Week 10 se tema is ‘n visserhuisie, deels om perspektief prakties toe te pas, en ook om tegelykertyd waterverfpotlode op verskillende maniere te gebruik. Jy kan natuurlik ook olieverf, akriel of net waterverf gebruik vir hierdie onderwerp.

Vir ‘n variasie is hier nog ‘n oefening wat jy met waterverf of medium van jou eie keuse kan doen.

Perspektief is die “kuns” om ruimtelike en plastiese effekte te skep, die effekte berus op matematiese wette wat help. Al voer jy nie die wette en konstruksie 100 % korrek uit nie, sal dit jou help om nie groot hinderlike foute te maak nie. Konstruktiewe hulplyne bestaan uit: • Skuins lyne, • Dun lyne vir voorwerpe wat ver weg is. • Medium lyne vir voorwerpe wat nader is. • Dik lyne vir voorwerpe naaste aan jou. Perspektief is gebaseer op twee eenvoudige reëls:

1. Lyne wat parallel is kom wanneer hulle verleng word bymekaar in die verdwynpunt.

2. Alle paralelle lyne kom by dieselfde verdwynpunt bymekaar. Om die begrippe in te oefen kan jy hierdie vissershuisie teken.

 

Vissershuisie

Wat jy nodig het:

  1. Burnt Umber, d. blou, violet, raw sienna, ultramaryn, yellow ochre, sap groen
  2. Plat kwassie.
  3. Ronde kwassies, dik en dun
  4. 2B Potlood
  5. Waterverf papier
  6. 2 houers met water

 

Metode:

  1. Skets horisonlyn, huisie en bome
  2. Meng d. blou met bietjie gebruik plat kwas om bo aan papier ‘n strook te verf, gebruik nou raw sienna vir nog ‘n deel en laat kleur in mekaar vloei.
  3.  Hou aan oor hele papier werk, en maak stroke met d. violet, raw sienna , burnt umber en d.blou.
  4. Met ronde kwassie en raw sienna verf op gedeeltes vir meer lig in kleurlaag.
  5. Verf bome en struike  deur ultramaryn by te voeg.
  6. Verf skoorsteen en muur.
  7. Terwyl verf nog nat is; gebruik dun kwassie en verf met d. bruin en blou gemeng skaduwee van dak se rand.Laat droog word.
  8. Gebruik ronde kwas en sap groen en verf ‘n laag oor die voorgrond van skildery
  9. Maak kleur sterker en verf vensters
  10. Terwyl verf nog nat is, verf bietjie d.  bruin en blou gemeng op dak en aan die kant van gebou en muurtjie. Laat droog word.
  11. Doen laaste detail.

 

Pin It on Pinterest

Share This

Share This

Share this post with your friends!