
Taking in the View
Om Landskappe te skilder – Taking in the View
Die landskap beweeg nie, jy kan dus baie tyd spandeer om die omgewing waar te neem.
Wat wel gebeur is dat die lig gedurig verander, want soos wat die ure verbygaan verander die
skaduwees, en ook wanneer die wolke beweeg is daar verandering van lig. Met dit in gedagte
help dit ook om na die landskap en veral geboue op ‘n vars manier te kyk, en dus ‘n huis
nie net as ‘n vierkant of reghoek te sien nie, maar wel as ‘n vorm met patrone van lig en
donker. Vergeet wat dit is en kyk vir patrone, groepe en vorms.

Hoe om te begin:
“Thumbnail scetches”:
Baie keer is die komposisie voor die hand liggend en geen probleem. Hoe meer geoefen jy is hoe makliker sal dit gebeur. Maar selfs professionele kunstenaars werk eers hul komposisie uit voor hul begin werk aan skildery. Die beste is om dan twee of drie klein sketsies te maak voordat jy finaal besluit hoe die skildery moet lyk. Die sketse hoef nie groter as poskaartgrootte te wees nie, en kan in monochromatiese kleurskema gedoen word. Potlood, houtskool of waterverfpotlode kan gebruik word hiervoor.
Wanneer jy besluit het op ‘n onderwerp, het sy die plaaslike kerk, plaashuis of wat ook al, is daar nog ‘n menigte keuses wat gemaak moet word, om ‘n mooi komposisie te kry. Hoe begin mens? Die eerste ding is om wanneer jy rustig sit en besluit het, en jy is reg om te begin werk om eerstens die horisonlyn te teken wat op ooghoogte sal wees. Soms is die horisonlyn half bedek met berge en bome, maar dit maak nie saak nie, gebruik potlood, hou armlengte weg en bepaal so die horisonlyn, en dan werk jy vansaf die posisie, moenie halfpad skuif en vanuit ander hoek begin werk nie.
Alles wat jy sien is belangrik, nie net dit wat interessant lyk nie, maar ook die gewone onderwerpe.

Komposisie in Landskap:
Komposisie gaan nie net om die posisie van die verskillende elemente in die landskap, maar ook hoe jou benadering gaan wees ten op sigte van toonwaarde, kleure, lig, aksente en beklemtoning, ens. Dit het selfs ‘n effek op klein onbelangrike puntjies, soos of die koei na binne in die skildery gaan kyk of dat sy staar nie iets wat buite die raam van jou skildery is. Jou gevoel vir komposisie speel ‘n groot rol, en dit help om die basiese reëls van komposisie in gedagte te hou wanneer jy beplannings sketse doen. (Doen gerus ‘n paar klein “thumbnail” sketse voor jy aan die werk spring)

Painting is poetry that is seen rather than felt.
Poetry is painting that is felt rather than seen.
Leonardo da Vinci
Oef 1 Sumi -e tegniek vir Suurlemoen/e
Gebruik gerus die Sumi-e kwastegnieke wat ons afgelope tyd geleer het en pas dit toe om hierdie suurlemoen met blare en takkie te skilder.
Oef. 2 Stillewe met Suurlemoene : Sumi-e en Waterverfpotlode

Werk op stewige waterverfpapier,omdat jy saam met die waterverfpotlode ook water gaan gebruik.
- Stel ‘n eenvoudige stillewe op met suurlemoene, gebruik ‘n lap om suurlemoene op te rangskik. Sny een middeldeur om dit meer interessant te maak.
- Gebruik ‘n 4B potlood om met los lyne die buitelyne te teken. Werk sag sodat jy kan uitvee.
- Maak papier nat op dele wat jy eerste gaan verf, onthou om die dele wat moet wit bly nie nat te maak nie. Maak ‘n dun laag geel verf aan en laat verf in nat dele vloei. Gebruik kwashale gebaseer op Sumi – tegnieke. Meng klein bietjie groen en blou by vir donkerder dele asook die onderkant van die suurlemoen. Onthou om die Sumi-e tegnieke soos die van die bamboesblaar toe te pas vir die groen blare en stingel..
- Verf nou die ander suurlemoene deur ook eers dele nat te maak en geel te verf, maak soos met geel verf deur dit in nat dele te laat vloei, vir donkerder dele kan bietjie meer blou of pers by gemeng word.
- Verf nou die skaduwees langs die suurlemoene met neutrale kleure in.
- Werk nog meer detail in en laat eers droog word.
- Gebruik waterverfpotlood en begin om vorm en skaduwee in te werk. Let op waar donkerder dele is en kyk vir kleure en kleurverskille, die geel sal op die hout of lap onder weerkaats en andersom.
Art is a technique of communication.
the image is the most complete technique
of all communication
Claus Oldenburg
Wat sal iemand wat na ‘n versameling van jou werk kyk kan aflei? Vertel jy ‘n storie in jou werk, of doen jy ‘n skildery presies soos wat jy dit sien in die werklikheid?
Voordat jy soek na die perfekte onderwerp, probeer met nuwe oë kyk na die gewone alledaagse omgewing om jou. Figuratiewe kuns het alles te doen met kommunikasie.
Probeer om met jou kunswerk ‘n venster te skep vir jou wêreld om jou.
The world of reality has its limits,
The world of imagination is boundless.
Jean-Jacques Rousseau
Om die wêreld om jou te skilder, is amper soos om stories te vertel, dit kan ‘n hele leeftyd neem om alles te vertel, vertel wie jou vriende is, en jou familie, wat maak hulle elkeen spesiaal, wat is hulle mee besig, wat is hul stokperdjies, wat is julle gesin se gunsteling dis, wat doen julle graag saam, hoe lyk jul tuin, enige spesiale bome met spesiale herinnerings soos b.v. geboorte van kinders. Hoe lyk jul huis, en die straat of omgewing waar jy bly, verskillende seisoene, verskillende omstandighede, soos reën of wind, of mistigheid, het jy dalk ‘n mooi uitsig vanuit jou sitkamer, slaapkamer of enige ander vertrek, en is daar mooi voëls wat julle tuin besoek, enige ander troeteldiere waaroor jy iets wil vertel?
Die Sumi-e tegnieke leen hul uitstekend om elke keer die essensie vas te vang van jou onderwerp.

Oef. 3 : Sketsboek
Gebruik jou sketsboek om vinnige klein potlood lynsketse te maak van dit wat in jou direkte leefarea en omgewing is, ook in ander vertrekke, tuin en straat. Jy kan ook met kwas vinnige lyne skilder met Sumi-e tegnieke.
Doen sketse van verskillende meubels, persone, gebruiksartikels of soos b.v.:
- Huis se voordeur
- Kind wat speel
- Vrugtebak met vrugte
- Sak met kruideniersware
- Koffiebekers en bord beskuit
- Stoel met jas wat daaroor hang
- Rak met borde of ander ornamente
- Skooltas en skoene
Bron: Leisure Painter Mei 2004 bl 16 en 17
Kunstschatten van alle tijden, Dr John B. Knipping, bl. 210

Rose Edin se Monday
Waterverf is vars en deurskynend, die basiese beginsels vir waterverf is baie eenvoudig. Meeste beginners faal omdat hulle nie die medium verstaan nie en dit benader soos akriel of olieverf, wat modderige kleure, “gewobbelde” papier ens. veroorsaak. As gevolg van hulle mislukking voel mense hulle kan nie waterverf doen nie en gee dan moed op. Met waterverf word water gebruik om kleur ligter te maak, en nie met wit gemeng soos met olieverf of akriel nie.
Waterverf is ‘n baie veelsydige medium wat gebruik kan word vir sketse, illustrasies, skilderye.
Verskillende benaderings word gebruik, sommige kunstenaars gebruik sterk kleure wat vloei, ander werk meer beplan en sistematies. Sommige resultate met waterverf gebeur spontaan (“Happy Accidents”).
Mite: Waterverf is ‘n vinnige medium, teenoorgestelde is waar, waterverf neem tyd en goeie beplanning.
Gebruik veel en skoon water, kleure word laag op laag op gebou, en word tussen in kans gegee om droog te word om modderige kleure te verhoed.
Wenk:
Werk aan meer as een projek gelyktydig.
Swart word nie sommer gebruik nie, meng eerder blou, bruin en groen vir ‘n donker kleur.
Wanneer jy met waterverf skilder is dit belangrik om te weet dat die eindresultaat taamlik onvoorspelbaar is a.g.v. die dikte van die papier, temperatuur ens. Jy gaan dus nie ‘n presiese kopie van jou voorbeeld kan maak nie.om dit te weet kan jou klaar baie frustrasie spaar.
Werk wel deur verskillende projekte om verskillende tegnieke en werksmetodes aan te leer, met tyd en ervaring ontwikkel jy jou eie benadering.
Benodigdhede:
Kwassies:
- Gebruik ‘n groot kwas wat baie water kan absorbeer vir groot areas.
- Plat kwassies is handig om vierkantige of reghoekige vorms te skilder. Kwasvorm kan verskillende kreatiewe effekte gee as deel van tegnieke.
- Ronde kwassies # 10, #2,4, 6.
- Dun ronde kwassies: # 0 of 1
- Plat kwassie #2, #6
- Riggerkwassie
Sponsies;
- Gebruik om kleur ligter te maak
- Om oortollige water te absorbeer
- Om ligpunte te veroorsaak deur met spons uit te vee.
- Om spesiale effekte te kry deur met spons verf aan te wend.
- ‘n Lap kan ook gebruik word vir spesiale effekte.
Uitveërs:
Gebruik vir ligpunt, om kleure te versag ens.
Papier:
Belangrike faktore:
- Gewig: Dit kan veroorsaak dat papier “buckle” of nie wanneer dit nat word.
- Goeie kwaliteit liggewig papier kan gestrek word om dit te voorkom.
- Absorbeer: Papier moet in staat wees om ‘n redelike hoeveelheid water te kan absorbeer, asook gebruik van uitveër te kan deurstaan.
- Grein: Gladde papier word aanbeveel vir fyn kwaswerk en tekeninge. Papier met growwer oppervlak kan gebruik word vir tekstuur en droë kwastegnieke.
Papier Handdoek
Wattestokkies
Masking Fluid en ou kwassie
Palet met holtes vir waterverf
Tandeborsel vir spatwerk
Spuitbottel
Plastiek messie om lyne te krap
Twee bottels skoon water om kwas uit te spoel.
Dik plank of bord;
Om papier op te strek, moet dik genoeg wees dat dit nie buig nie.
Masking tape
Gum Arabic: Meng met verf om kleur te verhelder, kan ook gebruik word om verskeidenheid teksture te kry.
Texture Paste:
Meng dit met verf om dit te verdik sonder om deurskynendheid te verloor. Patrone kan ook in verf gekrap word om onderliggende kleur, of papier te wys.
Kleure verf:
Aanbevole kleure om mee te begin:
- Cadmium rooi
- Alizarin Crimson
- Cadmium Geel
- Geel Oker
- Kobalt blou
- Pruisiese blou
- Viridian groen
- Burnt umber
- Payne’s grey
- Landskappe: Sap groen
Sommige waterverf is meer deurskynend as ander, sommiges soos Alizaron Crimson is geneig om die papier te vlek en kan dus nie maklik verwyder word nie, sommiges is effens korrelrig. Verf is verkrygbaar in blokkies, buisies of bottels.
Wenke:
- Probeer kleure apart hou
- Hou meer kwassies van dieselfde nommer aan
- Werk in kleurgroepe met kwas om kleure helder en skoon te hou
- Gebruik droë skoon kwassies om oortollige kleur te absorbeer
- Versorg kwassies, was deeglik na gebruik, gee vorm aan haartjies terwyl dit nog nat is
- Moenie kwassies in water laat staan nie.
Keuse van onderwerp:
Veral in die begin is dit beter om ‘n eenvoudige onderwerp met ‘n ongekompliseerde agtergrond te kies, sodat jy op basiese beginsels kan konsentreer en nie hoef te bekommer oor ingewikkelde kleure, patrone of komposisie.
B.v. ‘n rangskikking van 2 of 3 vase of ‘n paar vrugte gee vir jou die geleentheid om waterverftegnieke te oefen. Wanneer jy dit onder die knie het en jy voel gereed kan jy iets moeilikers kies.
Die groot geheim van waterverf lê in die eenvoud daarvan
Strek van Papier:
- Strek enkel velle liggewig papier en laat droog word voor jy op dit werk.
- Maak papier nat met klam lap of spons.
- Plak papier vas op plank met bruin gegomde papier plakstroke en laat droog word.
- Strek ‘n paar papiere op ‘n slag.
- Moenie haardroër, verwarmer ens. Gebruik om proses te versnel nie, dit kan veroorsaak dat papier skeur.
- Strek op oppervlak wat onbuigsaam is.
- Duimdrukkers kan gebruik word om hoeke te verstewig.
Waterverf Tegnieke:
Nat kwas op droë papier
Nat-in –nat
Droë kwas op droë papier.
Metodes om verfpigment op papier aan te wend:
- Verf kleur in “washes”
- Drup op nat oppervlak, versprei met nog water
- Stippel, tik of maak strepe met kwas.
- Rol dit op met rolbeweging van kwas
- Spat of spuit dit op, ens.
“Wash laying”
(Om pigment oor papier te laat vloei en droog te laat word.
- Plat spoellaag/ “wash”:
- Berei genoeg verfpigment voor vir hele oppervlak
- Maak papier nat met groot plat kwas of spons
- Wag tot papier nie meer blink van water nie
- Hou bord effens skuins op.
- Gebruik redelike groot kwas.
- Spoel kwas in water en verwyder meeste water deur kwas aan lap af te vee.
- Doop in verf en wend aan op papier, werk met gelyke kwasstroke van boonste hoek van links na regs,(aan onderkant moet ‘n dammetjie vorm). Doop weer in verf en verf volgende strook, laat effens oorvleuel met vorige een, sodat dammetjie nou weer aan onderkant van hierdie strook gevorm word.
- Gegradueerde spoellaag:
Hier word kwas nadat dit die eerst keer in verf gedoop is verder in water of in ander kleur gedoop sodat keur verander, b.v. ligter word of soos met ‘n sonsondergang gelydelik in ander kleur oorgaan.
Oef. 1
Maak papier nat , meng verf met water, kyk hoe versprei kleur. Doen oef. met meer as een kleur.
Oef. 2:
Soos oef. 1, meng nou 2 kleure met water, maak papier nat, wend eers 1 kleur aan, en dan 2de kleur. Kleure bloei in nat papier.
Oef. 3:
- Lê ‘n “wash” (spoellaag) : Gewone plat laag
- Doen nou ‘n gegradeerde laag, eers 1 met blou met water, laat kleur ligter word.
- Volgende gegradeerde laag met Viridian groen, hookers groen, en cadmium geel wat geleidelik in een vloei.

demonstrasie op die week se video
Oef. 4:
Lê ‘n spoellaag met geel verf, terwyl die verf nog nat is, verf 2 stroke in met cadmium rooi.
Verf weer ‘n spoellaag van geel, maar wag nou eers vir die verf om droog te word voor jou 2 stroke rooi oor verf.
Oef. 5:
Maak vir jou ‘n kleurkaart (Plaat 6) deur kleurstroke te verf van bo na onder en links na regs.Begin met ligte kleurekleure en werk deur al die kleure wat jy het. Skryf kleure se name by, hou hierdie kleurkaart byderhand as hulpmiddel om laag op laag te skilder as ook om kleure te meng.

Oef. 6:
Gebruik suiwer kleur in die middel, verf nou 9 blokkies, meng suiwer kleur met water na regs, en meng na klinks met ‘n ander kleur om skakerings te kry.
Doen oef. Met nog 2 kleure.
Oef. 7:
Meng van waterverf kan op verskillende maniere gedoen word. :
- Op palet..
Op palet: Meng altyd genoeg om oppervlak wat geverf moet word te bedek.
Toets eers op papier voor jy op kunswerk werk.
- Op Papier:
Op papier self: Laag op laag, een kleur op ander. : Nat = meng en bloei
Droog = meer voorspelbaar, bou kleur stadig op.
Werk altyd van lig na donker.
Hoe meer lae , hoe donkerder word die kleur:
- Dieselfde kleur in lae oor mekaar
2.Verskillende kleure in lae oormekaar of in gebloei.
“There will be new ideas in painting
and each idea will have a new technique”
Robert Henry
Tekstuur met behulp van Bitumen tegniek

Bitumen Tegniek
Om teksture te skep:
Daar is baie manier om tekstuur met verf te skep. Deur die oppervlak te verander voor verf aangewend word met “resist” tegniek of “texture gel”of Statex. Die verf kan ook verander word na dit op papier aangewend is.
Texture gel of Statex :
Verskillende soorte is beskikbaar en kan gebruik word om oppervlak voor te berei.
Verf bo-oor met akriel, olie of waterverf wanneer droog

Detail van boom se stam is gemaak met mengsel van wit akrielverf en texture paste, wat met paletmessie aangewend is.
Skraap met kaart:
‘n Goeie manier om met akriel tekstuur te verkry is om die verf met die kant van ‘n ou kredietkaart of stukkie harde karton aan te wend. Lyne kan ook so gedruk word deur die sykant in verf te druk en afdrukke op die papier te maak.
“Glad wrap”/kleefplastiek en “Bubble wrap”
Deur versigtig ‘n stuk “glad wrap” op ‘n nat gedeelte verf te plaas en met vingers te manipuleer kan spesiale tekstuur effek gekry word. Druk liggies en laat droog word. Verwyder “glad wrap” of “bubble wrap” en kyk net wat ‘n mooi resultaat jy so kan kry.
Gaasdoek
.Nog ‘n tegniek is om gaasdoek te gebruik, papier te bedek met die gaasdoek, wend verf aan, laat droog word. Verwyder gaasdoek .
Gaasdoek kan ook op canvas geplak word en vir tekstuur.

Tegniek is bedoel om jou te help, dit moet nie oordoen word nie, dit kan jou werk komplementeer, nie oorneem nie, en is dan deel van die geheel vir ‘n goed beplande projek.
BitumenTegniek
- Vir hierdie tegniek word die oppervlak (kan papier, karton, masonite, canvas, ens wees) eers met wit akriel toegeverf.
- Daarna kan die tekening met potlood op oppervlak gedoen word.Vir hierdie tegniek werk bome, blomme, geboue, ‘n deur of venster, dier/e, stillewe, enigiets waar jy met tekstuur kan werk.
- Vir die volgende stap word alle lyne en tekture met wit akrielverf baie dik aangebring.
- Gebruik ook kammetjies, sponsies, stempels ens. om tektsture in wit akriel aan te bring.
- Laat goed droog
- Verdun Bitumen met turpentyn en verf oor kunswerk met ou kwas.
- Verwyder van die Bitumen deur met ‘n lap, wattestokkie of half droëkwas oor van die geverfde dele te vee. Van die pigment bly in groefies van tekstuur agter, wat deel is van die kunswerk.
- Gebruik ook swart skoenpolitoer vir donkerder dele en wit akriel (vir “highlights” )vir ekstra effek.
If I create from the heart, nearly everything works, if from the head, almost nothing
Marc Chagall
Die hele idee met tegniek en tekstuur is dat dit jou kunswoordeskat verryk en jou dus beter in staat stel om jou emosies en gevoelens op doek uit te druk, weereens :gebruik dit om jou te help, nie om jou te hinder nie.
Wees so kreatief en eksperimenteel soveel as moontlik, probeer enigiets, sodat wanneer jy begin werk dit nie meer vir jou vreemd voel nie.
Oliepastelle kan baie meer gebruik word as wat algemeen aanvaar word. Ten spyte van die feit dat beperkte kleurkeuses beskikbaar is, het hul ander voordele. Onder andere kan verskillende make van olieverf saam aangewend word. Oliepastelle leer ons om werklik kleur waar te neem, b.v. is die groen wat ek sien ‘n blou/groen of ‘n geel/groen, is daar miskien iewers ‘n bietjie rooi by? Kleure word saam gemeng om die gewenste resultaat te verkry, dit word egter aanbeveel om nie meer as vier kleure saam te meng om die gewenste kleur te verkry, anders kan kleur helderheid verloor en modderig lyk.
Oliepastelle saam met Bitumen tegniek
Meng van oliepastelle:
- Oliepastelle kan direk saamgewerk word om kleur te skep, of met vingers of sagte lap gemeng en gesmeer word om sagter resultaat te verkry. Afhangende van die druk wat toegepas word kan allerlei resultate verkry word.
- Dan kan oplosmiddels soos terpentyn of “white spirit” ook gebruik word om kleure te vermeng. Oliepastelle kan met oplosmiddels gebruik word om ‘n “wash” effek te skep soos met ‘n olieverf skildery, waar kunstenaar ook van “lean to fat” sal werk.
- Met oliepastelle kan ook laag op laag opgebou word en kan oplosmiddel met ‘n varkhaarkwas aangewend word vir ‘n meer skilderagtige tegniek.
- Daar kan ook gebruik gemaak word van verdunde akriel onderlaag, waaroor die oliepastel dan aangewend word.
- Jy kan ook oliepastelle gebruik saam met olieverf op die oppervlak wat jy voorberei het om die Bitumen tegniek toe te pas.


Hatitude Kunsterapie projek met Hoed as tema
“Everywhere you hang your hat is home. Home is the bright cave under the hat.” Lance Morrow
‘n Hoed is ‘n lekker tema om mee te werk in ‘n skildery. ‘n Hoed gee vir jou outoriteit en vertel dikwels meer oor jou beroep of selfs status.
Byvoorbeeld ‘n kroon, vir ‘n koning of koningin. ‘n Sjef hoed vir die persoon wat heerlike disse optower in ‘n restaurant se kombuis. Of ‘n brandweerman se helm, en polisieman se hoed, dadelik verleen dit mag en weet jy waarvoor die persoon staan.
Vir hierdie kunssessie werk ons met ‘n hoed, Jy kan dit versier met blomme, vrugte, veertjies of paddastoele, of enigiets anders wat vir jou spesiale betekenis het.
Hou die volgende in gedagte wanneer jy die hoed van jou keuse skilder.
Jy is ‘n koningskind, jy is geskape na God se beeld.
God has found a face in you that portrays Him more beautifully than the best theology!
Your features,
Your touch,
The cadence of your voice,
The compassion in your smile,
The warmth of your person and presence unveil Him!
Live consistent with who you really are, inspired by the loving kindness of God.
God is calling each one of us to be a living expression of His love and kindness. We are called to love the broken until they understand God’s love and experience Him for themselves, to be a vessel for His mercy and grace.
You are his address; you are his real estate.
Philipians 1:6 God will complete the good work that He started in you.
The Light of God surrounds me
The Love of God enfolds me
The Power of God protects me
The Presence of God watches over me
Wherever I am God is!
Tekstuur:
Vir die hoed gebruik ons spesiale tegniek soos gewys in die video om dit soos ‘n strooi hoed te laat lyk. Tekstuur gee lewe aan ‘n skildery, dit laat jou onderwerp werklik lyk. Tekstuur help om ‘n klip glad of grof te laat lyk, vrugte lyk ryp en sappig, kristal en glas weerkaats lig en skitterende kleure. Tekstuur gee karakter aan ‘n onderwerp, dit dra by tot die storie wat die skildery vertel.
Tegnieke kan ook baie tyd spaar en uit die verskillende maniere en tegnieke kan jy kies wat die beste by jou onderwerp en persoonlike styl pas. Tegniek is bedoel om jou te help, dit moet nie oordoen word nie, dit kan jou werk komplementeer, nie oorneem nie, en is dan deel van die geheel vir ‘n goed beplande projek.
Wenk: Dit is handig om tegnieke op verskillende oppervlaktes en kleure te toets, maak nota’s en bêre in lêer vir toekomstige gebruik.
Die hele idee met tegniek en tekstuur is dat dit jou kunswoordeskat verryk en jou dus beter in staat stel om jou emosies en gevoelens op doek uit te druk, weereens :gebruik dit om jou te help, nie om jou te hinder nie.
Kleure en hul betekenis:
Soms is dit interessant om te gaan kyk of daar betekenis is,in die kleure wat jy spontaan gekies het om te gebruik.
Blou: Harmonie, vrede, stilte, geduld, teenwoordigheid van die Heilige Gees, genesing, edelmoedig, ontspanning
Cinnamon: restoration, fragrant smell, provoking, holiness of heart
Swart: hartseer, rou, verwerping, sofistikeerdheid, elegansie, skadu, rebellie, depressive, trauma Black: sorrow, mourning, rejection, sophistication, elegant,shadow, rebellion, prestige, terror,depression
Bruin: kalmte, huislik, profeties, nederig, bemoediging, tradisie
Pers: outoriteit, koningskap, majestieus, edelmoedig, koninklike priesterskap, wysheid, sofistikasie, vergifnis,
Groen: raadgewer, nuwe lewe, genesing, voorspoed, groei, vrede, vernuwing, lofprysing, rykdom, profetiese kleur, vrugbaarheid
Goud: glorie, kennis, prysenswaardig, waarheid, heiligheid, guns, ewige lewe, koningskap, Christus se hemelse karakter, verfynde/ ontwikkelde gees
Grys: kwesbaar , hartseer
Rooi: Gees van God, wysheid, mag, profetiese salwing, lewe, eer, moed en dapperheid, edelmoedig in oorlogvoering, gebed, evangelis
Oranje: optimisties, wysheid, sterkte en voorspoed, eer, gesalfde/ talentvol, entoesiasme, vrugbaar, geseënd, volledigheid
Pienk: romanse, vroulikheid, ontspanne, warmhartig, saggeaard, waardering, vermeerdering, Christus is jou eerste liefde,
Geel: Blydskap, entoesiasme, vriendskap, passie, teenwoordigheid van God, hoop, viktorie, glorie, salwing van die Heilige Gees.
Wit: onskuld, perfek, herstel, Heiligheid, viktorie, neutral, soos Christus
We tend to forget that happiness does not come as a result of getting something we don’t have, but rather of recognizing and appreciating what we do have
Frederich Koenig
Keep love in your heart. A life without it is like a sunless garden when the flowers are dead
Oscar Wilde

Portrette Realisties of Alternatief?
Veral in die begin is mens geneig om jou sukses of mislukking as kunstenaar te meet aan die akkuraatheid waarmee jy ‘n replika kon maak van dit wat jy in die natuur sien. Dit is belangrik om van die werklikheid af te werk, om jou gevoel vir ruimte en persepsie te ontwikkel sodat jy getrou kan weergee wat jy waarneem. Om realisties te kan werk is dus vir jou belangrik in die begin. Soos met ‘n taal wanneer jy vorder van grammatika en woordeskat na kreatiewe sinsbou en beskrywings, kan jy ook met skilderkuns vorder van net oefeninge wat jou visuele en handvaardigheid verbeter tot meer opwindende projekte. Dit is dan waar jy meer alternatief iets benader,
Jy leer om te redigeer, deur weg te laat, by te voeg, te vergroot, kleur te verander om beter by geheel te pas en om uniek te werk.
Maak dus meer as een oefenskets voor jy met ‘n groot skildery begin. Maak ook nota’s en kleurmonsters.
Wanneer dit by portrette kom, kan jy dit ook anders benader, en kan jy van die werklikheid (realisties) afwyk en met simbole werk. (alternatief) Of jy kan ‘n portret kombineer met ‘n mooi aanhaling of gedig.

Oefening : Skaduportret
- Maak ‘n silhouette tekening , gebruik ‘n sterk lig, laat iemand in die ligbron staan sodat skaduwee vorm op die muur.
- Plak papier op die muur en “trace” die skadu van iemand af.
Vul die deel waar die hare is met vrolike voëltjies, blomme en patrone

Henry Moore wat ‘n beeldhouer was, het eendag sommer gespeel met klei, en soos wanneer ons net krabbel, het hy dit ontwikkel in ‘n Koning en Koningin. Sien foto onder. Volgende keer wanneer jy net krabbel, kyk of jy diet nie kan verwerk, hetsy iets realisties of alternatief, en geniet die skeppingsproses, van iets wat vorm kry en ontwukkel, en uiteindelik ‘n volwaardige kunswerk word.

Henry Moore se Koning en Koningin
Felix Gonzales-Torres se Portret van Ross,sy oorlede vriend is verrassend anders en alternatief, en die hartseer van die verlies en heengaan van sy vriend Ross word verander deur die hoop sjokolade wat hy deel met die besoekers by die galery, wat maak dat die mooi herinneringe nog lank na Ross se sterwe bly voortleef.

Felix Gonzales-Torres se Portret van Ross
Teken soos die Ou Meesters
Die drie-crayon tegniek wat deur die Renaissance kunstenaars algemeen gebruik is, help om die noodsaaklike elemente in elke onderwerp waar te neem. Miskien is die tegniek nuut vir jou, maar hierdie eenvoudige tegniek is al eeue in gebruik en word nog steeds deur kunstenaars hoog aangeskryf.
Om te teken bly altyd voordelig, dit kan ‘n voorstudie wees om gedagtes en beplanning op papier te kry, of as die basis vir ‘n skildery. Met slegs drie kleure pastel of crayon, (drie-crayon tegniek) en gekleurde papier kan ‘n wye verskeidenheid toonwaardes verkry word, warm en koud. Die drie kleur metode kleure wat tradisioneel gebruik is, is swart, wit en terra-cotta of oranje-rooi. Die kleure gee ‘n verbasende ryk verskeidenheid van effekte

‘n Interpretasie van ‘n 18e eeuse rok wat deel is van ‘n kostuum versameling,wat die veelsydigheid van die tegniek demonstreer op donker room papier.
Historiese agtergrond:
Tekeninge het ‘n belangrike rol gespeel in die kuns van die 15e en 16e eeu. Nie net as ‘n basis vir skilderye nie, maar ook om ontwerpe vir juwele, altaarstukke, borduurwerk, houers vir allerlei benodigdhede ens. vir voornemende kliënte te wys.
Leonardo da Vinci, Michelangelo en Bellini het almal leer teken deur kopië te maak van hul leermeesters werk in die verskillende studios.
Leonardo se tekeninge en sketse wat hy later gemaak het met die drie-crayon tegniek word beskou as kunswerke in hul eie reg. Vroeë tekeninge is gemaak met silwerpunt, houtskool in verskillende grade van hardheid is ook gebruik sedert die 1500’s.
Die eerste natuurlike kryte was uit grond gemaak, wit, swart en sommige ander kleure, gemeng met ‘n bindmiddel. Rooi kryt het bekend gestaan as sanguine as gevolg van die rooi kleur soos bloed, en neig gewoonlik meer na terra-cotta rooi as suiwer rooi.
In die 14e eeu is ligte kleur papier gebruik en teen die 16e eeu was daar ‘n verskeidenheid van ligte bloue, groene, beiges, gryse en pienke gebruik wat ‘n gevoel van spasie en volume geskep het in ‘n tekening, veral waar die kryt met ink en gouche gekombineer was.
Rooi kryte was veral baie gebruik vir sketse van werklike modelle in die 18e eeu, met veral mooi werke deur die Ou Meesters Watteau, Fragonard , Rubens en Rembrandt. Dit is die moeite werd om ook te probeer en op verskillende kleure papier te werk ten einde die beste resultate te verkry.
Drie crayon tegnieke:
Wanneer die drie kleure saam gebruik word (drie-crayon tegniek), gee dit ‘n ryk en lewendige effek. Die tegniek stel jou in staat om vry en vinnig te werk en so ‘n oomblik vas te vang, met ‘n landskap of ‘n figuur. Die tegniek werk ook goed vir stillewes en blomme, vir tekeninge wat voorstudies is vir skilderye of vir tekeninge wat kunswerke in eie reg is.
Die variasies van rooi alleen, swart en wit, rooi/wit en rooi/swart en al drie saam is gebruik sinds 1500 en gee ‘n meer vryer en moderne gevoel aan ‘n tekening dan wat voor die tyd die geval was. Sommige kunstenaars gebruik die kruis-arsering tegniek, ander soos Gainsborough het die kryte met pen- en ink gekombineer, wat ‘n spesiale treffende effek aan ‘n kunswerk gee.
Toets en Improviseer:
Soms verkies mense ‘n meer “netjiese” medium soos grafiet potlood, ook omdat dit maklik uitgevee kan word. Maar moenie oor die meer permanente aard van kryt bevooroordeeld wees nie.
Deur die nuwe en ander tegnieke te leer ken en gebruik kan jy as kunstenaar groei, dit sal jou help om die noodsaaklike elemente van jou onderwerp beter waar te neem en om beslissings te neem oor kleur waardes. Jy sal ook vind dat hul baie meer ekspressief gebruik kan word as ‘n gewone grafiet potlood.
Die medium waarin ons werk het ‘n groot invloed op die boodskap wat ons wil uitdra in ons kunswerk, en dit is goed om verskillende materiale en metodes te toets en te improviseer. Probeer om nuwe en ander dinge met jou materiaal te doen, jy sal vind dat wanneer jy spontaan ‘n idee of gedagte kry en daarmee werk die resultate dikwels verbasend is, en ‘n hele nuwe klomp moontlikhede oopmaak.
Dit is beter om op A3 grootte papier te werk, sodat jy vry en sterk bewegings kan maak.
Wanneer jy teken is dit belangrik om nie te probeer om ‘n foutlose imitasie van die natuur af te teken nie, maar probeer eerder om te analiseer en ‘n interpretasie van die natuur te doen. Dit sal ‘n beter werkstuk oplewer.

Gebruik hierdie skets van Albrecht
Dürer om die drie-crayon tegniek te oefen in jou sketsboek.
Praktiese wenke:
- Jy sal daarby baat om op verskillende kleure papier te werk. Koel bloue en gryse sal die rooi kryt se aard beïnvloed, donker papier wat bruin is kan doen met ‘n bietjie rooi en blou vir die mees dramatiese resultaat.
- Dit help om met die rooi kleur te begin teken. Doen dit op wit of gekleurde papier. Gebruik gerus Contè potlode
- Houtskool potlode kan ook gebruik word.
- Canson papier is ‘n goeie keuse, vir die tekstuur en die kleure beskikbaar, maar enige ander oppervlak wat effens grof is kan ook werk, b.v. suikerpapier of geskenkpapier.
- Vir fyn werk kan die drie crayons vervang word met drie potlode van enige soort.
Oefening 1:
Maak ‘n studie van verskillende kleure papier en die drie-crayon tegniek. Gebruik verskillende tegnieke soos arserings, weeftegnieke, “doodle” ens. Plak in lêer vir referensie.
Oefening 2:
Kies kleur papier van eie keuse en doen eenvoudige stillewe van vrugte op bord met drie crayon metode.
Oefening 3:
Kies onderwerp van eie keuse en papier van eie keuse en doen volledige tekening met drie-crayon tegniek
Oefening 4:
Kies foto van interessante gebou, deur, of straat met geboue en doen werkstuk met pen- en ink, voltooi met drie-crayon tegniek
Bron: Drawing like the masters, June Lisle , The Artist October 1999, bl. 28 -30
Every door is another passage,
Another boundary we have to go beyond.
Rumi

Wanneer houtskool tegnieke toegepas word is ‘n deur die ideale onderwerp om te oefen.
“We keep moving forward, opening up new doors and doing new things, because we’re curious…”
Dit is een van die wonderlikste dinge met van skilderkuns, altyd Iets nuut om te probeer!
And curiosity keeps leading usdown new paths. (Walt Disney),
Bly dus oop vir nuwe tegnieke en kunsprodukte.
” Be an opener of doors”
(Ralph Waldo Emerson)
Houtskool is een van die oudste mediums wat steeds beskikbaar is vandag, dit is maklik om te gebruik en kan gebruik word
om spontaan en ekspressief te werk. Houtskool word aanbeveel vir studies van werklike onderwerpe, want dit is maklik
om te korrigeer. Dit is ‘n goeie medium want jy werk gemaklik, groot en spontaan met houtskool.
Om in houtskool te werk kan ook help om die werk as ‘n geheel te sien en nie te veel verlore te raak in klein detail nie.
‘n Verskeidenheid van toonwaardes kan met houtskool geskep word.
Dit is dus ‘n goeie idee om jou toonwaardes te oefen met ‘n paar houtskool projekte. Hou ook in gedagte dat jy met houtskool stokkies nie die fyn detail kan doen, soos wanneer jy ‘n potloodskets doen nie. Jy kan wel houtskool potlood gebruik asook ‘n blender se fyn rubber punt. Onderwerpe soos portrette, skoene, stillewes, geboue en landskappe, bome en blomme, almal leen hulle uitstekend vir toepassing van houtskool en die tegnieke wat jy in die week se video leer.
Houtskool word van gebrande wilgertakkies gemaak en is verkrygbaar in verskillende diktes en hardheid. Vir meer presiese werk en fyner detail kan houtskoo potlode gebruik word.
Houtskool werk goed op enige tipe papier met tekstuur,soos pastelpapier, waterverfpapier, asook handgemaakte papier, maar moet liewer nie op glans of gladde papier gebruik word nie
Oefening 1
Voordat jy begin met ‘n skets, doen eers ‘n paar oefeninge soos hieronder beskryf sodat jy aan die medium gewoond kan raak, en jy kan sien watter effek jy met houtskool kan kry.
Teken reghoeke en gebruik houtskool so:
Vul in met los sagte lyne, begin in een hoek werk en vuldie hele vlak in.
Maak lyne met die punt van houtskoolstokkie.
Vorm lyne met die plat kant van houtskool.
Doen lyne wat oorkruis (arsering).
Maak lyn met plat kant, “smudge”een kant van lyn met kwassie om sagtefluweelagtige effek te kry. Om
ligter te maak, vee weg.
Gebruik plat kant van houtskool, maak ligte merke deur prestic te vorm en in houtskooldele te druk sodat
deeltjies lig en ‘n ligter merk laat, bv krale, of hare van ‘n snor.
Werk laag op laag en spuit met fixatief.
Eksperimenteer.
Houtskool kan met potlood, waterverf en pastelle gekombineer word.
Jy kan ‘n agtergrond vul met waterverf en die detail bo-oor doen met houtskool.

Met houtskool kan sterk kontras tussen lig en donker verkry word. Jy kan realisties of abstrak werk.
Kunsklas projek met houtskool: Deur
Wat het jy nodig:
A3 Papier
2B Potlood
Houtskool stokkies en/of Houtskool potlood
Wattestokkie/ blender
Kwassie, tissue, prestic
Fixatif
Metode:
Skets basiese vorm van deur liggies met potlood
Werk vry hand vir meer spontane resultaat.
Begin om lig en donker af te wissel,gebruik houtskoolstokkie wat so breed is soos ‘n breë plat kwas.
Werk laag op laag, en gebruik’n kwassie om die lyne te versag.
Gebruik ook tissue of sagte lap om oor jou werk te vee. Dan begin jy met volgende lag en versag dit. Herhaal
die proses.
Wanneer jy foto’s as referensiemateriaal gebruik is die foto ‘n gidslyn, moenie slaafs ‘n kopie maak nie.
Begin om fotomateriaal te versamel van deure en vensters vir latere gebruik in skilderye.
Om houtskool in ‘n sketsboek te gebruik: Persoonlike Visuele Dagboek
Om houtskool ‘n sketsboek te gebruik is ‘n goeie idee wanneer jy meer wil teken en skilder.
Dit is onmisbare gewoonte wanneer jy jou eie styl wil ontwikkel, om gereeld alles wat jou interesseer te skets.
Dit is ‘n goeie idee om in die gewoonte te kom om ‘n sketsboek saam met jou te dra,gebruik dit om enigiets te skets wat jou oog vang. ‘n Skets kan onopsigtelik in ‘n paar minute gedoen word. Jy kan mense by die werk skets, of mense wat in ‘n park of
winkelsentrum rondstap. Mense wat kuier by ‘n koffieplek of restaurant. Vra gerus vriende en familie om vir jou te poseer. Om portrette te skets is pret en hoe meer jy kan oefen, hoe beter. Jy kan ook tyd neem en verskillende
landskappe, geboue of diere skets. Die moontlikhede en idees is te veel om op te noem

“Painting is like life, If you get your values right,
The rest is easy.”
“Painting is like life,
If you get your values right,
The rest is easy.”
Van al die grondbeginsels is toonwaardes die heel belangrikste. As jy toonwaardes kan bemeester is jou kans om ‘n suksesvolle skildery te maak soveel beter.
Die beginsel is eenvoudig en wanneer jy dit verstaan sal jy nooit weer dieselfde na ‘n foto of skildery kyk nie, want dan het jy geleer om in vorm en vlakke te van lig en donker te kan sien.
Toonwaardes word gebruik met perspektief, dit help om illusie van diepte in skilderyte skep. Toonwaardes is deel van hoe om kleure te meng en te gebruik. En toonwaardes help om vorm aan verskillende onderwerpe te gee.
Wanneer daar nie ‘n variasie van toonwaardes in ‘n kunswerk is nie, werk die kunswerk nie. Daar is ‘n verskil tussen variasie in kleur en variasie in toonwaarde.
Variasie in toonwaarde beteken om dieselfde kleur te gebruik, maar in verskillende tinte en skakerings.

Koffiekuns is ‘n prettige manier om toonwaardes te oefen.
In die fokus punt sal hoë toonwaardes gebruik word, en sterk kontras tussen lig en donker. Met ‘n landskap sal in die agtergrond lae toonwaardes gebruik word om die illusie van diepte te skep. Dieselfde beginsel word gebruik met stillewes en portrette.
Variasie in die intensiteit van lig veroorsaak lig en skadu. Toonwaarde verwys na ‘n spesifieke variasie van lig en skadu. Die toonwaardes varieer van lig tot donker en kan in ‘n skaal ingedeel word. Byvoorbeeld nr 1 die heel ligste kleur tot by nr 9 die heel donkerste kleur. Daar is honderde skakerings van gryse, van wit tot by swart, maar vir praktiese doeleindes beperk ons die aantal wat ons in ‘n skildery/skets gebruik.
Dit is noodsaaklik om toonwaarde te verstaan. Dit help nie om te kyk na toonwaardeskaal en te sê jy snap dit, dit is belangrik om te observeer en te leer om kleurvlakke te kan vertaal in toonwaardes. Deur toonwaardes te gebruik lyk jou
skildery drie-dimensioneel. Daarom help dit jou om daaroor meer te leer en gee dit vir jou ‘n goeie basis.
Die manier hoe lig visueel die onderwerp beïnvloed, skudu en ligvlakke skep is wat ons toonwaardes noem.
Oefening:
Maak vir jou ‘n toonwaarde skaal. Druk gaatjie in elke vlak. Gebruik dit om jou kunswerk se toonwaardes mee te evalueer.
Is jou donker dele donker genoeg?
Is daar genoeg kontras tussen lig en donker in die fokuspunt?
Het jy van die ligte dele verloor?
Is al die toonwaardes in die selfde kategorie?
Met die toonwaarde skaal is dit maklik om foute op te spoor.
Hoe kan jy toonwaardes makliker sien?
1. Maak jou oë skrefies. So word lig en donker dele beklemtoon.
2. Gebruik jou foon of digitale camera en neem ‘n swart/wit foto.
3. As jy van gewone foto uit ‘n tydskrif werk kan jy ‘n swart/wit fotostaat maak.

Swart / wit foto help om beter die toonwaardes te kan onderskei
Wat beteken hoë en lae toonwaardes?
Ons praat eerder van hoë en lae toonwaardes as van lig of donker. Wanneer die ligte toonwaardes dominant is in ‘n skildery is dit in hoë toonwaardes geskilder. So kan jy ook kleure in intensiteit vergelyk. Bruin se toonwaarde is laer as geel s’n. Rooi se toonwaarde is hoër as pers. Deur wit by ‘n kleur te voeg word die toonwaarde hoër, word die kleur ligter en noem ons dit ‘n tint. Deur swart by te voeg word die toonwaarde laer, die kleur donkerder en noem ons dit ‘n skakering. Om kleure se toonwaardes te verlaag kan die komplementêre kleur ook gebruik word.
Hoe kan jy dit oefen om dit beter te verstaan?
• Gebruik slegs gryse in verskillende toonwaardes en doen ‘n paar klein sketsies van verskillende onderwerpe, landskap, stillewe, portret.Werk met 2B, 4B en 6B potlode.
• Gebruik ook houtskool om grys toonwaardes te oefen.
• Ink, koffie en waterverf kan ook gebruik word vir verskillende oefensketse.
• Maak ‘n paar skilderye slegs in swart, wit en grys of gebruik ‘n monochrome palet. Dit gee vir jou geleentheid om onderwerp, komposisie, vorm en toonwaarde te oefen.
Lig en skadu:
Om lig te sien het ons skadu nodig. Lig en skadu komplementeer mekaar. Hulle kan nie sonder mekaar nie. Hoe sterker die kontras, hoe skerper die lyn tussen lig en skadu. As daar minder kontras is sal die lig nie helder lyk nie.
Oefening:
Let op na skaduwees in verskillende lig variasies en omgewings. Kyk na die wolke in ‘n helderblou sonnige lug, probeer om die verskillende toonwaardes te sien. Kyk na ‘n swart fluweel lap en probeer lig en skadu dele identifiseer
Watter oefeninge kan jy doen om kreatiwiteit te bevorder?
Aktiwiteit: Teken met twee hande:
Doen ‘n tekening van een of twee blomme terwyl jy in elke hand ‘n potlood vashou. Laat al twee hande saam beweeg, volg die lyne en vorms van die blomblare en stingels. Doen hierdie oefening so dikwels as wat jy kan. Dit is ‘n baie goeie manier om die kreatiewe regterbrein ‘n “jump start” te gee.

Aktiwiteit: Een minuut tekeninge:
Teken in jou joernaal 6 klein raampies op ‘n bladsy, doen dit sommer vry hand, nie nodig vir liniaal nie. Elke raampie kan ongeveer 5 x 5 cm groot wees met 2B potlood geteken.
Nou is jy gereed om elke blokkie te vul met wat ook al jou oog vang.
Vir ‘n opwarmoefening kan jy ‘n paar 30 sekondes sketsies doen. Kyk meer vir jou onderwerp dan vir die papier waarop jy werk. Werk vinnig, sonder te veel detail, hoe meer jy oefen hoe beter begin jou sketse word. Onthou om nie jou werk te kritiseer nie, teken dikwels, teken vinnig.
Gebruik ook soms balpuntpen, viltpenne of ander tekengereedskap en kleure. Jy kan ook gedeeltes van jou sketse inkleur.
Aktiwiteit: Oopbladsy formaat:

Pretbladsy in visuele dagboek
Op hierdie bladsy doen jy klein sketsies na willekeur, nie in netjiese raampies nie, hulle kan selfs oorvleuel. Die perspektief kan ook afgewissel word, nie nodig om alles van dieselfde hoek af te skets nie. Doen byvoorbeeld ‘n bladsy sketse van jou troeteldier, blomme in jou tuin, skoene, groente in jou groenterak.Jy kan ook foto’s plak, of teesakkies en ander interessante items byvoeg.
Aktiwiteit: Vat jou sketsboek saam wanneer jy eet:
Jy kan elke dag vir ‘n week lank gou ‘n sketsie maak van jou ete elke dag, of jou lunchbox. Skryf by wat die gereg was, Bon Appetit!

Neem jou sketsboek saam wanneer jy gaan eet.
Aktiwiteit: Eksperimenteer met ‘n nuwe medium om jou kreatiwiteit te ontwikkel.
So ontdek ons toe alkohol ink….In die nuusbrief is die skakels vir die video’s oor Alkohol ink. Wat ‘n lekker manier om te speel met kleure en tegnieke!

Kleurvolle abstrakte eksperiment met alkohol ink
Aktiwiteit: Idees om te gebruik vir kreatiwiteitsjoernaal
Binne 15 minute kan jy ‘n bladsy in jou joernaal vul. Dis nie nodig om net prentjies te maak nie. Gebruik jou potlood of pen, skryf, krabbel of teken spontaan wat by jou op kom. Gebruik verskillende kleure penne om verskillende emosies uit te beeld.
- Skryf nota’s aanjouself
- Maak lysies met idees en projekte
- Gebruik ‘n bladsy vir boeke wat jy besig is om te lees.
- Maak ‘n lysie van jou gunstelingmusiek
- Kopiëer verskillende inspirerende aanhalings
- Doodle en teken
- Skets in die plek waar jy jou bevind
- Beplan ‘n projek of tema
- Doen van die aktiwiteite soos voorgestel in die nota’s
Aanhalings kan ook as tema werk in jou Visuele dagboek en dien as inspirasie
Kreatiwiteit is soos ‘n reis van selfontdekking.
Begin die reis deur jouself te vra:
- As ek ‘n tydjie het vir myself, wat geniet ek die meeste om te doen?
- Watter omgewing is die beste vir my kreatiwiteit ?
- Watter tyd van die dag is die beste tyd om produktief te wees?
- Wat motiveer my om ‘n kreatiewe projek aan te pak?
- Op watter manier vloei my kreatiwiteit die maklikste, skryf, skilder, dans, musiek?
Doen ‘n persoonlike studie van wat jou as kunstenaar inspireer en motiveer. Dit kan enigiets wees soos b.v. kleure, musiek (luister of self ‘n instrument bespeel), teksture, die natuur, verhouding met God, verhouding met ander mense, stap, fietsry, swem of dans, letterkunde, kos maak, tuin maak, stilte ens. Begin ‘n lêer met alles wat vir jou inspirerend is en hou aan om jou versameling aan te vul.
Hoe ons fisies en geestelik voel kom uit in die kunswerk wat ons maak, bewustelik of onbewustelik. As ons dit eers weet, en daar aan werk om onsself beter te leer ken, kan ons die kennis gebruik om ons werk uit te brei en te verbeter.
Probeer om nie altyd volgens die reëls te werk nie, maar om saam te werk met dit wat gebeur in jou komposisie en inhoud van jou werk. Dan werk jy nie angstig en gespanne nie, maar met vreugde en vryheid. Om dit te kan reg kry help dit as jy die tipe gawes wat jy het verstaan, dit kan jou help om ‘n kreatiewe deurbraak te kry.
Ons elkeen het ‘n unieke manier waarop ons inligting verwerk, elk het intelektuele gawes wat dan op ‘n spesiale manier gekombineer word en ook op ‘n unieke manier uitgedruk word.
Bronne: The New Creative Artist deur Nita Leland, Art Escapes deur Dory Kanter