Sumi-e is ‘n Japanese term wat “ink tekening” beteken.
Rondom die 7e eeu het Japanese student wat China besoek het, dit teruggebring na Japan; saam met ander idees soos kalligrafie; om mooi te kan skryf. Die Japanners het dit aangepas by hulle kultuur en dit begin Sumi-e noem.
Sumi-e bestaan uit vier basiese kwashale wat “The Four gentlemen” genoem word. Volgens die ou Sjinese kunstenaars verteenwoordig hierdie “Four Gentlemen” alle vorms in die heelal. Die Bamboe, die Veld orgidee, die Krisant en die Pruimtak is deel van die Four Gentlemen. Die kunsvorm word van die vroegste tye af beoefen deur nie net mans nie, maar ook vrouens en kinders .
Van die Zen monnike het Sumi-e gebruik in hul opleidings programme. Hulle beklemtoon die afwesigheid van kleure, waardeur toonwaardes, lyn en emosies meer tot hul reg kom. Vir hulle was dit ‘n groter uitdaging as om volkleure te gebruik.
Daar is baie sprokies en volksverhale oor Sumi-e. Baie van die Westerse kunstenaars is deur Sumi-e beïnvloed, bekendes soos Toulouse- Lautrec, Gaugain, Vincent van Gogh en Marie Cassat se werke getuig van die Japanese invloed. Veral hoe hulle met vaste hand dik en dun lyne geskilder het, die spoed, sowel as die komposisie en eenvoudige kleurgebruik was vir die Impressioniste ‘n bron van inspirasie.
Selfs vandag word die mooi vrye Sumi-e lyne deur kunstenaars bewonder; hul noem dit “Action Painting” Dit word dikwels as stokperdjie deur Japanese gesinne beoefen, saam met “shodo”/ kalligrafie.
Die energie van Sumi-e
Sumi-e is vol energie. Die een kwashaal volg op die ander wanneer die kunstenaar vry werk en goeie beheer het oor kwas en ink. Dit is dadelik ‘n kunswerk. Probeer dus om elke kwashaal doelbewus so goed as moontlik te doen. Om die varsheid te behou werk ons liewer sonder vooraf sketse – die prentjie is klaar in jou kop.
Geniet die mooi wat jy sien en skilder van geheue met die emosie wat jy ervaar het in Sumi-e taal. ‘n Komposisie ontwikkel in swart, skakerings van gryse en dan die wit/negatiewe spasie van die papier. Dit kan realisties of abstrak wees, en is impressionisties van aard.
Sumi-e help die kunstenaar om die mooi in jou direkte omgewing te onthou; ‘n voël wat vlieg, ‘n akkedissie op ‘n blaar, ‘n skoenlapper by ‘n blom… Sumi-e is die taal waarin jy dit wat jy onthou beskryf in ‘n kunswerk sodat ander dit kan geniet. Volgens die ou Sjinese beskryf Sumi-e die Tao/ die Skepper en die beginsels van die heelal, die Weg van die Lewe.
Wanneer jy Sumi-e skilder is jy in die energie veld van Hokusai,Sesshu en Buncho; almal skilders wat Sumi-e wou deel met die gemeenskap waarin hul gewoon het.
Die Sumi-e taal
Sumi-e is ‘n taal wat jou help om skoonheid vas te lĕ met kwashale. Dit is ‘n visuele woordeskat en laat jou met nuwe oë na die wĕreld om jou kyk. ‘n Ou Sjinese spreekwoord sĕ”Om te kan skilder moet jy kan naboots.” Jy kan dit vergelyk met ‘n storie.
Om te kan woorde skryf het jy nodig om die alphabet en grammatika te leer. Die kwashale is die alphabet en die komposisie is die grammatika. Oefen die kwashale sodat dit maklik vloei en jy nie verder daarop hoef te konsentreer nie. Dan kan jy jou aandag gee aan komposise en emosie. Sumi-e is vir elkeen uniek – soos jou handskrif. Wees geduldig, hou aan oefen en verbeter so jou oog-hand koördinasie. Gebruik jou verbeelding. Net soos wat jy sou oefen vir ‘n klavier konsert.
Sumi-e en die Japanese digkuns Haiku gaan hand aan hand.
“Cadence” deur Shöha
Spring rain on my roof begins to drum
Drips from the willow,
Petals from the plum
Dit is so mooi gesĕ, jy sien die hele prentjie! Hierdie gedig geskryf in kalligrafie saam met ‘;n Sumi-e tekening; sal so’n mooi kunswerk wees!
Sumi-e benodigdhede:
In Japan word dit die “Four Treasures” genoem Dit is die ink blok, die ink steen, die kwas en die papier. . .
- Kwas
- Ink/waterverf
- Papier
- Die klassieke Sumi-e kwas “Foo-day” het ‘n unieke vorm en kan groot volume vloeistof hou, dit het ‘n fyn punt. ‘n Medium nommer 4 om te begin is goed
- Hah-kay/ plat kwas byvoorbeeld vir bamboo stingels en “washes”. Na jou gewerk het spoel jou kwassies goed uit en laat droog word.
- Sumi-e Ink of waterverf word spesiaal gemaak in die vorm van ‘n steentjie, maak dit nat en vryf op “soo-zoo-ri” om ink te maak. Die ink kan wissel van bruin tot blou swart en op die steentjie is patrone. Waterverf werk goed saam met Sumi-e.
- Papier: Gebruik aan die begin om te oefen koerantpapier of tikpapie Daarna ryspapier: gasenshi, wagasen of hosho, en wanneer jy gevorderd is kan jy ook op sy skilder . Plak die papier vas op ‘n bord sodat jy kan vry skilder e nook oor die rand van die papier kan gaan met jou kwas.
- Waterbakkie
- Palet
- Lap /Handdoekpapier
Plaas dit links as jy linkshandig is, of regs van jou; afhangende van handdominansie
Voordat jy begin met ‘n skildersessie: Word stil. Haal ‘n paarmaal diep asem, sluit jou oë, visualiseer wat jy wil skilder, sien die prent en ervaar die emosie van die onderwerp voordat jy begin skilder.
Manier van skilder vir Sumi-e
Hou die kwas vertikaal tussen duim en twee vingers, meestal in die middel, vir fyn detail onder, vir groot kwashale bo. Die papier is plat op die tafel, skilder met armbeweging vanuit die skouer. Dit word ook die “dansende kwas” genoem, die kwas beweeg met vloeiende beweging oor die papier soos wat jy ‘n brief sou skryf, of ‘n golf hou of tennis hou sou slaan. Skilder met volle en vrye arm beweging.
Sou jy ‘n foto of prentjie vir referensie wou gebruik; plaas dit reg voor jou. Maak jou kunswerk in een sessie klaar, sit gemaklik en geniet om met die ink vry lyne wat beweeg te skilder.
Reëls:
- Hou kwas vertikaal, tensy anders aangedui
- Beweeg kwas in die rigting van die pyltjies
- Gebruik skakerings op kwas: begin met ligte kleur, druk punt in sterker ink, of die sykant
- Oefen en voltooi volledige skildery met komposisie en skakerings
- Wees veelsydig met kwas; werk van links na regs, van regs na links en van onder na bo of van bo na onder.
- Begin voor in skildery en werk na agter toe
- Gebruik ligte kleur ink vir pels en veertjies; en donker ink vir snawels, pote en takkies
- Oefen gegradeerde kwashale; asook lyn wat dunner, dunner en dunner word; elke dag
- Beplan om elke dag 15 minute te oefen
- Leer om die Four Gentlemen te skilder, en maak so jou eie skeppings en variasies.