdrukking van ‘n idee, dit reflekteer die bewuste en onbewuste denke van die kunstenaar. Kuns is nie die resultaat van ‘n produksielyn nie, dit kan nie deur ‘n masjien gemaak word nie. Ware kuns is nooit koud, leweloos of stereotiep nie. Goeie kuns, soos goeie musiek werk bevrydend.
‘n Digter gebruik taal en spraak. ‘n Kunstenaar se gereedskap is visueel. Die kunstenaar gebruik alles tot sy beskikking om sy emosie uit te beeld. Sy insig in kleur verhoudings groei dieper en dieper soos wat hy werk. Jy kan self besluit hoe jy die verf gaan aanwend tot jy tevrede is. Jy kan aanhou aan jou werk verander of heeltemal iets nuuts maak. Die moontlikhede is onbeperk.
Ons is nie onder druk om ‘n voltooide werkstuk te lewer nie, ons leer soos wat ons werk. Die regte gesindheid is om soos ‘n kind jouself toe te laat om die ondervinding te geniet. Ons begin met ‘n skoon wit doek, net dit wat in jou gedagtes en emosies is kan gebeur op jou doek. Besinning voor jy begin help om probleme op te los en berei die weg vir kommunikasie deur jou kuns.
Die besluit om kuns deel van jou lewe te maak is soos om op ‘n reis te gaan. Dit word ‘n leefstyl. Net soos enige reis wat ons onderneem berei ons voor. Ons gaan begin met teken, en dit gaan pret wees.Ek nooi jou om saam met my te gaan stap op ‘n ontdekkingstog in die kunswêreld.

Baie van die oefeninge is bedoel om jou weer soos in jou kinderdae te laat geniet van wat jy doen. Die volgende stap is om dit wat jy nodig het vir hierdie pret oefeninge bymekaar te maak.

oil paint palette

oil paint palette 

• Potlode: tenminste 6 verskillendes, soos 2B, 4B ens, daarmee saam ‘n skerpmaker en uitveer.
• Houtskool: houtskoolpotlode asook houtskoolstokkies.
• ‘n Blik fixatief wat jou houtskool en pastelwerk ‘n beskermende laag gee (Haarsproeimiddel kan ook werk).
• Ink, akriliese ink werk goed en is bekostigbaar, (Swart, bruin, groen, geel, rooi, blou, turquoise)
• Waterverf: koop ‘n klein stelletjie met 12 kleure
• Kwassies: 1 ronde klein kwassie, 1 ronde groter kwassie, en ek vind ‘n plat kwas onmisbaar.
• Spuitbotteltjie om met water te vul en projekte en verf nat te hou terwyl jy werk.
• Waterverfpotlode (12 kleure)
• Oliepastelle, met dit kan jy wondere verrig, hou sommer klein botteltjie terpentyn ook byderhand
• Papier, skêr en gom

Wenk: Konsentreer om vir jou onderwerp te kyk, nie te veel vir die papier nie. Let op na vorms, patrone en teksture. Beweeg jou hand lossies, hou dus pen verder na agter toe vas. Dit voel miskien bietjie moeilik aan die begin, maar dit gaan jou help met spontane en vry lyne.

Kleurvolle groete
Helena

Secret Garden

Secret Garden- Ek nooi jou om saam met my te gaan stap op ‘n ontdekkingstog in die kunswêreld.

Ruitersbos

Ruitersbos

Ruitersbos

Title: Ruitersbos ( 35,8 x 46 cm )
Status: R 2150-00
Medium: Mixed medium on canvas
Note:: Ruitersbos near Mosselbaai is a beautiful small settlement, I would love to spend time there walking in the woods and painting.

Peace

Peace

Peace

Title: Peace (Framed 62 x 53,5 cm ; unframed 47 x 39 cm)
Status: Sold
Medium: Oil paint on canvas
Note: This painting was done in the time that I loved using rectangular shapes for the composition. To me, it was a place of peace and calm in a difficult time in my life.

Pin It on Pinterest