Kuns as ‘n hulpmiddel vir meditasie
Kuns gee ‘n gevoel van vloei en vryheid.
Net soos meditasie kan kuns ons help om in die dieper en stiller deel van ons self te tap.Ons raak meer bewus van om in die oomblik te wees.
Baie van ons het gehoor van die voordele van meditasie, maar vind dit soms moeilik om dit te doen. Nog minder van ons is bewus van die opmerklike voordele van artistieke ekspressie. Om kuns te maak is nog ‘n manier om te mediteer, en dit bring genesing.
Kuns as terapie het ‘n helende uitwerking op ‘n verskeidenheid van siektes, en werk effektief vir alle geslagte, oor taalgrense asook verskillende ouderdomme. In ‘n onlangse studie van kanker pasiente is bevind dat kunsterapie, tesame met chemoterapie en bestraling, nie net die simptome wat tipies is vir kanker pasiente, soos pyn, moegheid en angstigheid verminder het, maar ook lewensverwagting verbeter het.
Kuns is nie net genesend vir individue wat aan terminale siektes ly nie. Hier is ‘n paar redes hoekom kreatiewe aktiwiteite goed is vir psigologiese geestesgesondheid.
- Kuns is ‘n hulpmiddel vir meditasie en self-konneksie Meeste van ons kan verstaan dat kuns ‘n manier is om die werklikheid te ontsnap, maar waar kom die genesings potensiaal vandaan? Kuns het ‘n impak op ons brein: Om emosionele stabiliteit te ervaar het grootliks te doen met verantwoordelikheid neem vir ons emosies en hoe ons voel. Navorsing het die kragtige invloed van meditasie bewys. Een van die redes hoekom dit so kragtig is, is omdat dit aanvaarding bring. Om kuns te skep is ‘n tipe meditasie, ‘n aktiewe oefen van die brein wat bewustheid bevorder en aanvaarding van gevoelens en gedagtes sonder veroordeling beklemtoon. Dit laat ook die liggaam en gedagtes ontspan. Kuns, soos meditasie help ons om afstand te skep tussen ons dikwels negatiewe, angstige gedagtes, en help ons om te skakel met ons ware self – in teenstelling met die vlietende of vals gevoel van self of identiteit wat ons soms beleef wanneer ons vasgevang is in emosies en gedagtes. Wanneer ons iiets skep en kreatief besig is, gaan ons brein in ‘n fase van bewussyn en breek dit weg van die konstante dialog en gedagtes in ons koppe.
- Kuns skep ‘n gevoel van vryheid en om te vloei Net soos met meditasie kan kuns ons help om in die dieper en stiller dele van onsself te tap. Ons gaan in ‘n fase van vloei en om in die oomblik bewus te wees .
- Kuns laat ruimte om jouself op jou unieke manier uit te druk Die kreatiewe proses maak behoefte aan verbale kommunikasie oorbodig Kreatiwiteit is ‘n taal op sy eie en verbind mense met mekaar en met hulself op ‘n nie-verbale manier.
- Kuns en kreatiwiteit anker ons en help ons om te fokus.
Hoe kan jy kuns en meditasie kombineer?
- Raak ontslae van alles wat kan steurnis veroorsaak, soos selfone, kies ‘n plek waar jy ongesteurd kan sit vir ‘n rukkie
- Laat los waarmee jy die dag besig was en wees daar, in die oomblik, hou jou gedagtes daar
- Geniet die kunswerk voor jou, Geniet om lyne te maak, teksture te skep, om te krabbel
- Sien die detail raak
- Laat jouself toe om saam met die kunswerk te wees, soos om net stil te wees en die geselskap van ‘n goeie vriend te geniet. Die proses is belangrik, proses van stilwees en net te wees, dit gaan nie nou om ‘n mooi kunswerk te skep nie.
Helena’s classes seem to come at exactly the right time. Her words meditation a flow are so real for me at the moment. Thank you
Baie dankie Debra