Kunsterapie Tegnieke vir pen en ink

Ink agtergrond vir potlood en pen skets

Kuns terapie met pen en ink

“There will be new ideas in painting and each idea will have a new technique” Robert Henry

As medium vir kunsterapie is ink ‘n goeie keuse.

Soms het ons nodig om meer vry te werk en net die kleure en teksture te geniet. In hierdie les het jy die vryheid om te eksperimenteer en te kyk hoe kan jy ink gebruik tot jou voordeel.

Kunsterapie werk goed met ink as medium. Die intense kleure laat jou sommer vrolik voel, en die verrassings element van ink wat vloei maak dit ‘n ontspannende en terapeutiese ervaring.

Aan die een kant kan jy dit vry laat vloei, soos met waterverf, en dan weer, het jy ook die opsie om dit meer gekontroleerd te gebruik, ook soos waterverf. Want, net soos met waterverf, vloei die ink slegs waar die oppervlak nat gemaak is.

Hoekom met ink werk terwyl waterverf ‘n medium is wat meer algemeen gebruik word deur kunstenaars?

Ink het pragtige intense kleure, dit word verkoop in klein botteltjies en is dus reeds aangemaak, in teenstelling met waterverf, wat jy self moet ‘n hoeveelheid aanmaak om te gebruik. Ink kan direk uit die botteltjie aangewend word, of met ‘n pipet of kwas op jou oppervlak aangebring word.

‘n Ander voordeel is dat jy dit kan gebruik op papier, karton, waterverfpapier asook voorbereide doek. Daarna kan jy verder werk met akriliese verf of met olieverf om jou kunswerk te voltooi.

Ink kan ook gebruik word om ‘n gemengde medium skildery te maak, asook in jou Visuele dagboek is dit handig om met ink te werk. .

Heart art – pen en ink skets op doek

Tekstuur gee lewe aan ‘n skildery, dit laat jou onderwerp werklik lyk. Tekstuur help om ‘n klip glad of grof te laat lyk, vrugte lyk ryp en sappig, kristal en glas weerkaats lig en skitterende kleure. Tekstuur gee karakter aan ‘n onderwerp, dit dra by tot die storie wat die skildery vertel.

Wanneer jy op ‘n doek/canvas met ink wil werk is dit aanbevole dat jy eers die doek met ‘n onderlaag van akriel bedek. Wat mooi is, is om dit met ‘n lekker dik verf te doen en ‘n groot kwas te gebruik, sodat dit alreeds ‘n mooi tekstuur effek gee. Sonder die onderlaag is dit moeilik om ink te verwyder, en regstellings te doen.

Terwyl jy dit doen, kan jy ook stempels of stencils, sleutels, plantmateriaal, plastiek skinkbordlappies met patrone ens. in die nat verf druk om op die manier nog meer interessante teksture te skep.

In hierdie skildery van die boom is sout kristalle gebruik vir ekstra tekstuur. Die agtergrond is gedoen met ink. 

Soms kan jy net eenvoudig agtergronde so voorberei, sonder ‘n beplanning, maar ander kere kan jy doelbewus, met jou onderwerp en komposisie in gedagte ; die verskillende teksture gebruik om jou skildery uniek te maak.

Nog ‘n voordeel om met ink te werk is dat dit ‘n maklike manier is om kleure op jou doek te verkry, sodat, wanneer jy begin skilder, daar nie wit gedeeltes orals uitsteek nie.

Dit help ook om op die manier die ys te breek, en net eenvoudig in te spring en te werk,in plaas van ‘n kliniese wit doek te moet bewerk wat jou angstig kan maak.

 

 

Tegnieke kan ook baie tyd spaar en uit die verskillende maniere en tegnieke kan jy kies wat die beste by jou onderwerp en persoonlike styl pas. Tegniek is bedoel om jou te help, dit moet nie oordoen word nie, dit kan jou werk komplemênter, nie oorneem nie, en is dan deel van die geheel vir ‘n goed beplande projek.

If I create from the heart, nearly everything works, if from the head, almost nothing – Marc Chagall

 

Die hele idee met tegniek en tekstuur is dat dit jou kunswoordeskat verryk en jou dus beter in staat stel om jou emosies en gevoelens op doek uit te druk, weereens :gebruik dit  om jou te help, nie om jou te hinder nie.

Visuele teksture: Tegnieke vir Waterverf en Akriel:

 

  • Harde rand/Sagte rand:

Maak gedeelte van papier nat, asof jy skilder en laat die res droog. Drup ink in nat gedeeltes. Jy kan ‘n vorm/patroon met water skilder en dan vul met kleure.

 

Oef. 1: Kies ‘n blomskildery en werk met hierdie tegniek.

Oef. 2: Probeer landskap met dieselfde tegniek.

 

  • Watermerke: Spat met kwassie of tandeborsel skoonwater op agtergrond wat byna droog is, maar nog effens klam voel. As agtergrond nog te nat is gebeur daar niks nie. Die grootte van die watermerk word beïnvloed deur die grootte van die kwas en die hoeveelheid water. Tegniek word gebruik vir blompatrone, sneeu, of sommer net tekstuur.

 

Oef. 3: Pas tegniek toe op waterverfpapier, asook gewone papier en gebruik verskillende kleure om die effek te toets.

 

Oef. 4: Berei tenminste 3 agtergronde voor waar jy die tegnieke gebruik, b.v. 1  met neutrale kleure, 1 met warm kleure, 1 met koue kleure. Laat droog word en doen dan pen en /of potlood sketse en tekeninge bo-oor die ink patrone. Om te doodle is baie ontspannend en werk terapeuties.

 

  • Sout kristalle:  Hierdie tegniek is baie treffend en effektief. Strooi fyn of growwe sout op gedeeltes wat begin droog word, maar nog wel nat is. Die sout absorbeer die vloeistof en dit vorm mooi patrone. In van die skilderye wat in hierdie artikel geplaas is kan jy dit mooi sien, hoe dit op verskillende maniere gebruik is.

 

  • Bleikmiddel: Gebruik Parker vulpen ink (swart) en spat bleikmiddel met tandeborsel, of gebruik ‘n wattestokkie en verf in ink patrone ens. Bleikmiddel verander die kleur en laat kleure ook verdwyn.

 

 

Week 13 Om ‘n landskap te skilder / Taking in the View

Taking in the View

Om Landskappe te skilder – Taking in the View

 

 

Die landskap beweeg nie, jy kan dus baie tyd spandeer om die omgewing waar te neem.

Wat wel gebeur is dat die lig gedurig verander, want soos wat die ure verbygaan verander die

skaduwees, en ook wanneer die wolke beweeg is daar verandering van lig.  Met dit in gedagte

help dit ook om na die landskap en veral geboue op ‘n vars manier te kyk, en dus ‘n huis

nie net as ‘n vierkant of reghoek te sien nie, maar wel as ‘n vorm  met patrone van lig en

donker. Vergeet wat dit is en kyk vir patrone, groepe en vorms.

Hoe om te begin:

“Thumbnail scetches”:

Baie keer is die komposisie voor die hand liggend en geen probleem. Hoe meer geoefen jy is hoe makliker sal dit gebeur. Maar selfs professionele kunstenaars werk eers hul komposisie uit voor hul begin werk aan skildery. Die beste is om dan twee of drie klein sketsies te maak voordat jy finaal besluit hoe die skildery moet lyk. Die sketse hoef nie groter as poskaartgrootte te wees nie, en kan in monochromatiese kleurskema gedoen word. Potlood, houtskool of waterverfpotlode kan gebruik word hiervoor.

Wanneer jy besluit het op ‘n onderwerp, het sy die plaaslike kerk, plaashuis of wat ook al, is daar nog ‘n menigte keuses wat gemaak moet word, om ‘n mooi komposisie te kry. Hoe begin mens? Die eerste ding is om wanneer jy rustig sit en besluit het, en jy is reg om te begin werk om eerstens die horisonlyn te teken wat op ooghoogte sal wees. Soms is die horisonlyn half bedek met berge en bome, maar dit maak nie saak nie, gebruik potlood, hou armlengte weg en bepaal so die horisonlyn, en dan werk jy vansaf die posisie, moenie halfpad skuif en vanuit ander hoek begin werk nie.

Alles wat jy sien is belangrik, nie net dit wat interessant lyk nie, maar ook die gewone onderwerpe.

Komposisie in Landskap:

Komposisie gaan nie net om die posisie van die verskillende elemente in die landskap, maar ook hoe jou benadering gaan wees ten op sigte van toonwaarde, kleure, lig, aksente en beklemtoning, ens. Dit het selfs ‘n effek op klein onbelangrike puntjies, soos of die koei na binne in die skildery gaan kyk of dat sy  staar nie iets wat buite die raam van jou skildery is. Jou gevoel vir komposisie speel ‘n groot rol, en dit help om die basiese reëls van komposisie in gedagte te hou wanneer jy beplannings sketse doen. (Doen gerus ‘n paar klein “thumbnail” sketse voor jy aan die werk spring)

 

 

Vrugte geskilder met Sumi e tegniek

Painting is poetry that is seen rather than felt.

Poetry is  painting that is felt rather than seen.

Leonardo da Vinci

Oef 1 Sumi -e tegniek vir Suurlemoen/e

Gebruik gerus die Sumi-e kwastegnieke  wat ons afgelope tyd geleer het en pas dit toe om hierdie suurlemoen met blare en takkie te skilder.

Oef. 2 Stillewe met Suurlemoene :  Sumi-e en Waterverfpotlode

 

 

 

Werk op stewige waterverfpapier,omdat jy saam met die waterverfpotlode ook   water gaan gebruik.

  1. Stel ‘n eenvoudige stillewe op met suurlemoene, gebruik ‘n lap om suurlemoene op te rangskik.  Sny een middeldeur om dit meer interessant te maak.
  2. Gebruik ‘n 4B potlood om met los lyne  die buitelyne te teken. Werk sag sodat jy kan uitvee.
  3. Maak papier nat op dele wat jy eerste gaan verf, onthou om die dele wat moet wit bly nie nat te maak nie. Maak ‘n dun laag geel verf aan en laat verf in nat dele vloei. Gebruik kwashale gebaseer op Sumi – tegnieke.  Meng klein bietjie groen en blou by vir donkerder dele asook die onderkant van die suurlemoen. Onthou om die Sumi-e tegnieke soos die van die bamboesblaar toe te pas vir die groen blare en stingel..
  4. Verf nou die ander suurlemoene deur ook eers dele nat te maak en  geel te verf, maak soos met geel verf deur dit in nat dele te laat vloei, vir donkerder dele kan bietjie meer blou of pers by gemeng word.
  5. Verf nou die skaduwees langs die suurlemoene met neutrale kleure in.
  6. Werk nog meer detail in en laat eers droog word.
  7. Gebruik  waterverfpotlood en begin om vorm en skaduwee in te werk. Let op waar donkerder dele is en kyk vir kleure en kleurverskille, die geel sal op die hout of lap onder weerkaats en andersom.

Art is a technique of communication.

the image is the most complete technique

of all communication

Claus Oldenburg

 

            Wat sal  iemand wat na ‘n versameling van jou werk kyk  kan aflei? Vertel jy ‘n storie in jou werk, of doen jy  ‘n skildery presies soos wat jy dit sien in die werklikheid?

Voordat jy soek na die perfekte onderwerp, probeer met nuwe oë kyk na die gewone alledaagse omgewing om jou. Figuratiewe kuns het alles te doen met kommunikasie.

 

Probeer om met jou kunswerk ‘n venster te skep vir jou wêreld om jou.

 

 

The world of reality has its limits,

The world of imagination is boundless.

Jean-Jacques Rousseau

Om die wêreld om jou te skilder, is amper soos om stories te vertel, dit kan ‘n hele leeftyd neem om alles te vertel, vertel wie jou vriende is, en jou familie, wat maak hulle elkeen spesiaal, wat is hulle mee besig, wat is hul stokperdjies, wat is julle gesin se gunsteling dis, wat doen julle graag saam, hoe lyk jul tuin, enige spesiale bome met spesiale herinnerings soos b.v. geboorte van kinders. Hoe lyk jul huis, en die straat of omgewing waar jy bly, verskillende seisoene, verskillende omstandighede, soos reën of wind, of mistigheid, het jy dalk ‘n mooi uitsig vanuit jou sitkamer, slaapkamer of enige ander vertrek, en is daar mooi voëls wat julle tuin besoek, enige ander troeteldiere waaroor jy iets wil vertel?

Die Sumi-e tegnieke leen hul uitstekend om elke keer die essensie vas te vang van jou onderwerp.

 

 

Oef. 3 : Sketsboek

Gebruik jou sketsboek om vinnige klein potlood lynsketse te maak van dit wat in jou direkte leefarea en omgewing is, ook in ander vertrekke, tuin en straat. Jy kan ook met kwas vinnige lyne skilder met Sumi-e tegnieke.

Doen sketse van verskillende meubels, persone, gebruiksartikels of soos b.v.:

  • Huis se voordeur
  • Kind wat speel
  • Vrugtebak met  vrugte
  • Sak met kruideniersware
  • Koffiebekers en bord beskuit
  • Stoel met jas wat daaroor hang
  • Rak met borde of ander ornamente
  • Skooltas en skoene
Bron: Leisure Painter Mei 2004 bl 16 en 17
Kunstschatten van alle tijden, Dr John B. Knipping, bl. 210

Week 44 Waterverf

Monday by Rose Edin

Rose Edin se Monday

 

Waterverf is vars en deurskynend, die basiese beginsels vir waterverf is baie eenvoudig. Meeste beginners faal omdat hulle nie die medium verstaan nie en dit benader soos akriel of olieverf, wat modderige kleure, “gewobbelde” papier ens. veroorsaak. As gevolg van hulle mislukking voel mense hulle kan nie waterverf doen nie en gee dan moed op. Met waterverf word water gebruik om kleur ligter te maak, en nie met wit gemeng soos met olieverf of akriel nie.

Waterverf is ‘n baie veelsydige medium wat gebruik kan word vir sketse, illustrasies, skilderye.

Verskillende benaderings word gebruik, sommige kunstenaars gebruik sterk kleure wat vloei, ander werk meer beplan en sistematies. Sommige resultate met waterverf gebeur spontaan (“Happy Accidents”).

 

Mite: Waterverf is ‘n vinnige medium, teenoorgestelde is waar, waterverf neem tyd en goeie beplanning.

 

Gebruik veel en skoon water, kleure word laag op laag op gebou, en word tussen in kans gegee om droog te word om modderige kleure te verhoed.

 

Wenk:

Werk aan meer as een projek gelyktydig.

 

 

Swart word nie sommer gebruik nie, meng eerder blou, bruin en groen vir ‘n donker kleur.

 

Wanneer jy met waterverf skilder is dit belangrik om te weet dat die eindresultaat taamlik onvoorspelbaar is a.g.v. die dikte van die papier, temperatuur ens. Jy gaan dus nie ‘n presiese kopie van jou voorbeeld kan maak nie.om dit te weet kan jou klaar baie frustrasie spaar.

Werk wel deur verskillende projekte om verskillende tegnieke en werksmetodes aan te leer, met tyd en ervaring ontwikkel jy jou eie benadering.

Benodigdhede:

 Kwassies:

  • Gebruik ‘n groot kwas wat baie water kan absorbeer vir groot areas.
  • Plat kwassies is handig om vierkantige of reghoekige vorms te skilder. Kwasvorm kan verskillende kreatiewe effekte gee as deel van tegnieke.
  • Ronde kwassies # 10, #2,4, 6.
    • Dun ronde kwassies: # 0 of 1
    • Plat kwassie #2, #6
    • Riggerkwassie

     

    Sponsies;

    • Gebruik om kleur ligter te maak
    • Om oortollige water te absorbeer
    • Om ligpunte te veroorsaak deur met spons uit te vee.
    • Om spesiale effekte te kry deur met spons verf aan te wend.
    • ‘n Lap kan ook gebruik word vir spesiale effekte.

     

    Uitveërs:

    Gebruik vir ligpunt, om kleure te versag ens.

     

    Papier:

    Belangrike faktore:

    1. Gewig: Dit kan veroorsaak dat papier “buckle” of nie wanneer dit nat word.
    2. Goeie kwaliteit liggewig papier kan gestrek word om dit te voorkom.
    3. Absorbeer: Papier moet  in staat wees om ‘n redelike hoeveelheid water te kan absorbeer, asook gebruik van uitveër te kan deurstaan.
    4. Grein: Gladde papier word aanbeveel vir fyn kwaswerk en tekeninge. Papier met growwer oppervlak kan gebruik word vir tekstuur en droë kwastegnieke.

     

    Papier Handdoek

    Wattestokkies

    Masking Fluid en ou kwassie

    Palet met holtes vir waterverf

    Tandeborsel vir spatwerk

    Spuitbottel

    Plastiek messie om lyne te krap

    Twee bottels skoon water om kwas uit te spoel.

    Dik plank of bord;

    Om papier op te strek, moet dik genoeg wees dat dit nie buig nie.

    Masking tape

    Gum Arabic: Meng met verf om kleur te verhelder, kan ook gebruik word om verskeidenheid teksture te kry.

     

    Texture Paste:

    Meng dit met verf om dit te verdik sonder om deurskynendheid te verloor. Patrone kan ook in verf gekrap word om onderliggende kleur, of papier te wys.

     

    Kleure verf:

    Aanbevole kleure om mee te begin:

    1. Cadmium rooi
    2. Alizarin Crimson
    3. Cadmium Geel
    4. Geel Oker
    5. Kobalt blou
    6. Pruisiese blou
    7. Viridian groen
    8. Burnt umber
    9. Payne’s grey
    10. Landskappe: Sap groen

     

    Sommige waterverf is meer deurskynend as ander, sommiges soos Alizaron Crimson is geneig om die papier te vlek en kan dus nie maklik verwyder word nie, sommiges is effens korrelrig. Verf is verkrygbaar in blokkies, buisies of bottels.

     

    Wenke:

    • Probeer kleure apart hou
    • Hou meer kwassies van dieselfde nommer aan
    • Werk in kleurgroepe met kwas om kleure helder en skoon te hou
    • Gebruik droë skoon kwassies om oortollige kleur te absorbeer
    • Versorg kwassies, was deeglik na gebruik, gee vorm aan haartjies terwyl dit nog nat is
    • Moenie kwassies in water laat staan nie.

     

     

    Keuse van onderwerp:

    Veral in die begin is dit beter om ‘n eenvoudige onderwerp met ‘n ongekompliseerde agtergrond te kies, sodat jy op basiese beginsels kan konsentreer en nie hoef te bekommer oor ingewikkelde kleure, patrone of komposisie.

    B.v. ‘n rangskikking van 2 of 3 vase of ‘n paar vrugte gee vir jou die geleentheid om waterverftegnieke te oefen. Wanneer jy dit onder die knie het en jy voel gereed kan jy iets moeilikers kies.

     

    Die groot geheim van waterverf lê in die eenvoud daarvan

     

    Strek van Papier:

    • Strek enkel velle liggewig papier en laat droog word voor jy op dit werk.
    • Maak papier nat met klam lap of spons.
    • Plak papier vas op plank met bruin gegomde papier plakstroke en laat droog word.
    • Strek ‘n paar papiere op ‘n slag.
    • Moenie haardroër, verwarmer ens. Gebruik om proses te versnel nie, dit kan veroorsaak dat papier skeur.
    • Strek op oppervlak wat onbuigsaam is.
    • Duimdrukkers kan gebruik word om hoeke te verstewig.

     

     

     

    Waterverf Tegnieke:

    Nat kwas op droë papier

    Nat-in –nat

    Droë kwas op droë papier.

     

    Metodes om verfpigment op papier aan te wend:

    • Verf kleur in “washes”
    • Drup op nat oppervlak, versprei met nog water
    • Stippel, tik of maak strepe met kwas.
    • Rol dit op met rolbeweging van kwas
    • Spat of spuit dit op, ens.

     

     

    “Wash laying”

    (Om pigment oor papier te laat vloei en droog te laat word.

    1. Plat spoellaag/ “wash”:
      • Berei genoeg verfpigment voor vir hele oppervlak
      • Maak papier nat met groot plat kwas of spons
      • Wag tot papier nie meer blink van water nie
      • Hou bord effens skuins op.
      • Gebruik redelike groot kwas.
      • Spoel kwas in water en verwyder meeste water deur kwas aan lap af te vee.
      • Doop in verf en wend aan op papier, werk met gelyke kwasstroke van boonste hoek van links na regs,(aan onderkant moet ‘n dammetjie vorm). Doop weer in verf en verf volgende strook, laat effens oorvleuel met vorige een, sodat dammetjie nou weer aan onderkant van hierdie strook gevorm word.

     

     

     

     

    1. Gegradueerde spoellaag:

    Hier word kwas nadat dit die eerst keer in verf gedoop is verder in water of in ander kleur gedoop sodat keur verander, b.v. ligter word of soos met ‘n  sonsondergang  gelydelik in ander kleur oorgaan.

     

    Oef. 1

    Maak papier nat , meng verf  met water, kyk hoe versprei kleur. Doen oef. met meer as een kleur.

     

    Oef. 2:

    Soos oef. 1, meng nou 2 kleure met water, maak papier nat, wend eers 1 kleur aan, en dan 2de kleur. Kleure bloei in nat papier.

     

    Oef. 3:

    1. Lê ‘n “wash” (spoellaag) : Gewone plat laag
    2. Doen nou ‘n gegradeerde laag, eers 1 met blou met water, laat kleur ligter word.
    3. Volgende gegradeerde laag met Viridian groen, hookers groen, en cadmium geel wat geleidelik in een vloei.

    demonstrasie op die week se video

    Oef. 4:

    Lê ‘n spoellaag met geel verf, terwyl die verf nog nat is, verf 2 stroke in met cadmium rooi.

     

    Verf weer ‘n spoellaag van geel, maar wag nou eers vir die verf om droog te word voor jou 2 stroke rooi oor verf.

     

     

    Oef. 5:

    Maak vir jou ‘n kleurkaart (Plaat 6) deur kleurstroke te verf van bo na onder en links na regs.Begin met ligte kleurekleure en werk deur al die kleure wat jy het.  Skryf kleure se name by, hou hierdie kleurkaart byderhand as hulpmiddel om laag op laag te skilder as ook om kleure te meng.

    Oef. 6:

    Gebruik suiwer kleur in die middel, verf nou 9 blokkies, meng suiwer kleur met water na regs, en meng na klinks met ‘n ander kleur om skakerings te kry.

    Doen oef. Met nog 2 kleure.

     

    Oef. 7:

    Meng van waterverf kan op verskillende maniere gedoen word. :

    1. Op palet..

    Op palet: Meng altyd genoeg om oppervlak wat geverf moet word te bedek.

    Toets eers op papier voor jy op kunswerk werk.

     

    1. Op Papier:

    Op papier self: Laag op laag, een kleur op ander. : Nat = meng en bloei

    Droog = meer voorspelbaar, bou    kleur stadig op.

     

    Werk altyd van lig na donker.

    Hoe meer lae , hoe donkerder word die kleur:

    1. Dieselfde kleur in lae oor mekaar

    2.Verskillende kleure in lae oormekaar of in gebloei.

     

 

Week 42 Bitumen tegniek en Boom projek

“There will be new ideas in painting

and each idea will have a new technique

                          Robert Henry

Tekstuur met behulp van Bitumen tegniek

 

 

 

 

 

 

Bitumen Tegniek

 

 

Om teksture te skep:

Daar is baie manier om tekstuur met verf te skep. Deur die oppervlak te verander voor verf aangewend word met “resist” tegniek of “texture gel”of  Statex. Die verf kan ook verander word na dit op papier aangewend is.

Texture gel of Statex :

Verskillende soorte is beskikbaar en kan gebruik word om oppervlak voor te berei.

Verf bo-oor met akriel, olie of waterverf wanneer droog

 

 

 

 

 

 

Detail van boom se stam is gemaak met mengsel van wit akrielverf en texture paste, wat met paletmessie aangewend is.

 

Skraap met kaart:

‘n Goeie manier om met akriel tekstuur te verkry is om die verf met die kant van ‘n ou kredietkaart of stukkie harde karton aan te wend. Lyne kan ook so gedruk word deur die sykant in verf te druk en afdrukke op die papier te maak.

 

“Glad wrap”/kleefplastiek en “Bubble wrap”

Deur versigtig ‘n stuk “glad wrap” op ‘n nat gedeelte verf te plaas en met vingers te manipuleer kan spesiale tekstuur effek gekry word. Druk liggies en laat droog word. Verwyder “glad wrap” of “bubble wrap” en kyk net wat ‘n mooi resultaat jy so kan kry.

Gaasdoek

.Nog ‘n tegniek is om gaasdoek te gebruik, papier te bedek met die gaasdoek, wend verf aan, laat droog word. Verwyder gaasdoek .

Gaasdoek kan ook op canvas geplak word en vir tekstuur.

 

 

 

 

 

Tegniek is bedoel om jou te help, dit moet nie oordoen word nie, dit kan jou werk komplementeer, nie oorneem nie, en is dan deel van die geheel vir ‘n goed beplande projek.

BitumenTegniek

  • Vir hierdie tegniek word die oppervlak (kan papier, karton, masonite, canvas, ens wees) eers met wit akriel toegeverf.
  • Daarna kan die tekening met potlood op oppervlak gedoen word.Vir hierdie tegniek werk bome, blomme, geboue, ‘n deur of venster, dier/e, stillewe, enigiets waar jy met tekstuur kan werk.
  • Vir die volgende stap word alle lyne en tekture met wit akrielverf baie dik aangebring.
  • Gebruik ook kammetjies, sponsies, stempels ens. om tektsture in wit akriel aan te bring.
  • Laat goed droog
  • Verdun Bitumen met turpentyn en verf oor kunswerk met ou kwas.
  • Verwyder van die Bitumen deur met ‘n lap, wattestokkie of half droëkwas oor van die geverfde dele te vee. Van die pigment bly in groefies van tekstuur agter, wat deel is van die kunswerk.
  • Gebruik ook swart skoenpolitoer vir donkerder dele en wit akriel (vir “highlights” )vir ekstra effek.

If I create from the heart, nearly everything works, if from the head, almost nothing

Marc Chagall

 

Die hele idee met tegniek en tekstuur is dat dit jou kunswoordeskat verryk en jou dus beter in staat stel om jou emosies en gevoelens op doek uit te druk, weereens :gebruik dit  om jou te help, nie om jou te hinder nie.

Wees so kreatief en eksperimenteel soveel as moontlik, probeer enigiets, sodat wanneer jy begin werk dit nie meer vir jou vreemd voel nie.

Oliepastelle kan baie meer gebruik word as wat algemeen aanvaar word. Ten spyte van die feit dat beperkte kleurkeuses beskikbaar is, het hul ander voordele. Onder andere kan verskillende make van olieverf saam aangewend word.  Oliepastelle leer ons om werklik kleur waar te neem, b.v. is  die groen wat ek sien ‘n blou/groen of ‘n geel/groen, is daar miskien iewers ‘n bietjie rooi by? Kleure word saam gemeng om die gewenste resultaat te verkry, dit word egter aanbeveel om nie meer as vier kleure saam te meng om die gewenste kleur te verkry, anders kan kleur  helderheid verloor en modderig lyk.

Oliepastelle saam met Bitumen tegniek

Meng van oliepastelle:

  • Oliepastelle kan direk saamgewerk word om kleur te skep, of met vingers of sagte lap gemeng en gesmeer word om sagter resultaat te verkry. Afhangende van die druk wat toegepas word kan allerlei resultate verkry word.
  • Dan kan oplosmiddels soos terpentyn of “white spirit” ook gebruik word om kleure te vermeng. Oliepastelle kan met oplosmiddels gebruik word om ‘n “wash” effek te skep soos met ‘n olieverf skildery, waar kunstenaar ook van “lean to fat” sal werk.
  • Met oliepastelle kan ook laag op laag opgebou word en kan oplosmiddel met ‘n varkhaarkwas aangewend word vir ‘n meer skilderagtige tegniek.
  • Daar kan ook gebruik gemaak word van verdunde akriel onderlaag, waaroor die oliepastel dan aangewend word.
  • Jy kan ook oliepastelle gebruik saam met olieverf op die oppervlak wat jy voorberei het om die Bitumen tegniek toe te pas.

 

Week 41 Hatitude _ Kunsterapie sessie met hoed as tema

Hatitude Kunsterapie projek met Hoed as tema

 

“Everywhere you hang your hat is home. Home is the bright cave under the hat.” Lance Morrow

‘n Hoed is ‘n lekker tema om mee te werk in ‘n skildery. ‘n Hoed gee vir jou outoriteit en vertel dikwels meer oor jou beroep of selfs status.

Byvoorbeeld ‘n kroon, vir ‘n koning of koningin. ‘n Sjef hoed vir die persoon wat heerlike disse optower in ‘n restaurant se kombuis. Of ‘n brandweerman se helm, en polisieman se hoed, dadelik verleen dit mag en weet jy waarvoor die persoon staan.

 

Vir hierdie kunssessie werk ons met ‘n hoed, Jy kan dit versier met blomme, vrugte, veertjies of paddastoele, of enigiets anders wat vir jou spesiale betekenis het.

 

Hou die volgende in gedagte wanneer jy die hoed van jou keuse skilder.

Jy is ‘n koningskind, jy is geskape na God se beeld.

God has found a face in you that portrays Him more beautifully than the best theology!

Your features,

Your touch,

The cadence of your voice,

The compassion in your smile,

The warmth of your person and presence unveil Him!

 

Live consistent with who you really are, inspired by the loving kindness of God.

 

God is calling each one of us to be a living expression of His love and kindness.  We are called to love the broken until they understand God’s love and experience Him for themselves, to be a vessel for His mercy and grace.

 

You are his address; you are his real estate.

 

Philipians 1:6 God will complete the good work that He started in you.

 

The Light of God surrounds me

The Love of God enfolds me

The Power of God protects me

The Presence of God watches over me

Wherever I am God is!

 

Tekstuur:

Vir die hoed gebruik ons spesiale tegniek soos gewys in die video om dit soos ‘n strooi hoed te laat lyk. Tekstuur gee lewe aan ‘n skildery, dit laat jou onderwerp werklik lyk. Tekstuur help om ‘n klip glad of grof te laat lyk, vrugte lyk ryp en sappig, kristal en glas weerkaats lig en skitterende kleure. Tekstuur gee karakter aan ‘n onderwerp, dit dra by tot die storie wat die skildery vertel.

Tegnieke kan ook baie tyd spaar en uit die verskillende maniere en tegnieke kan jy kies wat die beste by jou onderwerp en persoonlike styl pas. Tegniek is bedoel om jou te help, dit moet nie oordoen word nie, dit kan jou werk komplementeer, nie oorneem nie, en is dan deel van die geheel vir ‘n goed beplande projek.

Wenk: Dit is handig om tegnieke op verskillende oppervlaktes en kleure te toets, maak nota’s en bêre in lêer vir toekomstige gebruik.

 

Die hele idee met tegniek en tekstuur is dat dit jou kunswoordeskat verryk en jou dus beter in staat stel om jou emosies en gevoelens op doek uit te druk, weereens :gebruik dit  om jou te help, nie om jou te hinder nie.

 

Kleure en hul betekenis:

Soms is dit interessant om te gaan kyk of daar betekenis is,in die kleure wat jy spontaan gekies het om te gebruik.

Blou: Harmonie, vrede, stilte, geduld, teenwoordigheid van die Heilige Gees, genesing, edelmoedig, ontspanning

Cinnamon: restoration, fragrant smell, provoking, holiness of heart

Swart: hartseer, rou, verwerping, sofistikeerdheid, elegansie, skadu, rebellie, depressive, trauma Black: sorrow, mourning, rejection, sophistication, elegant,shadow, rebellion, prestige, terror,depression

Bruin: kalmte, huislik, profeties, nederig, bemoediging, tradisie

Pers: outoriteit, koningskap, majestieus, edelmoedig, koninklike priesterskap, wysheid, sofistikasie, vergifnis,

Groen: raadgewer, nuwe lewe, genesing, voorspoed, groei, vrede, vernuwing, lofprysing, rykdom, profetiese kleur, vrugbaarheid

Goud: glorie, kennis, prysenswaardig, waarheid, heiligheid, guns, ewige lewe, koningskap, Christus se hemelse karakter, verfynde/ ontwikkelde  gees

Grys: kwesbaar , hartseer

Rooi: Gees van God, wysheid, mag, profetiese salwing, lewe, eer, moed en dapperheid, edelmoedig in oorlogvoering, gebed, evangelis

Oranje: optimisties, wysheid, sterkte en voorspoed, eer, gesalfde/ talentvol, entoesiasme, vrugbaar, geseënd, volledigheid

Pienk: romanse, vroulikheid, ontspanne, warmhartig, saggeaard, waardering, vermeerdering, Christus is jou eerste liefde,

Geel:  Blydskap, entoesiasme, vriendskap, passie, teenwoordigheid van God, hoop, viktorie, glorie, salwing van die Heilige Gees.

Wit: onskuld, perfek, herstel, Heiligheid, viktorie, neutral, soos Christus

 

 

We tend to forget that happiness does not come as a result of getting something we don’t have, but rather of recognizing and appreciating what we do have

Frederich Koenig

 

Keep love in your heart. A life without it is like a sunless garden when the flowers are dead

Oscar Wilde

Pin It on Pinterest