Week 41 Hatitude _ Kunsterapie sessie met hoed as tema

IMG 20221003 103201 » Week 41 Hatitude _ Kunsterapie sessie met hoed as tema » Helena van der Nest-Strijdhorst

Hatitude Kunsterapie projek met Hoed as tema

 

“Everywhere you hang your hat is home. Home is the bright cave under the hat.” Lance Morrow

‘n Hoed is ‘n lekker tema om mee te werk in ‘n skildery. ‘n Hoed gee vir jou outoriteit en vertel dikwels meer oor jou beroep of selfs status.

Byvoorbeeld ‘n kroon, vir ‘n koning of koningin. ‘n Sjef hoed vir die persoon wat heerlike disse optower in ‘n restaurant se kombuis. Of ‘n brandweerman se helm, en polisieman se hoed, dadelik verleen dit mag en weet jy waarvoor die persoon staan.

 

Vir hierdie kunssessie werk ons met ‘n hoed, Jy kan dit versier met blomme, vrugte, veertjies of paddastoele, of enigiets anders wat vir jou spesiale betekenis het.

 

Hou die volgende in gedagte wanneer jy die hoed van jou keuse skilder.

Jy is ‘n koningskind, jy is geskape na God se beeld.

God has found a face in you that portrays Him more beautifully than the best theology!

Your features,

Your touch,

The cadence of your voice,

The compassion in your smile,

The warmth of your person and presence unveil Him!

 

Live consistent with who you really are, inspired by the loving kindness of God.

 

God is calling each one of us to be a living expression of His love and kindness.  We are called to love the broken until they understand God’s love and experience Him for themselves, to be a vessel for His mercy and grace.

 

You are his address; you are his real estate.

 

Philipians 1:6 God will complete the good work that He started in you.

 

The Light of God surrounds me

The Love of God enfolds me

The Power of God protects me

The Presence of God watches over me

Wherever I am God is!

 

Tekstuur:

Vir die hoed gebruik ons spesiale tegniek soos gewys in die video om dit soos ‘n strooi hoed te laat lyk. Tekstuur gee lewe aan ‘n skildery, dit laat jou onderwerp werklik lyk. Tekstuur help om ‘n klip glad of grof te laat lyk, vrugte lyk ryp en sappig, kristal en glas weerkaats lig en skitterende kleure. Tekstuur gee karakter aan ‘n onderwerp, dit dra by tot die storie wat die skildery vertel.

Tegnieke kan ook baie tyd spaar en uit die verskillende maniere en tegnieke kan jy kies wat die beste by jou onderwerp en persoonlike styl pas. Tegniek is bedoel om jou te help, dit moet nie oordoen word nie, dit kan jou werk komplementeer, nie oorneem nie, en is dan deel van die geheel vir ‘n goed beplande projek.

Wenk: Dit is handig om tegnieke op verskillende oppervlaktes en kleure te toets, maak nota’s en bêre in lêer vir toekomstige gebruik.

 

Die hele idee met tegniek en tekstuur is dat dit jou kunswoordeskat verryk en jou dus beter in staat stel om jou emosies en gevoelens op doek uit te druk, weereens :gebruik dit  om jou te help, nie om jou te hinder nie.

 

Kleure en hul betekenis:

Soms is dit interessant om te gaan kyk of daar betekenis is,in die kleure wat jy spontaan gekies het om te gebruik.

Blou: Harmonie, vrede, stilte, geduld, teenwoordigheid van die Heilige Gees, genesing, edelmoedig, ontspanning

Cinnamon: restoration, fragrant smell, provoking, holiness of heart

Swart: hartseer, rou, verwerping, sofistikeerdheid, elegansie, skadu, rebellie, depressive, trauma Black: sorrow, mourning, rejection, sophistication, elegant,shadow, rebellion, prestige, terror,depression

Bruin: kalmte, huislik, profeties, nederig, bemoediging, tradisie

Pers: outoriteit, koningskap, majestieus, edelmoedig, koninklike priesterskap, wysheid, sofistikasie, vergifnis,

Groen: raadgewer, nuwe lewe, genesing, voorspoed, groei, vrede, vernuwing, lofprysing, rykdom, profetiese kleur, vrugbaarheid

Goud: glorie, kennis, prysenswaardig, waarheid, heiligheid, guns, ewige lewe, koningskap, Christus se hemelse karakter, verfynde/ ontwikkelde  gees

Grys: kwesbaar , hartseer

Rooi: Gees van God, wysheid, mag, profetiese salwing, lewe, eer, moed en dapperheid, edelmoedig in oorlogvoering, gebed, evangelis

Oranje: optimisties, wysheid, sterkte en voorspoed, eer, gesalfde/ talentvol, entoesiasme, vrugbaar, geseënd, volledigheid

Pienk: romanse, vroulikheid, ontspanne, warmhartig, saggeaard, waardering, vermeerdering, Christus is jou eerste liefde,

Geel:  Blydskap, entoesiasme, vriendskap, passie, teenwoordigheid van God, hoop, viktorie, glorie, salwing van die Heilige Gees.

Wit: onskuld, perfek, herstel, Heiligheid, viktorie, neutral, soos Christus

 

 

We tend to forget that happiness does not come as a result of getting something we don’t have, but rather of recognizing and appreciating what we do have

Frederich Koenig

 

Keep love in your heart. A life without it is like a sunless garden when the flowers are dead

Oscar Wilde

IMG 20221003 103201 » Week 41 Hatitude _ Kunsterapie sessie met hoed as tema » Helena van der Nest-Strijdhorst

Week 36 Portretkuns Realisties of Alternatief?

Portrette Realisties of Alternatief?

Veral in die begin is mens geneig om jou sukses of mislukking as kunstenaar te meet aan die akkuraatheid waarmee jy ‘n replika kon maak van dit wat jy in die natuur sien. Dit is belangrik om van die werklikheid af te werk, om jou gevoel vir ruimte en persepsie te ontwikkel sodat jy getrou kan weergee wat jy waarneem. Om realisties te kan werk is dus vir jou belangrik in die begin. Soos met ‘n taal wanneer jy vorder van grammatika en woordeskat na kreatiewe sinsbou en beskrywings, kan jy ook met skilderkuns vorder van net oefeninge wat jou visuele en handvaardigheid verbeter tot meer opwindende projekte. Dit is dan waar jy meer alternatief iets benader,

Jy leer om te redigeer, deur weg te laat, by te voeg, te vergroot, kleur te verander om beter by geheel te pas en om uniek te werk.

Maak dus meer as een oefenskets voor jy met ‘n groot skildery begin. Maak ook nota’s en kleurmonsters.

Wanneer dit by portrette kom, kan jy dit ook anders benader, en kan jy van die werklikheid (realisties) afwyk en met simbole werk. (alternatief) Of jy kan ‘n portret kombineer met ‘n mooi aanhaling of gedig.

Portret » Week 36 Portretkuns Realisties of Alternatief? » Helena van der Nest-Strijdhorst

Oefening : Skaduportret

  • Maak ‘n silhouette tekening , gebruik ‘n sterk lig, laat iemand in die ligbron staan sodat skaduwee vorm op die muur.
  • Plak papier op die muur en “trace” die skadu van iemand af.

Vul die deel waar die hare is met vrolike voëltjies, blomme en patrone

Skaduportret » Week 36 Portretkuns Realisties of Alternatief? » Helena van der Nest-Strijdhorst

Henry Moore wat ‘n beeldhouer was, het eendag sommer gespeel met klei, en soos wanneer ons net krabbel, het hy dit ontwikkel in ‘n Koning en Koningin. Sien foto onder. Volgende keer wanneer jy net krabbel, kyk of jy diet nie kan verwerk, hetsy iets realisties of alternatief, en geniet die skeppingsproses, van iets wat vorm kry en ontwukkel, en uiteindelik ‘n volwaardige kunswerk word.

Henry Moore se Koning en Koningin » Week 36 Portretkuns Realisties of Alternatief? » Helena van der Nest-Strijdhorst

Henry Moore se Koning en Koningin

Felix Gonzales-Torres se Portret van Ross,sy oorlede vriend  is verrassend anders en alternatief, en die hartseer van die verlies en heengaan van sy vriend Ross word verander deur die hoop sjokolade wat hy deel met die besoekers by die galery, wat maak dat die mooi herinneringe nog lank na Ross se sterwe bly voortleef.

Felix Gonzales Torres se Portret van Ross » Week 36 Portretkuns Realisties of Alternatief? » Helena van der Nest-Strijdhorst

Felix Gonzales-Torres se Portret van Ross

Week 35 Teken soos die Ou Meesters- Drie Crayon Tegniek

Teken soos die Ou Meesters

Die drie-crayon tegniek wat deur die Renaissance kunstenaars algemeen gebruik is, help om die noodsaaklike elemente in elke onderwerp waar te neem. Miskien is die tegniek nuut vir jou, maar hierdie eenvoudige tegniek is al eeue in gebruik en word nog steeds deur kunstenaars hoog aangeskryf.

Om te teken bly altyd voordelig, dit kan ‘n voorstudie wees om gedagtes en beplanning op papier te kry, of as die basis vir ‘n skildery. Met slegs drie kleure pastel of crayon, (drie-crayon tegniek) en gekleurde papier kan ‘n wye verskeidenheid toonwaardes verkry word, warm en koud. Die  drie kleur metode kleure wat tradisioneel gebruik is, is swart, wit en terra-cotta of oranje-rooi. Die kleure gee ‘n verbasende ryk verskeidenheid van effekte

Drie kleur metode 2 » Week 35 Teken soos die Ou Meesters- Drie Crayon Tegniek » Helena van der Nest-Strijdhorst

                                             ‘n Interpretasie van ‘n 18e eeuse rok wat deel is van ‘n kostuum versameling,wat die                                                       veelsydigheid van die tegniek demonstreer op donker room papier.

Historiese agtergrond:

Tekeninge het ‘n belangrike rol gespeel in die kuns van die 15e en 16e eeu. Nie net as ‘n basis vir skilderye nie, maar ook om ontwerpe vir juwele, altaarstukke, borduurwerk, houers vir allerlei benodigdhede ens.  vir voornemende  kliënte te wys.

Leonardo da Vinci, Michelangelo en Bellini het almal leer teken deur kopië te maak van hul leermeesters werk in die verskillende studios.

Leonardo se tekeninge en sketse wat hy later gemaak het met die drie-crayon tegniek word beskou as kunswerke in hul eie reg. Vroeë tekeninge is gemaak met silwerpunt, houtskool in verskillende grade van hardheid is ook gebruik sedert die 1500’s.

Die eerste natuurlike kryte was uit grond gemaak, wit, swart en sommige ander kleure, gemeng met ‘n bindmiddel. Rooi kryt het bekend gestaan as sanguine as gevolg van die rooi kleur soos bloed, en neig gewoonlik meer na terra-cotta rooi as suiwer rooi.

In die 14e eeu is ligte kleur papier gebruik en teen die 16e eeu was daar ‘n verskeidenheid van ligte bloue, groene, beiges, gryse en  pienke gebruik wat ‘n gevoel van spasie en volume geskep het in ‘n tekening, veral waar die kryt met ink en gouche gekombineer was.

Rooi kryte was veral baie gebruik vir sketse van werklike modelle in die 18e eeu, met veral mooi werke deur  die Ou Meesters Watteau, Fragonard , Rubens en Rembrandt. Dit is die moeite werd om ook te probeer en op verskillende kleure papier te werk ten einde die beste resultate te verkry.

 

Drie crayon tegnieke:

Wanneer die drie kleure saam gebruik word (drie-crayon tegniek), gee dit ‘n ryk en lewendige effek. Die tegniek stel jou in staat om vry en vinnig te werk en so ‘n oomblik vas te vang, met ‘n landskap of ‘n figuur. Die tegniek werk ook goed vir stillewes en blomme, vir tekeninge wat voorstudies is vir skilderye of vir tekeninge wat kunswerke in eie reg is.

Die variasies van rooi alleen, swart en wit, rooi/wit en rooi/swart en al drie saam is gebruik sinds 1500 en gee ‘n meer vryer en moderne gevoel aan ‘n tekening dan wat voor die tyd die geval was. Sommige kunstenaars gebruik die kruis-arsering tegniek, ander soos Gainsborough het die kryte met pen- en ink gekombineer, wat ‘n spesiale treffende effek aan ‘n kunswerk gee.

 

 

Toets en Improviseer:

Soms verkies mense ‘n meer “netjiese” medium soos grafiet potlood, ook omdat dit maklik uitgevee kan word. Maar moenie oor die meer permanente aard van kryt bevooroordeeld wees nie.

Deur die nuwe en ander tegnieke te leer ken en gebruik kan jy as kunstenaar groei, dit sal jou help om die noodsaaklike elemente van jou onderwerp beter waar te neem en om beslissings te neem oor kleur waardes. Jy sal ook vind dat hul baie meer ekspressief gebruik kan word as ‘n gewone grafiet potlood.

Die medium waarin ons werk het ‘n groot invloed op die boodskap wat ons wil uitdra in ons kunswerk, en dit is goed om verskillende materiale en metodes te toets en te improviseer. Probeer om nuwe en ander dinge met jou materiaal te doen, jy sal vind dat wanneer jy spontaan ‘n idee of gedagte kry en daarmee werk die resultate dikwels verbasend is, en ‘n hele nuwe klomp moontlikhede oopmaak.

Dit is beter om op A3 grootte papier te werk, sodat jy vry en sterk bewegings kan maak.

Wanneer jy teken is dit belangrik om nie te probeer om ‘n foutlose imitasie van die natuur af te teken nie, maar probeer eerder om te analiseer en ‘n interpretasie van die natuur te doen. Dit  sal ‘n beter werkstuk oplewer.

albrecht durer » Week 35 Teken soos die Ou Meesters- Drie Crayon Tegniek » Helena van der Nest-Strijdhorst

Gebruik hierdie skets van Albrecht
Dürer om die drie-crayon tegniek te oefen in jou sketsboek.

 

Praktiese wenke:

  • Jy sal daarby baat om op verskillende kleure papier te werk. Koel bloue en gryse sal die rooi kryt se aard beïnvloed, donker papier wat bruin is kan doen met ‘n bietjie rooi en blou vir die mees dramatiese resultaat.
  • Dit help om met die rooi kleur te begin teken. Doen dit op wit of gekleurde papier. Gebruik gerus Contè potlode
  • Houtskool potlode kan ook gebruik word.
  • Canson papier is ‘n goeie keuse, vir die tekstuur en die kleure beskikbaar, maar enige ander oppervlak wat effens grof is kan ook werk, b.v. suikerpapier of geskenkpapier.
  • Vir fyn werk kan die drie crayons vervang word met drie potlode van enige soort.

 

Oefening 1: 

Maak ‘n studie van verskillende kleure papier en die drie-crayon tegniek. Gebruik verskillende tegnieke soos arserings, weeftegnieke, “doodle” ens. Plak in lêer vir referensie.

 

Oefening 2:

Kies kleur papier van eie keuse en doen eenvoudige stillewe van vrugte op bord met drie crayon metode.

 

Oefening 3:

Kies onderwerp van eie keuse en papier van eie keuse en doen volledige tekening met drie-crayon tegniek

 

Oefening 4:

Kies foto van interessante gebou, deur, of straat met geboue en doen werkstuk met pen- en ink, voltooi met drie-crayon tegniek

 

Bron: Drawing like the masters, June Lisle , The Artist October 1999, bl. 28 -30

 

 

Week 34 Houtskoolprojek: Deur

Every door is another passage,
Another boundary we have to go beyond.
Rumi

IMG 20210130 192037 » Week 34 Houtskoolprojek: Deur » Helena van der Nest-Strijdhorst

Wanneer houtskool tegnieke toegepas word is ‘n deur die ideale onderwerp om te oefen.

“We keep moving forward, opening up new doors and doing new things, because we’re curious…”
Dit is een van die wonderlikste dinge met van skilderkuns, altyd Iets nuut om te probeer!
And curiosity keeps leading usdown new paths. (Walt Disney),
Bly dus oop vir nuwe tegnieke en kunsprodukte.

” Be an opener of doors”
(Ralph Waldo Emerson)

Houtskool is een van die oudste mediums wat steeds beskikbaar is vandag, dit is maklik om te gebruik en kan gebruik word
om spontaan en ekspressief te werk. Houtskool word aanbeveel vir studies van werklike onderwerpe, want dit is maklik
om te korrigeer. Dit is ‘n goeie medium want jy werk gemaklik, groot en spontaan met houtskool.
Om in houtskool te werk kan ook help om die werk as ‘n geheel te sien en nie te veel verlore te raak in klein detail nie.
‘n Verskeidenheid van toonwaardes kan met houtskool geskep word.

Dit is dus ‘n goeie idee om jou toonwaardes te oefen met ‘n paar houtskool projekte. Hou ook in gedagte dat jy met houtskool stokkies nie die fyn detail kan doen, soos wanneer jy ‘n potloodskets doen nie. Jy kan wel houtskool potlood gebruik  asook ‘n blender se fyn rubber punt.  Onderwerpe soos portrette, skoene, stillewes, geboue en landskappe, bome en blomme, almal leen hulle uitstekend vir toepassing van houtskool en die tegnieke wat jy in die week se video leer.

 

Houtskool word van gebrande wilgertakkies gemaak en is verkrygbaar in verskillende diktes en hardheid. Vir meer presiese werk en fyner detail kan houtskoo potlode gebruik word.
Houtskool werk goed op enige tipe papier met tekstuur,soos pastelpapier, waterverfpapier, asook handgemaakte papier,  maar moet liewer nie op glans of gladde papier gebruik word nie

Oefening 1

Voordat jy begin met ‘n skets, doen eers ‘n paar oefeninge soos hieronder beskryf sodat jy aan die medium gewoond kan raak, en jy kan sien watter effek jy met houtskool kan kry.

Teken reghoeke en gebruik houtskool so:
 Vul in met los sagte lyne, begin in een hoek werk en vuldie hele vlak in.
 Maak lyne met die punt van houtskoolstokkie.
 Vorm lyne met die plat kant van houtskool.
 Doen lyne wat oorkruis (arsering).
 Maak lyn met plat kant, “smudge”een kant van lyn met kwassie om sagtefluweelagtige effek te kry. Om
ligter te maak, vee weg.
 Gebruik plat kant van houtskool, maak ligte merke deur prestic te vorm en in houtskooldele te druk sodat
deeltjies lig en ‘n ligter merk laat, bv krale, of hare van ‘n snor.
 Werk laag op laag en spuit met fixatief.
 Eksperimenteer.

Houtskool kan met potlood, waterverf en pastelle gekombineer word.

Jy kan ‘n agtergrond vul met waterverf en die detail bo-oor doen met houtskool.

 

FB IMG 1534574198385 » Week 34 Houtskoolprojek: Deur » Helena van der Nest-Strijdhorst

Met houtskool kan sterk kontras tussen lig en donker verkry word. Jy kan realisties of abstrak werk.
Kunsklas projek met houtskool: Deur
Wat het jy nodig:

 A3 Papier
 2B Potlood
 Houtskool stokkies en/of Houtskool potlood
 Wattestokkie/ blender
 Kwassie, tissue, prestic
 Fixatif

Metode:

 Skets basiese vorm van deur liggies met potlood

Werk vry hand vir meer spontane resultaat.
 Begin om lig en donker af te wissel,gebruik houtskoolstokkie wat so breed is soos ‘n breë plat kwas.
 Werk laag op laag, en gebruik’n kwassie om die lyne te versag.
 Gebruik ook tissue of sagte lap om oor jou werk te vee. Dan begin jy met volgende lag en versag dit. Herhaal
die proses.
 Wanneer jy foto’s as referensiemateriaal gebruik is die foto ‘n gidslyn, moenie slaafs ‘n kopie maak nie.
 Begin om fotomateriaal te versamel van deure en vensters vir latere gebruik in skilderye.

Om houtskool in  ‘n sketsboek te gebruik: Persoonlike Visuele Dagboek

Om houtskool ‘n sketsboek te gebruik is ‘n goeie idee wanneer jy meer wil  teken en skilder.
Dit is onmisbare gewoonte wanneer jy jou eie styl wil ontwikkel, om gereeld alles wat jou interesseer te skets.
Dit is ‘n goeie idee om in die gewoonte te kom om ‘n sketsboek saam met jou te dra,gebruik dit om enigiets te skets wat jou oog vang. ‘n Skets kan onopsigtelik in ‘n paar minute gedoen word. Jy kan mense by die werk skets, of mense wat in ‘n park of
winkelsentrum rondstap. Mense wat kuier by ‘n koffieplek of restaurant. Vra gerus vriende en familie om vir jou te poseer. Om portrette te skets is pret en hoe meer jy kan oefen, hoe beter. Jy kan ook tyd neem en verskillende
landskappe, geboue of diere skets. Die moontlikhede en idees is te veel om op te noem

Week 33 Wat is Toonwaardes?

IMG 20210920 222319 » Week 33 Wat is Toonwaardes? » Helena van der Nest-Strijdhorst

“Painting is like life, If you get your values right,
                       The rest is easy.”

“Painting is like life,
If you get your values right,
The rest is easy.”

 

Van al die grondbeginsels is toonwaardes die heel belangrikste. As jy toonwaardes kan bemeester is jou kans om ‘n suksesvolle skildery te maak soveel beter.
Die beginsel is eenvoudig en wanneer jy dit verstaan sal jy nooit weer dieselfde na ‘n foto of skildery kyk nie, want dan het jy geleer om in vorm en vlakke te van lig en donker te kan sien.
Toonwaardes word gebruik met perspektief, dit help om illusie van diepte in skilderyte skep. Toonwaardes is deel van hoe om kleure te meng en te gebruik. En toonwaardes help om vorm aan verskillende onderwerpe te gee.
Wanneer daar nie ‘n variasie van toonwaardes in ‘n kunswerk is nie, werk die kunswerk nie. Daar is ‘n verskil tussen variasie in kleur en variasie in toonwaarde.
Variasie in toonwaarde beteken om dieselfde kleur te gebruik, maar in verskillende tinte en skakerings.

koffie visse » Week 33 Wat is Toonwaardes? » Helena van der Nest-Strijdhorst

                                                   Koffiekuns is ‘n prettige manier om toonwaardes te oefen.

In die fokus punt sal hoë toonwaardes gebruik word, en sterk kontras tussen lig en donker. Met ‘n landskap sal in die agtergrond lae toonwaardes gebruik word om die illusie van diepte te skep. Dieselfde beginsel word gebruik met stillewes en portrette.
Variasie in die intensiteit van lig veroorsaak lig en skadu. Toonwaarde verwys na ‘n spesifieke variasie van lig en skadu. Die toonwaardes varieer van lig tot donker en kan in ‘n skaal ingedeel word. Byvoorbeeld nr 1 die heel ligste kleur tot by nr 9 die heel donkerste kleur. Daar is honderde skakerings van gryse, van wit tot by swart, maar vir praktiese doeleindes beperk ons die aantal wat ons in ‘n skildery/skets gebruik.

Dit is noodsaaklik om toonwaarde te verstaan. Dit help nie om te kyk na toonwaardeskaal en te sê jy snap dit, dit is belangrik om te observeer en te leer om kleurvlakke te kan vertaal in toonwaardes. Deur toonwaardes te gebruik lyk jou
skildery drie-dimensioneel. Daarom help dit jou om daaroor meer te leer en gee dit vir jou ‘n goeie basis.
Die manier hoe lig visueel die onderwerp beïnvloed, skudu en ligvlakke skep is wat ons toonwaardes noem.

Oefening:
Maak vir jou ‘n toonwaarde skaal. Druk gaatjie in elke vlak. Gebruik dit om jou kunswerk se toonwaardes mee te evalueer.
Is jou donker dele donker genoeg?
Is daar genoeg kontras tussen lig en donker in die fokuspunt?
Het jy van die ligte dele verloor?
Is al die toonwaardes in die selfde kategorie?
Met die toonwaarde skaal is dit maklik om foute op te spoor.

Hoe kan jy toonwaardes makliker sien?

1. Maak jou oë skrefies. So word lig en donker dele beklemtoon.
2. Gebruik jou foon of digitale camera en neem ‘n swart/wit foto.
3. As jy van gewone foto uit ‘n tydskrif werk kan jy ‘n swart/wit fotostaat maak.

cce64f41287e93937483d2c4e86dec7b » Week 33 Wat is Toonwaardes? » Helena van der Nest-Strijdhorst

                                               Swart / wit foto help om beter die toonwaardes te kan onderskei

Wat beteken hoë en lae toonwaardes?

Ons praat eerder van hoë en lae toonwaardes as van lig of donker. Wanneer die ligte toonwaardes dominant is in ‘n skildery is dit in hoë toonwaardes geskilder. So kan jy ook kleure in intensiteit vergelyk. Bruin se toonwaarde is laer as geel s’n. Rooi se toonwaarde is hoër as pers. Deur wit by ‘n kleur te voeg word die toonwaarde hoër, word die kleur ligter en noem ons dit ‘n tint. Deur swart by te voeg word die toonwaarde laer, die kleur donkerder en noem ons dit ‘n skakering. Om kleure se toonwaardes te verlaag kan die komplementêre kleur ook gebruik word.

Hoe kan jy dit oefen om dit beter te verstaan?

• Gebruik slegs gryse in verskillende toonwaardes en doen ‘n paar klein sketsies van verskillende onderwerpe, landskap, stillewe, portret.Werk met 2B, 4B en 6B potlode.
• Gebruik ook houtskool om grys toonwaardes te oefen.
• Ink, koffie en waterverf kan ook gebruik word vir verskillende oefensketse.
• Maak ‘n paar skilderye slegs in swart, wit en grys of gebruik ‘n monochrome palet. Dit gee vir jou geleentheid om onderwerp, komposisie, vorm en toonwaarde te oefen.

Lig en skadu:

Om lig te sien het ons skadu nodig. Lig en skadu komplementeer mekaar. Hulle kan nie sonder mekaar nie. Hoe sterker die kontras, hoe skerper die lyn tussen lig en skadu. As daar minder kontras is sal die lig nie helder lyk nie.
Oefening:
Let op na skaduwees in verskillende lig variasies en omgewings. Kyk na die wolke in ‘n helderblou sonnige lug, probeer om die verskillende toonwaardes te sien. Kyk na ‘n swart fluweel lap en probeer lig en skadu dele identifiseer

Week 32 Art Escape bevorder jou Kreatiwiteit Deel 2

Watter oefeninge kan jy doen om kreatiwiteit te bevorder?

Aktiwiteit: Teken met twee hande:

Doen ‘n tekening van een of twee blomme terwyl jy in elke hand ‘n potlood vashou. Laat al twee hande saam beweeg, volg die lyne en vorms van die blomblare en stingels. Doen hierdie oefening so dikwels as wat jy kan. Dit is ‘n baie goeie manier om die kreatiewe regterbrein ‘n “jump start” te gee.

20180227 163206 1 » Week 32 Art Escape bevorder jou Kreatiwiteit Deel 2 » Helena van der Nest-Strijdhorst

Aktiwiteit: Een minuut tekeninge:

Teken in jou joernaal 6 klein raampies op ‘n bladsy, doen dit sommer vry hand, nie nodig vir liniaal nie. Elke raampie kan ongeveer 5 x 5 cm groot wees met 2B potlood geteken.

Nou is jy gereed om elke blokkie te vul met wat ook al jou oog vang.

Vir ‘n opwarmoefening kan jy ‘n paar 30 sekondes sketsies doen. Kyk meer vir jou onderwerp dan vir die papier waarop jy werk. Werk vinnig, sonder te veel detail, hoe meer jy oefen hoe beter begin jou sketse word. Onthou om nie jou werk te kritiseer nie, teken dikwels, teken vinnig.

Gebruik ook soms balpuntpen, viltpenne of ander tekengereedskap en kleure. Jy kan ook gedeeltes van jou sketse inkleur.

Aktiwiteit: Oopbladsy formaat:

7b6d7044f9998b962fed0ed15fc65bb6 » Week 32 Art Escape bevorder jou Kreatiwiteit Deel 2 » Helena van der Nest-Strijdhorst

Pretbladsy in visuele dagboek

Op hierdie bladsy doen jy klein sketsies na willekeur, nie in netjiese raampies nie, hulle kan selfs oorvleuel. Die perspektief kan ook afgewissel word, nie nodig om alles van dieselfde hoek af te skets nie. Doen byvoorbeeld ‘n bladsy sketse van jou troeteldier, blomme in jou tuin, skoene, groente in jou groenterak.Jy kan ook foto’s plak, of teesakkies en ander interessante items byvoeg.

Aktiwiteit: Vat jou sketsboek saam wanneer jy eet:

Jy kan elke dag vir ‘n week lank gou ‘n sketsie maak van jou ete elke dag, of jou lunchbox. Skryf by wat die gereg was, Bon Appetit!

2e66fdebc57754891c9286e501865e85 » Week 32 Art Escape bevorder jou Kreatiwiteit Deel 2 » Helena van der Nest-Strijdhorst

Neem jou sketsboek saam wanneer jy gaan eet.

Aktiwiteit: Eksperimenteer met ‘n nuwe medium om jou kreatiwiteit te ontwikkel.

So ontdek ons toe alkohol ink….In die nuusbrief is die skakels vir die video’s oor Alkohol ink. Wat ‘n lekker manier om te speel met kleure en tegnieke!

IMG 20220808 202647 Copy » Week 32 Art Escape bevorder jou Kreatiwiteit Deel 2 » Helena van der Nest-Strijdhorst

Kleurvolle abstrakte eksperiment met alkohol ink

Aktiwiteit: Idees om te gebruik vir kreatiwiteitsjoernaal

Binne 15 minute kan jy ‘n bladsy in jou joernaal vul. Dis nie nodig  om net prentjies te maak nie. Gebruik jou potlood of pen, skryf, krabbel of teken spontaan wat by jou op kom. Gebruik verskillende kleure penne om verskillende emosies uit te beeld.

  • Skryf nota’s aanjouself
  • Maak lysies met idees en projekte
  • Gebruik ‘n bladsy vir boeke wat jy besig is om te lees.
  • Maak ‘n lysie van jou gunstelingmusiek
  • Kopiëer verskillende inspirerende aanhalings
  • Doodle en teken
  • Skets in die plek waar jy jou bevind
  • Beplan ‘n projek of tema
  • Doen van die aktiwiteite soos voorgestel in die nota’s1e1c3b9b0d88715e50afae0dc58abd45 » Week 32 Art Escape bevorder jou Kreatiwiteit Deel 2 » Helena van der Nest-Strijdhorst Aanhalings kan ook as tema werk in jou Visuele dagboek en dien as inspirasie

    Kreatiwiteit is soos ‘n reis van selfontdekking.

    Begin die reis deur jouself te vra:

    • As ek ‘n tydjie het vir myself, wat geniet ek die meeste om te doen?
    • Watter omgewing is die beste vir my kreatiwiteit ?
    • Watter tyd van die dag is die beste tyd om produktief te wees?
    • Wat motiveer my om ‘n kreatiewe projek aan te pak?
    • Op watter manier vloei my kreatiwiteit die maklikste, skryf, skilder, dans, musiek?

Doen ‘n persoonlike studie van wat jou as kunstenaar inspireer en motiveer. Dit kan enigiets wees soos b.v. kleure, musiek (luister of self ‘n instrument bespeel), teksture, die natuur, verhouding met God, verhouding met ander mense, stap, fietsry, swem of dans, letterkunde, kos maak, tuin maak, stilte ens. Begin ‘n lêer met alles wat vir jou inspirerend is en hou aan om jou versameling aan te vul.

Hoe ons fisies en geestelik voel kom uit in die kunswerk wat ons maak, bewustelik of onbewustelik. As ons dit eers weet, en daar aan werk om onsself beter te leer ken, kan ons die kennis gebruik om ons werk uit te brei en te verbeter.

Probeer om nie altyd volgens die reëls te werk nie, maar om saam te werk met dit wat gebeur in jou komposisie en inhoud van jou werk. Dan werk jy nie angstig en gespanne nie, maar met vreugde en vryheid. Om dit te kan reg kry help dit as jy die tipe gawes wat jy het verstaan, dit kan jou help om ‘n kreatiewe deurbraak te kry.

Ons elkeen het ‘n unieke manier waarop ons inligting verwerk, elk het intelektuele gawes wat dan op ‘n spesiale manier gekombineer word en ook op ‘n unieke manier uitgedruk word.

Bronne: The New Creative Artist deur Nita Leland, Art Escapes deur Dory Kanter

 

Pin It on Pinterest