Week 18 Wenke vir Suksesvolle Komposisie

Wenke vir Suksesvolle komposisie

fibonaci » Week 18 Wenke vir Suksesvolle Komposisie » Helena van der Nest-Strijdhorst

Komposisie is baie soos poësie,
jy kan nie iets toevoeg of uithaal
sonder om
die balans te versteur.

Goeie Komposisie

Om te beplan neem miskien aan die begin ‘n bietjie van jou tyd, terwyl jy haastig is om te begin skilder. Dit is die moeite werd om in die begin net so’n bietjie tyd te spandeer om te dink wat jy wil beklemtoon in jou skildery, watter kleure jy wil gebruik, wat jy eintlik kan weglaat uit jou skildery en hoe gaan jy die beste jouself kan uitdruk deur middel van lyn, vorm en kleur. En dit is dus eintlik waaroor komposisie gaan, om jou onderwerp op so’n manier in die skildery te plaas dat dit op eenvoudige manier boekdele spreek.

Komposisie is baie soos poësie,jy kan nie iets toevoeg of uithaal sonder om die balans te versteur.

 

  • Gebruik ‘n Fokuspunt
  • Pas die Reël van Derdes toe (Kyk by week 17)
  • Maak gebruik van lyne  wat die oog in die skildery in lei

e51a3b73d26a7d34d6133178698f4e72 » Week 18 Wenke vir Suksesvolle Komposisie » Helena van der Nest-Strijdhorst

Fokuspunt

Rule of thirds 2 » Week 18 Wenke vir Suksesvolle Komposisie » Helena van der Nest-Strijdhorst

Verdeel oppervlak horisontaal en vertikaal in derdes

leading lines 4 » Week 18 Wenke vir Suksesvolle Komposisie » Helena van der Nest-Strijdhorst

  • Maak gebruik van lyne  wat die oog in die skildery in lei

 

Moenie moeilike of onaantreklike voorwerpe uitlos nie.

          Probeer om na die onderwerp te kyk soos wat dit werklik lyk -, nie soos wat jy verwag dit gaan lyk nie.

            Donker dele is swaarder dan die met ligte kleure. ‘n Klein gedeelte diep rooi of blou sal swaarder weeg dan ‘n groot gedeelte in ‘n neutrale grys/groen.

            Alle dominante kleure en vorms moet nie almal aan een kant geplaas word nie, versprei kleur en vorm en herhaal kleur in agtergrond vir ritme en balans in skildery.

            Dit help om met ‘n spiëel na jou skildery te kyk – dan is dit makliker om objektief te beoordeel. Vra jouself of dit wat jou in die eerste plek geïnspireer het nog uitstaan. Wat maak dit spesiaal? Is dit die manier hoe die lig val of interessante vorms of kleure, een van die elemente moet voorkeur kry.

Jy kan ook die skildery onderstebo hou en dan analiseer. Is jy tevrede met die rangskikking? Word die kyker se oog in die skildery gelei? Is daar ‘n fokuspunt of is daar meer as een voorwerp wat vir aandag kompeteer?

 

Wenke vir fokuspunt:

  1. Meeste kontras tussen lig en donker.
  2. Mees dominante kleur en vorm.
  3. Meeste detail.
  4. Maak gebruik van komplementêre kleur om fokus te vestig.

Begin met fokuspunt werk as uitgangspunt en werk dan weg van dit af. Sit eers alles wat jy sien in en begin dan om dinge wat nie nodig is nie uit te laat. Ondersteun dan die fokuspunt met nog besonderhede – hou die agtergrond eenvoudig.
Sommige dinge kan gebruik word om iets te beklemtoon en balans en eenheid te bewerkstellig.

Oef. 1:

Sny uit tydskrif voorwerpe, figure, ens. uit en plak dit op ‘n papier sodat dit ‘n komposisie vorm. Voorwerpe kan oorvleuel, swaar voorwerpe kom onder en agter, gebruik ‘n tema soos bv. Kos, musiek ens.

 

Oef. 2:

Sny blokke, sirkels, driehoeke, reghoeke uit tydskrif en stel daarmee’n komposisie saam. (Werk met kleurharmonie)

 

 

Week 17 Komposisie en Fokuspunt

Fokuspunt in Komposie

Komposisie bespreking v skilderye slide 13 » Week 17 Komposisie en Fokuspunt » Helena van der Nest-Strijdhorst

Komposisie is die verhoudings wat daar tussen kleur, skakering en vorm is,die manier waarop dit gerangskik is. Sodat dit ‘n storie vertel vir die kyker en ‘n geheel vorm. Komposisie is belanrik wanneer ons skilder. Reeds vroeg in die beplanningsfase van die skildery moet besluit word waar die fokuspunt gaan wees. Die beste is natuurlik om dit nie reg in die middel te sit nie. Daar behoort ook variasie en balans in die skildery te wees. Bv. As jy blomme of appels in ‘n skildery het, moet die spasie tussen die voorwerpe nie orals dieselfde wees nie, en die voorwerpe self moet ook nie almal ewe groot wees nie. . Die afstand vanaf die rand van die papier na die onderwerp of middelpunt behoort ook verskillend te wees van al die kante. Dis maar ‘n paar van die punte wat in ag geneem kan word wanneer jy ‘n skildery beplan.

Hoe om te begin:

“Thumbnail scetches”:

Baie keer is die komposisie voor die hand liggend en geen probleem. Hoe meer geoefen jy is hoe makliker sal dit gebeur. Maar selfs professionele kunstenaars werk eers hul komposisie uit voor hul begin werk aan skildery. Die beste is om dan twee of drie klein sketsies te maak voordat jy finaal besluit hoe die skildery moet lyk. Die sketse hoef nie groter as poskaartgrootte te wees nie, en kan in monochromatiese kleurskema gedoen word. Potlood, houtskool of waterverfpotlode kan gebruik word hiervoor.

Metode vir fokuspunt:

Deel papier in drie gelyke dele horisontaal of vertikaal. Die fokuspunt kan op op enige van die punte waar lyne kruis geplaas word. Ons Westerlinge lees ‘n skildery van links na regs en dit beïnvloed ook die plasing van die fokuspunt.

Die beste manier om komposisie te oefen is met ‘n stillewe omdat dit nie beweeg nie. Besluit wat die
fokuspunt gaan wees en hoeveel spasie jy daarvoor gaan gebruik. Bv. ‘n Sak inkopies op die
kombuistafel met kombuisgereedskap van naby; of op ‘n groter afstand met oop kasdeure in die agtergrond.

Begin met fokuspunt werk as uitgangspunt en werk dan weg van dit af. Sit eers alles wat jy sien in en begin dan om dinge wat nie nodig is nie uit te laat. Nie alle kunswerke het ‘n fokuspunt nodig nie, bv. ‘n klomp tarentale of bokke vorm ‘n
groep[. In inligtingsketse is die fokuspunt ook nie belangrik nie. Kry soveel as moontlik van die onderwerp uit verskillende hoeke en doen dan ‘n komposisie by die huis.

Slide12 » Week 17 Komposisie en Fokuspunt » Helena van der Nest-Strijdhorst

Nog meer oor Fokus punt

As jou onderwerp baie groot is en jy vind dit moeilik om te besluit wat om te skets kan ‘n soekraam help om die probleem op te los. Sny in karton van 15 x 10 cm ‘n reghoekige opening en hou byderhand in sketsboek.
Plaas die elemente so binne die raam dat die aandag van die kyker na die fokuspunt gaan. Ondersteun dan die fokuspunt met nog besonderhede – hou die agtergrond eenvoudig. Sommige dinge kan gebruik word om iets tebeklemtoon en balans en eenheid te bewerkstellig.

Komposisie is baie soos poësie, jy kan nie iets toevoeg of uithaal sonder om die balans te versteur. Goeie komposisie: gebruik ‘n Fokuspunt, pas die reël van derdes toe, maak gebruik van lyne wat die oog in die skildery in lei

Wenke vir fokuspunt:

1. Meeste kontras tussen lig en donker.

2. Mees dominante kleur en vorm.

3. Meeste detail

4. Maak gebruik van komplementêre kleur om fokus te vestig.

As jou onderwerp baie groot is en jy vind dit moeilik om te besluit wat om te skets kan ‘n soekraam help om die probleem op te los. Sny in karton van 15 x 10 cm ‘n reghoekige opening en hou byderhand in sketsboek.
Plaas die elemente so binne die raam dat die aandag van die kyker na die fokuspunt gaan. Ondersteun dan die fokuspunt met nog besonderhede – hou die agtergrond eenvoudig.
Sommige dinge kan gebruik word om iets te beklemtoon en balans en eenheid te bewerkstellig

Bronne: Fundamentals of Drawing bl. 26 en 27
Complete Oil Painting bl. 58 en 59

Week 16 Om te sien en te teken, “Taking Your Line for a Walk”

 

Om te sien en te teken

dabe3e81ca1fdb2ea08068d33880c6b9 » Week 16 Om te sien en te teken, "Taking Your Line for a Walk" » Helena van der Nest-Strijdhorst

       Meeste mense gaan deur die lewe sonder om werklik te sien waarna hul kyk, en het ook voor op gestelde idees hoe iets lyk. Daarom is dit belangrik om eerstens te leer om dinge in verhouding met mekaar te sien, as ook die verskillende omstandighede, en ook om vaardig te raak en dus in staat te wees om met die hand werklik te teken wat die oog sien.

 

Wanneer ons waarneem en kyk na die natuur, het sy die werklikheid of dan foto’s, is alle dele sigbaar as vorms, nie as vorms wat omlyn is met donker lyne nie. Streng gesproke is daar nie omlyning in die natuur nie, slegs rande van kleure teenaan mekaar.

 

IMG 20210920 222319 » Week 16 Om te sien en te teken, "Taking Your Line for a Walk" » Helena van der Nest-Strijdhorst

In die natuur is daar nie donker omlyning om                                  voorwerpe nie

Bome word gesien as silhouette teen die lug, so ook berge en klowe. Huise en geboue word ook teen ‘n agtergrond gesien, wat ookal die agtergrond is.

Takke en klein takkies van kaal bome is lynreg, hulle is ook binne die grense van die boom se silhouet en vorm ‘n ligter kleur teen die lug.

Pines at Mols Lars Kristinsin » Week 16 Om te sien en te teken, "Taking Your Line for a Walk" » Helena van der Nest-Strijdhorst

 

Om meer vry en vertolkend te skilder is dit beter om nie die onderwerp te volledig en soos ‘n lyntekening op die doek te teken nie. Want hoe meer lyne en hoe meer presies jy teken, hoe minder gaan die skildery soos ‘n skildery lyk, dit gaan meer soos ‘n gekleurde tekening lyk.

 

Jy moet meer vry werk, dus meer oplet na die groter geheel en vorms, en hul met groot kwaste op doek plaas, werk vry-vloeiend, met kragtige sterk kwasbewegings, met ‘n kreatiewe benadering, sodat jou werkstuk ‘n vertolking word van dit wat jy sien.

 

Net omdat jy nie alles presies teken nie, beteken nie dat jy glad nie gaan teken nie, terwyl jy skilder teken jy, en neem waar, en besluit wat om volgende in te sit ens. Jy werk egter met patrone en vorms en nie met al die klein detail in die begin nie.

 

Dit gaan jou baie help as jy elke dag net vir 10 minute kan teken. Teken, nie om ‘n kopie te teken nie, maar om werklik te verstaan en te kyk vir die vorms en hul verhoudings tot mekaar.

1553494457329 » Week 16 Om te sien en te teken, "Taking Your Line for a Walk" » Helena van der Nest-Strijdhorst

            Teken mense, diere,  voorwerpe, en doen dit met waardering vir die diepte en kwaliteit van dit wat jy sien.

 

Een van die groot vreugdes in die lewe is dat ons nooit ophou om te leer nie. Hoe meer jy waarneem en teken, hoe meer leer jy oor kleurwaardes, lyn, vorm, ritme, intensiteit, ens.

Hoe meer jy oor ‘n onderwerp leer en dit teken, hoe beter sal jy dit kan skilder. So sal kennis en tegniek ‘n vaardigheid word wat jy leer bemeester en dit raak dan al hoe makliker, net soos wat jy ‘n motor bestuur, wat jy ook in die begin op elke beweging moes konsentreer, en later kom alles outomaties en gemaklik.

 

Maak klein “idee sketse”, van jou onderwerp, analiseer die verskillende moontlikhede en variasies. Doen verskillende tekeninge en studies met elke keer ander detail van figure, portrette, bome, blomme, voorwerpe, geboue, ens.

Hierdie sketse dien dan as verwysing sodra jy begin skilder, jy het dan klaar baie van jou onderwerp geleer, sodat jy , wanneer jy begin skilder baie meer vry en kreatief op jou doek kan werk.

Probeer om wanneer jy wel op die doek teken ook met “verlore” lyne te werk gebruik lyne sorgvuldig om iets te beklemtoon.

 

Om in vorms te dink:

plat vlakke studie » Week 16 Om te sien en te teken, "Taking Your Line for a Walk" » Helena van der Nest-Strijdhorst

 

Vorms, soos wat ons dit waarneem is nie altyd die vorm van die onderwerp nie, dit kan wees, maar dit kan ook die vorms van skaduwees, kleurvlakke, ens wees. Dit kan abstrakte of geometriese vorms wees, en kan oor die grense van voorwerpe en dinge gaan.

4831e10503a6300a8e32828bbdb15da4 » Week 16 Om te sien en te teken, "Taking Your Line for a Walk" » Helena van der Nest-Strijdhorst

Vorm van skadu maak interessante ontwerp

Alle  vorms in ‘n prent, ook die van die negatiewe spasie van die lug, of  agtergrond is belangrik vir die groot geheel en patroon. Die negatiewe spasie  van die lug b.v. sal die vorm van die bome of die perspektieflyn van die dak bevestig.

Driehoekige vorms sal gebruik word met die perspektief van strate, grenslyne, hekke en ens.

Charing Cross Bridge » Week 16 Om te sien en te teken, "Taking Your Line for a Walk" » Helena van der Nest-Strijdhorst

 

Dit is dus na die lyne en patrone wat jy oplet, ongeag die onderwerp, of dit van die werklikheid af is wat jy skilder of van ‘n foto in jou ateljee.

 

In Portretkuns, kan die onderwerp ook afgebreek word na geometriese of nie-objektiewe vorms. Hierdie vorms sal dan die groot komposisionele vorms wees en ook die kleiner vorms van skaduwee en lig vlakke.

dc9fd7b0385f45e3ff18dad4058b227f » Week 16 Om te sien en te teken, "Taking Your Line for a Walk" » Helena van der Nest-Strijdhorst

 

Met Stillewes geld dieselfde benadering. ‘n Groot eenvoudige komposisionele vorm wat al die voorwerpe insluit word dan afgebreek in kleiner vorms van skadu, lig en kleure.

1585816118185 » Week 16 Om te sien en te teken, "Taking Your Line for a Walk" » Helena van der Nest-Strijdhorst

“Taking Your Line for a Walk”- soos Paul Klee

Die opwarm oefening vir hierdie week is “Taking your Line for a Walk” . Demonstrasie is in die week se video. Jy teken ‘n horison lyn en doen  klein sketse waar jy elek keer die betekenis van die horisonlyn verander, soms kan dit ‘n rand van ‘n tafel wees, dan weer ‘n wasgoeddraad, dan ‘n treinbrug met ‘n trein wat oor die brug ry.

Nog ‘n goeie oefening is om ‘n stillewe op te stel, of gebruik dit wat jy voor jou op die tafel sien, en

  1. Kyk vir jou onderwerp, en laat jou oog gaan oor al die lyne, ligpunte en teksture, terwyl jy vir jou onderwerp kyk, teken jy op papier , maar…. sonder om op jou papier te kyk! Dis ‘n uitstekende regterbrein oefening. Soos wat jy stadig jou oog oor die onderwerp beweeg, teken jy op die papier. Eers aan die einde kan jy kyk, en jy sal verbaas wees oor die interessante lyne.
  2. Doen van die selfde onderwerp ‘n One liner, dit beteken jy mag kyk vir die papier waarop jy teken, asook vir jou onderwerp, maar hierdie keer lig jy nie jou pen op totdat die werk voltooi is. Werk slegs met lyne, nie skaduwees nie.

Week 15: Perspektief Blomme geskilder met Glazing tegniek

20171012 181927 1 1 » Week 15: Perspektief Blomme geskilder met Glazing tegniek » Helena van der Nest-Strijdhorst

Blomme en perspektief

Met ‘n landskap of binnehuis interieur gebruik ons die perspektief beginsel dat alle paralelle lyne in die verdwynpunt bymekaar kom. Hoe maak ons wanneer ons blomme skilder?  Om dit makliker te maak kan jy dink aan blomme se vorm soos die van ‘n teekoppie. Wanneer jy die koppie reg van voor sien, sien jy die binnekant, en die blom vertoon sirkelvormig.  Wanneer jy die blom effens sou draai, sodat jy dit van die kant af sien, verander die prentjie, en sien jy net ‘n klein gedeelte van die binnekant van die kelk van die blom, en meer van die buitenste blaartjies.

Blomme perspektief en glazing » Week 15: Perspektief Blomme geskilder met Glazing tegniek » Helena van der Nest-Strijdhorst

Perspektief is maklik om toe te pas wanneer jy blomme vergelyk met teekoppies.

In die voorbeeld is die glazing tegniek toegepas:

Jy kan soos volg te werk gaan:

  • Gebruik middelkleur soos lig blou of perskekleur vir agtergrond. Teken eenvoudige blomvorms.
  • Doen skildery deur wynrooi te meng met glazing vir deurskynende skakering vir binnekant van blom.Werk met 2 kwassies, 1 om verf aan te wend, 1 om te versag.
  • Wend nou wit verf aan of die buitenste blomblare, gebruik hiervoor ‘n plat kwas.
  • Rond af deur donkerder wynrooi vir blom se middelpunt en meeldrade te skilder met punt van ronde kwas.
  • Vir finale afronding : maak silhouette van blomme en blare met die deurskynende wynrooi wat met glazing gemeng is.
  • Variasie: Werk met potlood,houtskool ens
  • Kyk weer na die week se demonstrasie video vir verwysing.

Nog ‘n manier om blomme met glazing tegniek te skilder is in die voorbeeld bo, met die geel roos gebruik.

Vir die tegniek werk jy met glazing buite en agter om die voorwerp, sodat dit begin uitstaan.

Glazing is ‘n wonderlike manier om meer kontras in jou kunswerk aan te bring, sonder dat jy aan die vorm, kleur of struktuur verander. Jy gebruik vir olieverf ‘n olievermedium, meng dit met ‘n klein hoeveelheid verf en wend dit bo-oor die gedeelte aan wat jy wil donkerder maak. Die olieverf medium sal maak dat die onderste kleur nog steeds deurskyn, terwyl jy die effek van skaduwee skep. Vir akrieliese verf gebruik ons glaze medium, en meng ‘n klein bietjie verf met die medium om ‘n deurskynende lagie te vorm.

 

Week 14 Koperpot met Rose / Paletmes tegniek

Koperpot met Rose – Paletmes tegniek

IMG 20220425 095137 » Week 14 Koperpot met Rose / Paletmes tegniek » Helena van der Nest-Strijdhorst

Koperpot met Rose

There will be new ideas in painting and each idea will have a new technique”
Robert Henri

Rose bly van die mooiste blomme om te skilder, en veral wanneer die paletmes gebruik word, is die
eindresultaat baie treffend met die duidelike teksture. Hierdie skildery is alla prima geskilder. Die
agtergrond is eerste gedoen met ‘n kwas. Dis beter om jou agtergrond met akriliese verf te doen in ‘n donker kleur vir mooier resultaat. Jy kan dan verder werk met olieverf of met akriliese verf.

  • Om die koperpot te skilder gebruik jy wit, chrome yellow, yellow ochre, raw sienna, burnt sienna.
  • Teken eers die vorm van die pot, en werk dan van binne na buite. Begin dan met wit streep in die middel van die pot,en werk dan van binne na buite deur wit in die middel, dan aan weerskante met geel, yellow ochre, raw sienna, en burnt umber of sienna kleur aan te bring.
  • Doen ook die vermenging van kleure met waaierkwas op die gedeelte  onder die pot.
  • Daarna voeg jy al die ander kleure aan weerskante van die wit streep op die pot en onder die pot aan, soos jy sien in die demonstrasie video.
  • Gebruik dan ‘n waaierkwas om die kleure te meng, sodat dit lyk soos koperpot wat glans.
  • Doen dieselfde met waaierkwas op oppervlak onder die pot.
  • Vir skaduwee wend jy donkerblou aan op die kante en ook op die oppervlak onder die pot.
    Daarna is die detail van die rose, blare met paletmes aangebring.

Om met ‘n paletmes te skilder verg bietjie oefening, jy kan eers op karton probeer tot jy voel jy verstaan hoe die tegniek werk.

 

 

IMG 20201123 133337 » Week 14 Koperpot met Rose / Paletmes tegniek » Helena van der Nest-Strijdhorst

Detail van roos met paletmes geskilder.

Daarna kan jy begin om die rose te skilder, gebruik die paletmes en hou dit half skuins teen ‘n hoek.

Gebruik ‘n donkerder kleur  en maak eers ‘n silhouet, en doen dan die ligter dele met ‘n ander kleur of ligter skakering. Byvoorbeeld wynrooi monder met pienk gedeeltes wat ligter is, of donkerpers onder met lila ligter gedeeltes. Oranje rose met ligter gedeeltes wat geel is kan ook baie mooi lyk saam  met die kleure van die koperpot.

Vir die blare gebruik jy die paletmes plat en wend dan groen, geel en blou verf aan om verskillende blare te maak. Vir die stingels gebruik jy die sykant van die mes, druk dit in groen verf. Werk met verskilllende kleure groen en sorg vir kontras, groot en klein blare, fyn takkies met blare en hou jou werk so interessant om na te kyk. sorg vir afwisseling.

Roosknoppies kan jy maak deur die voorste punt van die paletmes gebruik om liggies ‘n knop mee te maak. Rond die roosknoppies af met groen blaartjies en ‘n stingel, dit kan nie net los in die lug hang nie.

Om die skildery klaar te maak kan jy laventel, wit magrietjies of klein blou blommetjies ook byskilder. Vir volledige demonstrasie kan jy die video wat saam met die les kom kyk. Dit lyk ook mooi as jy met wit verf en ‘n tandeborsel om en oor jou koperpot blommerangskikking fyn spatsels maak om die eindresultaat ‘n bietjie te versag.

IMG 20230418 145323 » Week 14 Koperpot met Rose / Paletmes tegniek » Helena van der Nest-Strijdhorst

Voorbeeld van Koperpot met Rose en Laventel

Variasies: Noudat jy geleer het om ‘n koperpot te skilder, kan jy jou eie variasies op die tema maak. Jy kan ‘n koperkan in die vorm van koffiepot, teepot, outydse keteltjie of teepot skilder.  Gebruik ander blomme soos kosmosse, sonneblomme, gekleurde papawers, of net pragtige bloeisels , takke met bessies, of herfsblare om jou koperpot mee te vul.

IMG 20230418 145401 » Week 14 Koperpot met Rose / Paletmes tegniek » Helena van der Nest-Strijdhorst

In hierdie skildery is warm kleure gebruik om die koperpot te komplementeer.

 

Week 13 Om ‘n Landskap te skilder / Taking in the View

Om ‘n Landskap te Skilder/Taking in the View

20171012 182110 » Week 13 Om 'n Landskap te skilder / Taking in the View » Helena van der Nest-Strijdhorst

“De Rust”

Die landskap beweeg nie, jy kan dus baie tyd spandeer om die omgewing waar te neem.Wat wel gebeur is dat die lig gedurig verander, want soos wat die ure verbygaan verander dieskaduwees, en ook wanneer die wolke beweeg is daar verandering van lig.  Met dit in gedagtehelp dit ook om na die landskap en vernal geboue op ‘n vars manier te kyk, en dus ‘n huisnie net as ‘n vierkant of reghoek te sien nie, maar wel as ‘n vorm  met patrone van lig endonker. Vergeet wat dit is en kyk vir patrone,groepe en vorms.

Hoe om te begin:

“Thumbnail scetches”:

Baie keer is die komposisie voor die hand liggend en geen probleem. Hoe meer geoefen jy is hoe makliker sal dit gebeur. Maar selfs professionele kunstenaars werk eers hul komposisie uit voor hul begin werk aan skildery. Die beste is om dan twee of drie klein sketsies te maak voordat jy finaal besluit hoe die skildery moet lyk. Die sketse hoef nie groter as poskaartgrootte te wees nie, en kan in monochromatiese kleurskema gedoen word. Potlood, houtskool of waterverfpotlode kan gebruik word hiervoor.

Wanneer jy besluit het op ‘n onderwerp, het sy die plaaslike kerk, plaashuis of wat ook al, is daar nog ‘n menigte keuses wat gemaak moet word, om ‘n mooi komposisie te kry. Hoe begin mens? Die eerste ding is om wanneer jy rustig sit en besluit het, en jy is reg om te begin werk om eerstens die horisonlyn te teken wat op ooghoogte sal wees. Soms is die horisonlyn half bedek met berge en bome, maar dit maak nie saak nie, gebruik potlood, hou armlengte weg en bepaal so die horisonlyn, en dan werk jy vansaf die posisie, moenie halfpad skuif en vanuit ander hoek begin werk nie.

Alles wat jy sien is belangrik, nie net dit wat interessant lyk nie, maar ook die gewone onderwerpe.

Komposisie in Landskap:

Komposisie gaan nie net om die posisie van die verskillende elemente in die landskap, maar ook hoe jou benadering gaan wees ten op sigte van toonwaarde, kleure, lig, aksente en beklemtoning, ens. Dit het selfs ‘n effek op klein onbelangrike puntjies, soos of die koei na binne in die skildery gaan kyk of dat sy  staar nie iets wat buite die raam van jou skildery is. Jou gevoel vir komposisie speel ‘n groot rol, en dit help om die basiese reëls van komposisie in gedagte te hou wanneer jy beplannings sketse doen. (Doen gerus ‘n paar klein “thumbnail” sketse voor jy aan die werk spring)

Taking in the View / Klas demonstrasie

 

Taking in the View Copy 1 » Week 13 Om 'n Landskap te skilder / Taking in the View » Helena van der Nest-Strijdhorst

Taking in the View -Klas demo

Om met ‘n paletmes ‘n landskap te skilder is ‘n goeie oefening wat jou help omvertroud te raak met olieverf of akrielverf.Hierdie spesifieke demonstrasie is bedoel as ‘n pret oefening.Vir die grasse in die voorgrond gebruik ons ‘n opgefrommelde plastiek sakkie.

Vir volledige aanwysings kan jy die video op YouTube gaan kyk.

Pin It on Pinterest