Week 14 Koperpot met Rose / Paletmes tegniek

Koperpot met Rose – Paletmes tegniek

IMG 20220425 095137 » Week 14 Koperpot met Rose / Paletmes tegniek » Helena van der Nest-Strijdhorst

Koperpot met Rose

There will be new ideas in painting and each idea will have a new technique”
Robert Henri

Rose bly van die mooiste blomme om te skilder, en veral wanneer die paletmes gebruik word, is die
eindresultaat baie treffend met die duidelike teksture. Hierdie skildery is alla prima geskilder. Die
agtergrond is eerste gedoen met ‘n kwas. Dis beter om jou agtergrond met akriliese verf te doen in ‘n donker kleur vir mooier resultaat. Jy kan dan verder werk met olieverf of met akriliese verf.

  • Om die koperpot te skilder gebruik jy wit, chrome yellow, yellow ochre, raw sienna, burnt sienna.
  • Teken eers die vorm van die pot, en werk dan van binne na buite. Begin dan met wit streep in die middel van die pot,en werk dan van binne na buite deur wit in die middel, dan aan weerskante met geel, yellow ochre, raw sienna, en burnt umber of sienna kleur aan te bring.
  • Doen ook die vermenging van kleure met waaierkwas op die gedeelte  onder die pot.
  • Daarna voeg jy al die ander kleure aan weerskante van die wit streep op die pot en onder die pot aan, soos jy sien in die demonstrasie video.
  • Gebruik dan ‘n waaierkwas om die kleure te meng, sodat dit lyk soos koperpot wat glans.
  • Doen dieselfde met waaierkwas op oppervlak onder die pot.
  • Vir skaduwee wend jy donkerblou aan op die kante en ook op die oppervlak onder die pot.
    Daarna is die detail van die rose, blare met paletmes aangebring.

Om met ‘n paletmes te skilder verg bietjie oefening, jy kan eers op karton probeer tot jy voel jy verstaan hoe die tegniek werk.

 

 

IMG 20201123 133337 » Week 14 Koperpot met Rose / Paletmes tegniek » Helena van der Nest-Strijdhorst

Detail van roos met paletmes geskilder.

Daarna kan jy begin om die rose te skilder, gebruik die paletmes en hou dit half skuins teen ‘n hoek.

Gebruik ‘n donkerder kleur  en maak eers ‘n silhouet, en doen dan die ligter dele met ‘n ander kleur of ligter skakering. Byvoorbeeld wynrooi monder met pienk gedeeltes wat ligter is, of donkerpers onder met lila ligter gedeeltes. Oranje rose met ligter gedeeltes wat geel is kan ook baie mooi lyk saam  met die kleure van die koperpot.

Vir die blare gebruik jy die paletmes plat en wend dan groen, geel en blou verf aan om verskillende blare te maak. Vir die stingels gebruik jy die sykant van die mes, druk dit in groen verf. Werk met verskilllende kleure groen en sorg vir kontras, groot en klein blare, fyn takkies met blare en hou jou werk so interessant om na te kyk. sorg vir afwisseling.

Roosknoppies kan jy maak deur die voorste punt van die paletmes gebruik om liggies ‘n knop mee te maak. Rond die roosknoppies af met groen blaartjies en ‘n stingel, dit kan nie net los in die lug hang nie.

Om die skildery klaar te maak kan jy laventel, wit magrietjies of klein blou blommetjies ook byskilder. Vir volledige demonstrasie kan jy die video wat saam met die les kom kyk. Dit lyk ook mooi as jy met wit verf en ‘n tandeborsel om en oor jou koperpot blommerangskikking fyn spatsels maak om die eindresultaat ‘n bietjie te versag.

IMG 20230418 145323 » Week 14 Koperpot met Rose / Paletmes tegniek » Helena van der Nest-Strijdhorst

Voorbeeld van Koperpot met Rose en Laventel

Variasies: Noudat jy geleer het om ‘n koperpot te skilder, kan jy jou eie variasies op die tema maak. Jy kan ‘n koperkan in die vorm van koffiepot, teepot, outydse keteltjie of teepot skilder.  Gebruik ander blomme soos kosmosse, sonneblomme, gekleurde papawers, of net pragtige bloeisels , takke met bessies, of herfsblare om jou koperpot mee te vul.

IMG 20230418 145401 » Week 14 Koperpot met Rose / Paletmes tegniek » Helena van der Nest-Strijdhorst

In hierdie skildery is warm kleure gebruik om die koperpot te komplementeer.

 

Kunsklas Helena van der Nest Tema Perspektief Vissershuisie

Kunsklas Helena van der Nest Tema Perspektief Vissershuisie

Goeiedag,

Kunsklas tema is ‘n visserhuisie, deels om perspektief prakties toe te pas, en ook om tegelykertyd waterverfpotlode op verskillende maniere te gebruik. Jy kan natuurlik ook olieverf, akriel of net waterverf gebruik vir hierdie onderwerp.

Druk op die skakel om vir meer idees en inspirasie by my blog:

Week 10 Vissershuisie/ Perspektief/ Waterverfpotlood

Video vir hierdie week se YouTube skakel:

Geniet dit en wees verrassend anders

Helena

Waterverf 4 Super idees vir Inspirasie met Negatiewe spasie

Decorative image for use of negative space

Voorbeeld van Negatiewe spasie tegniek wat in agtergrond gebruik is

 

Inspirasie vir waterverf tegnieke: 

Sonder inspirasie sal jou werk nie impak maak nie, en gaan jy sukkel om jou werkstuk klaar te maak. ‘n Manier om meer vry en met inspirasie te kan werk is om die negatiewe spasie tegniek te gebruik. Die rede hiervoor is, omdat jy self nie altyd weet wanneer jy begin werk, wat jy alles in die agtergrond gaan raaksien, wat jy met die negatiewe spasie tegniek deel van die skildery kan maak, om dit baie interessante effek te gee.

Kom ons kyk na ‘n paar tegnieke waarmee jy ‘n kunswerk kan begin:

Waterverf Tegnieke vir Inspirasie:

Negatiewe spasie

Nat kwas op droë papier

Nat-in –nat

Droë kwas op droë papier.

 

Metodes om verfpigment op papier aan te wend:
  • Verf kleur in “washes”
  • Drup op nat oppervlak, versprei met nog water
  • Stippel, tik of maak strepe met kwas.
  • Rol dit op met rolbeweging van kwas
  • Spat of spuit dit op, ens.

 

 

“Wash laying”vir negatiewe spasie tegniek

Om pigment oor papier te laat vloei en droog te laat word.

  1. Plat spoellaag/ “wash”:
    • Berei genoeg verfpigment voor vir hele oppervlak
    • Maak papier nat met groot plat kwas of spons
    • Wag tot papier nie meer blink van water nie
    • Hou bord effens skuins op.
    • Gebruik redelike groot kwas.
    • Spoel kwas in water en verwyder meeste water deur kwas aan lap af te vee.
    • Doop in verf en wend aan op papier, werk met gelyke kwasstroke van boonste hoek van links na regs,(aan onderkant moet ‘n dammetjie vorm). Doop weer in verf en verf volgende strook, laat effens oorvleuel met vorige een, sodat dammetjie nou weer aan onderkant van hierdie strook gevorm word.

 

 

 

 

  1. Gegradueerde spoellaag om te gebruik vir negatiewe spasie tegniek:

Hier word kwas nadat dit die eerst keer in verf gedoop is verder in water of in ander kleur gedoop sodat kleur verander, b.v. ligter word of soos met ‘n  sonsondergang  gelydelik in ander kleur oorgaan.

 

Oef. 1

Maak papier nat , meng verf  met water, kyk hoe versprei kleur. Doen oef. met meer as een kleur.

 

Oef. 2:

Soos oef. 1, meng nou 2 kleure met water, maak papier nat, wend eers 1 kleur aan, en dan 2de kleur. Kleure bloei in nat papier.

 

Oef. 3:

  1. Lê ‘n “wash” (spoellaag) : Gewone plat laag
  2. Doen nou ‘n gegradeerde laag, eers 1 met blou met water, laat kleur ligter word.
  3. Volgende gegradeerde laag met Viridian groen, hookers groen, en cadmium geel wat geleidelik in een vloei.

Oef. 7:

Meng van waterverf kan op verskillende maniere gedoen word. :

  1. Op palet..

Op palet: Meng altyd genoeg om oppervlak wat geverf moet word te bedek.

Toets eers op papier voor jy op kunswerk werk.

 

  1. Op Papier:

Op papier self: Laag op laag, een kleur op ander. : Nat = meng en bloei

Droog = meer voorspelbaar, bou    kleur stadig op.

 

Werk altyd van lig na donker.

Hoe meer lae , hoe donkerder word die kleur:

1.Dieselfde kleur in lae oor mekaar

2.Verskillende kleure in lae oormekaar of in gebloei.

Nat-in-Nat agtergrond om te gebruik vir Negatiewe spasie 

Daar is verskillende maniere om ‘n skildery te begin. Veral blomme kan van werklike blomme af geskilder word. Observeer en kyk vir kleure, lyne skaduwee ens. Landskappe, geboue, bome is uitstekende onderwerpe om te gebruik vir negatiewe spasie tegniek.

  1. Teken die hele komposisie soos verlang
  2. Maak papier (Gestrek of in boek) nat en laat kleure vloei op die plekke waar die kleure voorkom. Omdat papier nat is sal sagte rande gevorm word.
  3. Laat droog word.
  4. Gebruik masking fluid om kleure te behou op kleiner dele, en doen dit elke keer na jou ‘n volgende kleurlaag aangebring het.
  5. Werk nou met kleurharmonie om verder kleur in te bring.
  6. Werk nou laaste aan agtergrond, maak versigtig nat tot aan die buiterand van papier om sagte effek te behou.
  7. Potloodlyne kan uitgevee word wanneer skildery droog is.

Bron: Watercolor Workshop 1 by Rose Edin (Walter Foster) bl. 8

Decorative item to illustrate negative space

Op die skildery met die geelvinke kan jy sien hoe die negatiewe spasie tegniek baie effektief gebruik is om die nessies te skilder.

Decorative picture to illustrate the use of negative space

Nog ‘n voorbeeld waar  kleur harmonie gebruik is oor die hele agtergrond, en daarna deur negatiewe spasie tegniek te gebruik die onderwerp te beklemtoon en uit te lig.

Negatiewe spasie en ander mediums:

Die negatiewe spasie tegniek kan in baie ander mediums ook gebruik word en is nie net beperk tot waterverf nie. Gebruik dit gerus met potlood, houtskool, olieverf en akrieliese verf. Selfs waterverfpotlode, ink, pastelle, oliepastelle; kan gebruik word om kontras te verkry, asook interessante effekte.

Gunsteling Kleur as Inspirasie vir skildery

Gunsteling kleur/e as Inspirasie vir Skildery of Kollage

 

IMG 20190607 180655 428 » Gunsteling Kleur as Inspirasie vir skildery » Helena van der Nest-Strijdhorst

Wat sou jy gebruik as inspirasie vir ‘n kunswerk?

Kleur is beslis iets wat ons kan inspireer om dit wat ons sien te verwerk in ‘n skildery. Ons almal sien kleure verskillend, en het ook ander assosiasie met kleure.  Lees gerus hieronder  die “Gedagtes oor bruin”  waar Aletta Lubbe haar liefde vir die besonderse kleur en al sy skakerings beskryf.

Jy kan eers ‘n kollage saamstel met verskillende kleure geskenk of tydskrif papier, en dit as inspirasie gebruik vir ‘n skildery.

fe64e21b218121af42b9fdc801b1ce79 » Gunsteling Kleur as Inspirasie vir skildery » Helena van der Nest-Strijdhorst

 

Kleure wat inspireer

Lees die volgende rustig deur en probeer dit visualiseer:

Gedagtes in bruin
Die aarde is bruin en bruin is in wat hy voortbring:
Hout – geurig en glimmend geskaaf tot geelbruin en goudbruin en rooibruin.
Bruin flits tussen stamme en koeltes in skuilende wild.
Bruin vlug op  fyn hoewe in steenbok en rooibok en springbok.

Bruin kry vleuels in arend en hoep-hoep, swaeltjie en kolgans.

In tieroog glip bruin heen en weer in kantelende oomblikke van lig en skadu.

Bruin gloei tot oranje in die vroeë of laat son teen die rotskruine.
Bruin bosveldheuning voed jou siel en maak jou oë helder – soos Jonathan se veldheuning.

In die hanepoot na-oes krimp bruin rosyntjies brandsoet weg tussen ovaal , geelgroen korrels.

Bruin lê op die tong, verlok die oë in goudbruin dadelbrood,sjokolade, doekpoeding, gemmerkoek en broodgebak.

Bruin is in kaneel, naeltjies en neut. Gemeensaamheid en gasvryheid word aangebied in
amber en goudbruin tee en geurige koffie.

Bruin wek die gevoel van rus in ‘n mens se gees, ‘n gevoel van mededeel saamheid en kalmte.
Bruin verleen dimensie aan elke ander kleur op aarde, verdiep hul betekenis.

Oranje is gloeiender. Geel is ryk en skynend.

Die Skepper plaas blou oë en bruin hare volmaak saam.

In die natuur staan groen loof teen bruin stamme en bruin aarde.
Jakarandas klok fyn aan bruin takstrukture.
Bruin temper al die mens se stemminge, vorm hulle ten beste om.

Bruin is maklik om mee oor die weg te kom. Bruin staan nie alleen nie: soos die mens metsy kudde-instink is hy gesellig, trek ander kleure na hom toe aan en vestig – anders as mense – die aandag op ‘n ander kleur.

Bruin is sag, lewendig, vriendelik en aanpasbaar – selfs by swart.
Ek onthou nog my pa in bruin: bruin hoed, das, pak klere skoene. Net sy kerkraad-manelpak was swart.
Hy was altyd bruingebrand in die son aan diewerskaf met die bruin aarde … Maar sy oë was hemelsblou.
Bruin bring fluweel en humor in my ma se oë …
“Bruin oë seëvier altyd!” het sy na vier bruinoogkinders gesê.

Toe die blou-oog kleinkinders na hulle oupa begin terugslaan, kon sy met ‘n vonkel in die oë verdedig: “Toe maar, die
blou oë kom van die skoonfamilie …!
Deur my eensaamste ure lei ‘n bruin pad oor bruin ysterklip en kaal bruin wintertakke en losblare wat die herfs geel en oranje en roes en bruin uitspikkel .

Wanneer die winter kom, koop ek weer vir my ‘n warm bruin rok. Ek kombineer hom met ‘n rooskleur, met groen, met blou, met oranje en geel en selfs met swart.

Bruin laat ‘n mens veilig voel, gekoester voel.
Modekleure kom en gaan maar bruin bly altyd reg en basies standvastig.

Bruin is nie koud of kleurloos nie.  Kyk lank daarna en dit gloei – ook in die hart van ‘n smeulende vuur, in die terugslepende seewater voordat die brander omkrul …
Bruin is so universeel soos die aarde self. Hy is aarde.
En die mens is uit die aarde en keer terug tot die aarde.

Uit: Van hier af sien ‘n mens ver – Aletta Lubbe bl 7 en 8 (Perskor)

brown plaashuis » Gunsteling Kleur as Inspirasie vir skildery » Helena van der Nest-Strijdhorstbruin » Gunsteling Kleur as Inspirasie vir skildery » Helena van der Nest-Strijdhorst

Voorbeelde van foto en skildery waar bruin
se pragtige ryk kleure as inspirasie toegepas word

Soos wat Aletta Lubbe hier met woorde in “Gedagtes in Bruin” skilder so behoort ons na kleure te kyk en met
‘n kwas al die verskillende kleure en nuanses vas te lê. Ons sal kyk en nie net sê die lug is blou nie, maar
werklik begin kyk na al die verskillende kleure blou. Daarom meng ons ook net klein bietjies verf op ‘n slag, om elke keer weer vars te kyk en te meng.

Kleur beskrywing:

Kies jou gunsteling kleur wat jou inspireer  en skryf ‘n paar sinne (ten minste halwe bladsy) oor hoekom die kleur vir jou so besonders is.
Begin met eers net woorde en verwerk dit na sinne. Dink aan ‘n skildery wat jy kan skilder met hoofsaaklik jou gunsteling kleur, in alle tinte en skakerings, komplementêre kleure en kleurharmonië.

Nog ‘n opsie is om  eers ‘n kollage saam te stel met verskillende kleure geskenk of tydskrif papier, en dit as inspirasie gebruik vir ‘n skildery.

20150526 145816 » Gunsteling Kleur as Inspirasie vir skildery » Helena van der Nest-Strijdhorst

 

Om kleure as inspirasie te gebruik gaan jou werk uniek maak.

 

 

 

Deel 2 Sumi-e Bamboe Veld orgidee Krisant en Pruimtak

0c6dffe3d7ffa55e428bc9cb4b72f999 » Deel 2 Sumi-e Bamboe Veld orgidee Krisant en Pruimtak » Helena van der Nest-Strijdhorst

 

 

Die orgidee, bamboes, pruimboom en krisant verteenwoordig die “Ki” of die lewenskrag van die vier seisoene en van die vier eeue van die mens en word as die “Four Gentlemen” beskou.

.

Bamboe – Somer

BAMBOE Die Bamboe met sy regop takke wat hoog groei en sy immergroen blare en verbasende buigsaamheid word ook vergelyk met ‘n edel persoon

Bamboes is die simbool van ewige vriendskap en lang lewe. Dit verteenwoordig buigsaamheid gewortel in krag.

Hierdie metafoor vir die lewe, herinner aan die karakter van die wyse man, is groen in alle seisoene; wat nie in ‘n orkaan breek nie.

Dit dui op ‘n sterk en buigsame innerlike houding, want net soos die bamboes, wanneer ‘n persoon die gebeure van die lewe in die gesig staar, hulle nie teen  verandering veg nie, maar gaan saamgaan met die stroom kan  aanpas.

Bamboes word deur Oosterse kunstenaars as die  “vader van ink kwas skilderkuns” beskou. Dit is die naaste van almal aan klassieke kalligrafie – elke tak en elke blaar is  aparte kwashale en so dra die kunstenaar die energieke gees van die plant sowel as sy of haar eie persoonlikheid oor.

Bamboes is een van die “Four Gentlemen” van oosterse kuns, wat beteken vier gewildste en edelste temas wat hoofseisoene sowel as belangrikste menslike deugde verteenwoordig. Dit is ‘n simbool van somer en dinamiese manlike energie. Die hol stam verteenwoordig vir boediste die ideaal van innerlike kalmte stilte en leegheid. . Simbolies vir uithouvermoë en buigsaamheid. Die bamboo is so’n lieflike plant dat die geen wonder is dat dit so’n belangrike rol speel in Sumi-e. Sterkte, standvastigheid en buigsaamheid is gekombineer in die Bamboe. Simbolies verteenwoordig die reguit stam opregtheid, die groen kleur integriteit en betroubaarheid. Die Bamboe kan die winter goed deurstaan en is daarom ook ‘n simbool vir duursaamheid. En laastens, maar nie die minste nie; omdat die bamboo baie oud kan word is dit ook simbolies vir langlewendheid. Die bamboo is ‘n goeie onderwerp vir studente wat begin skilder, jy het slegs ‘n paar goeie kwashale nodig om die plant uit te beeld.

ORGIDEE

2b5a06d8a5f9d9ae1a2f3cab5ef11c27 » Deel 2 Sumi-e Bamboe Veld orgidee Krisant en Pruimtak » Helena van der Nest-Strijdhorst

Die klein, gewone, wilde orgidee stem ooreen met die Oosterse ideaalbeeld van ‘n vrou. Sy lang, smal, dikwels gedraaide blare is ‘n teken van elegansie en eenvoud. Dit word altyd eerste as onderwerp aan die student aangebied.

Die orgidee verteenwoordig lente, vroulikheid en elegansie.

“Wanneer emosies swaar raak en jy depressief voel, skilder die bamboe..

As jy bly voel, skilder die orgidee;

want dit lyk asof orgidee se blare vlieg en hulself in die ruimte bevry,

hul ogies gaan op ‘n grasieuse en vreedsame manier oop.

Die hele blom spreek van geluk ”. Chüeh Yin

Orgidee –  simbool van die helder belofte van skoonheid. –

Die Wilde of veld  orgidee is een van die “Four Gentlemen” van oosterse kuns, en dus een van die belangrikste temas, wat lente en sagte vroulikheid simboliseer. Dit laat egter dikwels nie-Asiatiese kunsstudente kopkrap, aangesien hierdie orgidee, gesien in die klassieke Chinese en Japanese werke, onbekend lyk, glad nie soos ‘n orgidee nie. Tog is dit ‘n orgidee, een van die oudste spesies, wat in China voorkom en deur Confucius self bewonder was. Anders as baie ander orgideë soorte groei dit op grond en rotse, dikwels op rivieroewers. Sy blare en kroonblare is lank en smal, blomme is dikwels sagte wit. (Die wetenskaplike naam is Cymbidium ensifolium 🙂

Krisante

8e6c28edfc307106b150cf5f50150961 » Deel 2 Sumi-e Bamboe Veld orgidee Krisant en Pruimtak » Helena van der Nest-Strijdhorst

Tot vandag toe is die Krisant die koninklike simbool van die Japannese keiser-huis. Dwarsdeur die somermaande is Japannese huise versier met Krisante in die vorm van ink skilderye of as Ikebana blomme rangskikkings.

Die krisant is ‘n blom wat dikwels gebruik word in Chinese ink en waterverf skilderye. Dit simboliseer herfs en is ‘n teken van edele afsondering

Chrysanthemum/Krisant is ‘n simbool van herfs. simbool van krag en deursettingsvermoë  Dit blom soms tot diep in die winter, oorleef bitter koue en sneeu, en so het dit ‘n simbool geword van standvastigheid en wysheid wat deur ervaring gekry word.

Die Pruimboom

3a91fd280bbd882c690b9460ea6cb25f » Deel 2 Sumi-e Bamboe Veld orgidee Krisant en Pruimtak » Helena van der Nest-Strijdhorst

Die pruimboom verteenwoordig die lente omdat dit blom wanneer sneeu nog sy takke bedek. Pruim – die eerste blom om die winter se houvas te breek – Laat Winter en Vroë Lente – simbool van die vreugde van vernuwing en die belofte van lewe.

 

Dit is die simbool van Geestelike Ontwaking.

Die pruimboom stel krag, lang lewe, krag en onafhanklikheid voor; dit is soos “’n weeskind wat sonder die hulp van enigiemand grootword”.

Chinese pruim, ook genoem meihua, is ‘n gunsteling tema van oosterse kuns en poësie. Dit blom vroeg in die lente en moet soms koue en sneeu verduur, dus is hierdie helder en delikate bloeisel  gevier as ‘n simbool van laat winter / vroeë lente en strewe na nuwe lewe.

Materiale wat gebruik word om op te skilder : ryspapier, Chinese swart droë ink, vermiljoen ink en dierehaarborsel.

Die Japanese pruimboom kan ‘n ouderdom van tot 300 jaar bereik. Sagte wit of pienk blomme verskyn in die lente op sy knobbelige, gedraaide takke. Dit word baie bewonder en simboliseer ‘n aktiewe, positiewe bejaarde persoon wat nog  vol lewenslus is, .

Die verskillende takke aan die pruimboom kan vergelyk word met verskillende ouderdomme.

Die dik takke word met droe kwas geskilder,

IMG 20230907 152153 » Deel 2 Sumi-e Bamboe Veld orgidee Krisant en Pruimtak » Helena van der Nest-Strijdhorst

dan volg die ouers se takke met ‘n gryserige kleur,

IMG 20230907 152244 » Deel 2 Sumi-e Bamboe Veld orgidee Krisant en Pruimtak » Helena van der Nest-Strijdhorst

en daarna die kinders se fyner takkies met swart ink. 

IMG 20230907 152341 » Deel 2 Sumi-e Bamboe Veld orgidee Krisant en Pruimtak » Helena van der Nest-Strijdhorst

 

 

 

Pruim – die eerste blom om die winter se houvas te breek – Winter – simbool van die vreugde van vernuwing en die belofte van lewe.

IMG 20230907 151900 » Deel 2 Sumi-e Bamboe Veld orgidee Krisant en Pruimtak » Helena van der Nest-Strijdhorst

Die Kersiebloeiselfees

Nog ‘n lieflike bloeisel is die van die Kersieboom. Die Japanese Kersiebloeiselfees, bekend as ‘Sakura’, dui op die verwelkoming van die lente. Die daad van die viering van die fees word ‘hanami’ genoem, wat letterlik vertaal word na ‘die kyk van blomme’, met die tradisies van die fees self wat meer as ‘n duisend jaar terug dateer.

cherry blossom festival 3 » Deel 2 Sumi-e Bamboe Veld orgidee Krisant en Pruimtak » Helena van der Nest-Strijdhorst

Die kersiebloeiselfees is ‘n viering van die skoonheid van die natuur; regdeur Japan.  Die Japanese kom bymekaar vir kos, drank, liedjies en vriendskap terwyl die blomme in blom is. Aangesien die kersiebloeiselboom vir ‘n baie kort tydperk blom, met die blomperiode wat van jaar tot jaar wissel met verskille in weer, vind feeste oral van Januarie tot Junie plaas, afhangend van die streek, maar die meerderheid vind egter tussen Maart en April. Met meer as 200 verskillende variëteite van kersiebloeiselbome in Japan, is daar baie pragtige blomme om van te kies, wat wissel van wit tot pienk.

Hanami verteenwoordig die begin van die lente elke jaar. Die kersiebloeisel dien as ‘n kulturele simbool van vernuwing en hoop, en is lank reeds deur die Japannese gekoester as ‘n embleem van hul land se pragtige landskap. Die tradisie van Hanami duur al sedert die derde eeu voort, volgens teks uit die agtste eeu.

WAT GEBEUR BY DIE KERSENBLOEMFEES?

cherry blossom festival » Deel 2 Sumi-e Bamboe Veld orgidee Krisant en Pruimtak » Helena van der Nest-Strijdhorst

Dit spreek vanself dat by Hanami die blomme die ster-aantrekkingskrag is. As ‘n kulturele viering van skoonheid, is ‘n hele aantal Japannese uitvoerende kunste teenwoordig om skares te lok, veral sang en dans items is baie gewild.

Die feesdag sal tot laat in die aand aanhou, met handwerk wat spesifiek vir die fees se streek te koop is,asook kos stalletjies met tradionele kosse.

‘n Besonder kalmerende en spesiale manier om die fees te vier, is met ‘n tradisionele Japanese tee-seremonie wat onder die kersiebloeiselbome gehou word.

In die aand sal baie feeste met papierlanterns wat in die bome hang;  versier word, wat die skoonheid van die blomme tot laat in die aand besonders laat lyk. Dit staan bekend as ‘yozakura’, wat ‘nag sakura’ beteken.

cherry blossom festival 2 » Deel 2 Sumi-e Bamboe Veld orgidee Krisant en Pruimtak » Helena van der Nest-Strijdhorst

Sumi-e & The Four Gentlemen Deel 1

 

 

 

0c6dffe3d7ffa55e428bc9cb4b72f999 » Sumi-e & The Four Gentlemen Deel 1 » Helena van der Nest-Strijdhorst

 

Sumi-e is ‘n Japanese term wat “ink tekening” beteken.

Rondom die 7e eeu het Japanese student wat China besoek het, dit teruggebring na Japan; saam met ander idees soos kalligrafie; om mooi te kan skryf. Die Japanners het dit aangepas by hulle kultuur en dit begin Sumi-e noem.

Sumi-e bestaan uit vier basiese kwashale wat “The Four gentlemen” genoem word. Volgens die ou Sjinese kunstenaars verteenwoordig hierdie “Four Gentlemen” alle vorms  in die heelal. Die Bamboe, die Veld orgidee, die Krisant en die Pruimtak is deel van die Four Gentlemen.  Die kunsvorm word van die vroegste tye af beoefen deur nie net mans nie, maar ook vrouens en kinders .

 

Van die Zen monnike het  Sumi-e gebruik in hul opleidings programme. Hulle beklemtoon die afwesigheid van  kleure, waardeur toonwaardes, lyn en emosies meer tot hul reg kom. Vir hulle was dit ‘n groter uitdaging as  om volkleure te gebruik.

3bcda948118047a175ffc682e9f4292c » Sumi-e & The Four Gentlemen Deel 1 » Helena van der Nest-Strijdhorst

 

Daar is baie sprokies en volksverhale oor Sumi-e. Baie van die Westerse kunstenaars is deur Sumi-e beïnvloed, bekendes soos Toulouse- Lautrec, Gaugain, Vincent van Gogh en Marie Cassat se werke getuig van die Japanese invloed. Veral hoe hulle met vaste hand dik en dun lyne geskilder het, die spoed, sowel as die komposisie en eenvoudige kleurgebruik was vir die Impressioniste ‘n bron van inspirasie.

1ab7c2b8da0943959a134c6a6c8c3d9a » Sumi-e & The Four Gentlemen Deel 1 » Helena van der Nest-Strijdhorst

 

 

Selfs vandag word die mooi vrye Sumi-e lyne deur kunstenaars bewonder; hul noem dit “Action Painting” Dit word dikwels as stokperdjie deur Japanese gesinne beoefen, saam met “shodo”/ kalligrafie.

Die energie van Sumi-e

Sumi-e is vol energie. Die een kwashaal volg op die ander wanneer die kunstenaar vry werk en goeie beheer het oor kwas en ink.  Dit is dadelik ‘n kunswerk. Probeer dus om elke kwashaal doelbewus so goed as moontlik te doen. Om die varsheid te behou werk ons liewer sonder vooraf sketse – die prentjie is klaar in jou kop.

f760fe84c809a5d1f2a51157bb12a332 » Sumi-e & The Four Gentlemen Deel 1 » Helena van der Nest-Strijdhorst

 

Geniet die mooi wat jy sien en skilder van geheue met die emosie wat jy ervaar het in Sumi-e taal. ‘n Komposisie ontwikkel in swart, skakerings van gryse en dan die wit/negatiewe spasie van die papier. Dit kan realisties of abstrak wees, en is impressionisties van aard.

Sumi-e help die kunstenaar om die mooi in jou direkte omgewing te onthou; ‘n voël wat vlieg, ‘n akkedissie op ‘n blaar, ‘n skoenlapper by ‘n blom… Sumi-e is die taal waarin jy dit wat jy onthou beskryf in ‘n kunswerk sodat ander dit kan geniet. Volgens die ou Sjinese beskryf Sumi-e die Tao/ die Skepper en die beginsels van die heelal, die Weg van die Lewe.

Wanneer jy Sumi-e skilder is jy in die energie veld van Hokusai,Sesshu en Buncho; almal skilders wat Sumi-e wou deel met die gemeenskap waarin hul gewoon het.

Die Sumi-e taal

Sumi-e is ‘n taal wat jou help om skoonheid vas te lĕ met kwashale. Dit is ‘n visuele woordeskat en laat jou met nuwe oë na die wĕreld om jou kyk. ‘n Ou Sjinese spreekwoord sĕ”Om te kan skilder moet jy kan naboots.” Jy kan dit vergelyk met ‘n storie.

Om te kan woorde skryf het jy nodig om die alphabet en grammatika te leer. Die kwashale is die alphabet en die komposisie is die grammatika. Oefen die kwashale sodat dit maklik vloei en jy nie verder daarop hoef te konsentreer nie. Dan kan jy jou aandag gee aan komposise en emosie. Sumi-e is vir elkeen uniek – soos jou handskrif. Wees geduldig, hou aan oefen en verbeter so jou oog-hand koördinasie. Gebruik jou verbeelding. Net soos wat jy sou oefen vir ‘n klavier konsert.

Sumi-e en die Japanese digkuns Haiku gaan hand aan hand.

“Cadence” deur Shöha

Spring rain on my roof begins to drum

Drips from the willow,

Petals from the plum

Dit is so mooi gesĕ, jy sien die hele prentjie! Hierdie gedig geskryf in kalligrafie saam met ‘;n Sumi-e tekening; sal so’n mooi kunswerk wees!

Sumi-e benodigdhede:

IMG 20230803 164602 » Sumi-e & The Four Gentlemen Deel 1 » Helena van der Nest-Strijdhorst

dav

In Japan word dit die  “Four Treasures” genoem Dit is die ink blok, die ink steen, die kwas en die papier. . .

  1. Kwas
  2. Ink/waterverf
  3. Papier
  4. Die klassieke Sumi-e kwas “Foo-day” het ‘n unieke vorm en kan groot volume vloeistof hou, dit het ‘n fyn punt. ‘n Medium nommer 4 om te begin is goed
  5. Hah-kay/ plat kwas byvoorbeeld vir bamboo stingels en “washes”. Na jou gewerk het spoel jou kwassies goed uit en laat droog word.
  6. Sumi-e Ink of waterverf word spesiaal gemaak in die vorm van ‘n steentjie, maak dit nat en vryf op “soo-zoo-ri” om ink te maak. Die ink kan wissel van bruin tot blou swart en op die steentjie is patrone. Waterverf werk goed saam met Sumi-e.
  7. Papier: Gebruik aan die begin om te oefen koerantpapier of tikpapie Daarna ryspapier: gasenshi, wagasen of hosho, en wanneer jy gevorderd is kan jy ook op sy skilder . Plak die papier vas op ‘n bord sodat jy kan vry skilder e nook oor die rand van die papier kan gaan met jou kwas.
  8. Waterbakkie
  9. Palet
  10. Lap /Handdoekpapier

Plaas dit links as jy linkshandig is, of regs van jou; afhangende van handdominansie

Voordat jy begin met ‘n skildersessie: Word stil. Haal ‘n paarmaal diep asem, sluit jou oë, visualiseer wat jy wil skilder, sien die prent en ervaar die emosie van die onderwerp voordat jy begin skilder.

Manier van skilder vir Sumi-e

Hou die kwas vertikaal tussen duim en twee vingers, meestal in die middel, vir fyn detail onder, vir groot kwashale bo. Die papier is plat op die tafel, skilder met armbeweging vanuit die skouer. Dit word ook die “dansende kwas” genoem, die kwas beweeg met vloeiende beweging oor die papier soos wat jy ‘n brief sou skryf, of ‘n golf hou of tennis hou sou slaan. Skilder met volle en vrye arm beweging.

Sou jy ‘n foto of prentjie vir referensie wou gebruik; plaas dit reg voor jou. Maak jou kunswerk in een sessie klaar, sit gemaklik en geniet om met die ink vry lyne wat beweeg te skilder.

Reëls:

  1. Hou kwas vertikaal, tensy anders aangedui
  2. Beweeg kwas in die rigting van die pyltjies
  3. Gebruik skakerings op kwas: begin met ligte kleur, druk punt in sterker ink, of die sykant
  4. Oefen en voltooi volledige skildery met komposisie en skakerings
  5. Wees veelsydig met kwas; werk van links na regs, van regs na links en van onder na bo of van bo na onder.
  6. Begin voor in skildery en werk na agter toe
  7. Gebruik ligte kleur ink vir pels en veertjies; en donker ink vir snawels, pote en takkies
  8. Oefen gegradeerde kwashale; asook lyn wat dunner, dunner en dunner word; elke dag
  9. Beplan om elke dag 15 minute te oefen
  10. Leer om die Four Gentlemen te skilder, en maak so jou eie skeppings en variasies.

Oil paint rubbing tegniek vir portret studie

Oil paint  rubbing Tegniek

 

Enige kunstenaar wil graag leer hoe om portrette te teken en skilder.
Maar ons voel baie keer nie gereed, want dit lyk alles baie moeilik.
Hierdie aanhaling van Hugh Laurie sê dit so treffend :

“It’s a terrible thing, I think, in life to wait until you’re ready. I have this feeling now that actually no one is ever ready to do anything.There is almost no such thing as ready. There is only now. And you may as well do it now. Generally speaking, now is as good a time as any.”

Dus geen rede om langer te wag nie, begin sommer vandag nog .

Oilpaint rubbing portrait -Helena van der Nest-Strijdhorst

Oilpaint rubbing portret- Helena van der Nest-Strijdhorst

 

Oil paint rubbing Tegniek vir Portretstudies

Die Oil paint rubbing tegniek is ‘n maklike manier om te begin meer vertroud raak met portretstudies.

Eerstens gebruik ons met die Oil paint rubbing tegniek slegs drie kleure olieverf, Burnt Sienna, Ultramarine Blou en Wit.

Vir die Oil paint rubbing tegniek gebruik ons komplementěre kleure, jy kan dus ook ‘n groen en rooi olieverf gebruik of ‘n pers en geel kombinasie probeer.

Verder werk ons met ‘n toonwaarde foto, dus ‘n swart wit A5 foto. Deur op die toonwaardes te fokus leer jy om vorms, kontras , lig en donker, waar te neem.

 

Dit is belangrik dat ‘n portret lewensgetrou lyk. Om dit eg te laat lyk, asof daar beweging is.Vir lewensgetrouheid moet sekere karakter eienskappe wys in ‘n skildery.

Dit gebeur dikwels dat selfs al werk mense van foto;’s af; hul nog steeds nie die verhoudings en proporsies reg kry nie.

Om ‘n portret studie van ‘n foto af te doen kan problematies wees, veral wanneer jy vry hand werk. Jy kan natuurlik altyd die blokkies manier gebruik en ‘n foto op skaal vergroot, maar dikwyls  verloor jou skets dan die spontaniteit van ‘n los en vry skets.

Wanneer jy graag wil leer om uitstekende gelykenis te kry met portretkuns, dan is dit belangrik dat die oë in verhouding is met die neus, die lippe en die kante van die gesig.

Die “scale divider” sal jou help die regte verhoudings te kry in jou sketse, nie net in die individuele elemente in die skets  nie, maar ook tussen die referensie foto en jou skets.

2JdUQQrWTeufrBTg1FOB 3 » Oil paint rubbing tegniek vir portret studie » Helena van der Nest-Strijdhorst

Met ander woorde,wanneer jy ‘n foto gebruik vir referensie, gebruik die “scale divider” tussen die foto en jou skets soos wat jy werk, om die heel tyd seker te maak jou verhoudings is reg.

Jou skets kan of groter of kleiner wees as die referensie foto, solank jy die hulpmiddel gebruik sal jou tekening die regte skaal wees.   .

Kom ons kyk net weer na die proporsies van die gesig, dit help baie as jy hierdie eenvoudige reëls ken.

Proporsies vir Portret studie vir Oil paint rubbing Tegniek

Begin om te kyk na die vorm van die skedel, gesig, detail van die oë, neus,ore, mond en hare volg. Daarna word lig en skadu ingesit.

Dit help om soveel as moontlik sketse te maak. Wanneer jy ‘n portret doen van reg voor, moet jy oppas om nie simbole te teken nie, maar wel dit wat jy werklike daar sien. ‘n Gesig is nie simmetries nie.

Proporsies portretstudie

Posisie van die gelaatstrekke:

Die plasing van die gelaatstrekke moet op diesellfde wyse in aanmerking geneem word. Die konstruksieplanne  is gebaseer op gemiddelde resultate wat verkry is en moet nie as vaste reëls beskou word; maar as riglyne gebruik word tot jy meer ondervinding opgedoen het.

  • Die maat van ‘n kop se buitelyn is ongeveer twee eenhede breed en drie eenhede lank.
  • ‘n Vertikale middellyn sal help om die tekening simmetries te hou.
  • Die oë word op ‘n lyn halfpad tussen die bokant en die onderkant geplaas.
  • Die neus se onderkant is effens bokant die lyn wat die onderste helfte in twee verdeel.
  • Die onderste lyn van die mond is ongeveer halfpad tussen die neus en die ken.
  • Die afstand tussen die oë is gelyk aan die wydte van een oog.
  • Die onderkant van die neus is net so wyd soos die afstand tussen die oë.
  • Die mondhoeke is byna regoor die middelpunte van die oë.
  • Die afstand tussen die haarlyn en die wenkbroue is omtrent gelyk aan die neus se lengte.
  • Die bokant van die oor is op een lyn met die wenkbroue, en die oorlobbe is op een lyn met die onderkant van die neus.
  • Die nek is byna so wyd soos die gesig.

 

 

 

 

Oil paint rubbing portrait

Oil paint rubbing portrait – Adele du Toit

 

Benodighede vir Oil paint Rubbing tegniek

 

  • A5 swart wit referensie foto van karaktervolle gesig
  • A3 wit papier
  • 2 kleure olieverf soos burnt sienna en ultramarine blou
  • White spirits of geurlose terpentyn
  • 2 klein houertjies, lappies en lepel om verf mee aan te maak
  • Bruin Pastelpotlood/ houtskool, wit olieverf of potlood

Stap 1

  • Berei papier voor met verdunde burnt sienna olieverf en terpentyn mengsel.
  • Wend verf aan met lappie

 

Stap 2

  • Verdeel A3 papier in kwarte, teken horisontale en vertikale lyne in die middle, heirdie is baie belangrik want so kan jy beter meet met die “scale divider”
  • Merk ‘n duidelike kol in die middel of enige plek vir maklike verwysing
  • Doen dieselfde stappe met jou referensie foto

 

Stap 3

  • Teken portret met behulp van Scale Divider
  • Gebruik bruin pastel potlood
  • Foute kan uitgevee word met lappie met terpentyn en burnt sienna

 

Stap 4

  • Maak ultramaryn blou verf en terpentyn mengsel aan
  • Wend toonwaardes aan met komplementěre kleur soos ultramarine blou
  • Gebruik hiervoor ‘n lappie wat jy in verfmengsel doop

 

Stap 5

  • Ligpunte/ Highlights kan met wit potlood of wit olieverf aangebring word

 

Stap 6

Voltooi die portret met pastel potlood, pastelle, houtskool  en wit olieverf

 

Die Scale Divider as hulpmiddel

Die Scale Divider is ‘n groot geheim en tog so’n  handige hulpmiddel

 

2JdUQQrWTeufrBTg1FOB 3 » Die Scale Divider as hulpmiddel » Helena van der Nest-Strijdhorst

Die Scale Divider is ‘n handige en onmisbare hulpmiddel vir enige kunstenaar .

 

Vir die van julle vir wie dit belangrik is om reg te teken, miskien wanneer jy van foto’s af werk vir referensie materiaal; daar is ‘n baie handige hulpmiddel beskikbaar wat jou kan help om dubbel seker te maak jou tekening het die regte proporsies.

Dit gebeur dikwels dat selfs al werk mense van foto;’s af; hul nog steeds nie die verhoudings en proporsies reg kry nie. Die berge is te hoog, velde te groot…Die groot rede hiervoor is, omdat ons teken wat ons  dink hoe dit moet lyk, eerder dan om presies te meet. Soms is dit ook baie moeilik om te sien, veral wanneer die foto klein is.

Om ‘n portretstudie van ‘n foto af te doen kan problematies wees, veral wanneer jy vry hand werk. Jy kan natuurlik altyd die blokkies manier gebruik en ‘n foto op skaal vergroot, maar dikwels  verloor jou skets dan die spontaniteit van ‘n los en vry skets.

Wanneer jy graag wil leer om uitstekende gelykenis te kry met portretkuns, dan is dit belangrik dat die oë in verhouding is met die neus, die lippe en die kante van die gesig.

Die “scale divider” sal jou help die regte verhoudings te kry in jou sketse, nie net in die individuele elemente in die skets  nie, maar ook tussen die referensie foto en jou skets.

scale divider 3 » Die Scale Divider as hulpmiddel » Helena van der Nest-Strijdhorst

Met ander woorde,wanneer jy ‘n foto gebruik vir referensie, gebruik die “scale divider” tussen die foto en jou skets soos wat jy werk, om die heel tyd seker te maak jou verhoudings is reg.

Jou skets kan of groter of kleiner wees as die referensie foto, solank jy die hulpmiddel gebruik sal jou tekening die regte skaal wees.   .

 

Om meer los te werk is dit goed om wel baie vry and sketse te doen . Gebruik dan hierdie hulpmiddel om seker te maak jou verhoudings is reg. Met die hulpmiddel kan jy vinnig sien waar kan jy regstellings doen.

Die “Scale divider “ kan by kunswinkels aangeskaf word, of jy kan een by my bestel.

Almal werk min of meer op dieselfde manier.

Meet met die kort kant, stel die skaal op die Scale divider, en die ander kant gee vir jou die perfekte vergroting! So handig! Jy kan die skroef skuif om verskillende maattes te verkry van groot na klein en klein na groot. Wanneer jy die skroef op na bo skuif word jou resultaat groter dan die verwysing, beweeg jy die skroef na onder, hoe meer na die middel hoe kleiner die resultaat. Die klein kant meet die verwysing, die groot kant meet jou tekening.

scale divider 2 » Die Scale Divider as hulpmiddel » Helena van der Nest-Strijdhorst

 

Wanneer jy ‘n portret of iets anders teken, maak ‘n lyn van bo, na onder in die middel van jou papier en die foto waarvan af jy werk , horisontaal en vertikaal. Werk dan van daaraf om jou metings te doen.

 

Onthou, die klein kant verteenwoordig jou referensie foto, die groot kant die oppervlak/skets waarmee jy besig is.        Wanneer jy iets dieselfde grootte as die referensie foto of voorwerp wil oordra, kan jy skroef in die middel sit en enige kant gebruik vir akkurate verhoudings.

Om mee af te sluit:

Wanneer jy wil jou teken kuns verbeter gaan die regte hulpmiddels ‘n enorme verskil aan jou vordering kan maak. Deur die “Scale divider” te gebruik gedurende die proses van skets en oefen; sal help om op volhoubare manier die verhoudings reg te kry.

Die “Scale divider” help jou ook om jou skets te vergroot of te verklein.

 

Deur die “Scale divider “ te gebruik kan jy fokus op jou teken tegnieke, en hoef jy nie meer elke keer iets te kies wat “maklik” is nie, jy kan nou enigiets teken wat jy wil gebruik in ‘n skets of skildery.

Bron: Jackie Simmonds

Kunsterapie Tegnieke vir pen en ink

20170812 113229 1 » Kunsterapie Tegnieke vir pen en ink » Helena van der Nest-Strijdhorst

Ink agtergrond vir potlood en pen skets

Kuns terapie met pen en ink

“There will be new ideas in painting and each idea will have a new technique” Robert Henry

As medium vir kunsterapie is ink ‘n goeie keuse.

Soms het ons nodig om meer vry te werk en net die kleure en teksture te geniet. In hierdie les het jy die vryheid om te eksperimenteer en te kyk hoe kan jy ink gebruik tot jou voordeel.

Kunsterapie werk goed met ink as medium. Die intense kleure laat jou sommer vrolik voel, en die verrassings element van ink wat vloei maak dit ‘n ontspannende en terapeutiese ervaring.

Aan die een kant kan jy dit vry laat vloei, soos met waterverf, en dan weer, het jy ook die opsie om dit meer gekontroleerd te gebruik, ook soos waterverf. Want, net soos met waterverf, vloei die ink slegs waar die oppervlak nat gemaak is.

Hoekom met ink werk terwyl waterverf ‘n medium is wat meer algemeen gebruik word deur kunstenaars?

Ink het pragtige intense kleure, dit word verkoop in klein botteltjies en is dus reeds aangemaak, in teenstelling met waterverf, wat jy self moet ‘n hoeveelheid aanmaak om te gebruik. Ink kan direk uit die botteltjie aangewend word, of met ‘n pipet of kwas op jou oppervlak aangebring word.

‘n Ander voordeel is dat jy dit kan gebruik op papier, karton, waterverfpapier asook voorbereide doek. Daarna kan jy verder werk met akriliese verf of met olieverf om jou kunswerk te voltooi.

Ink kan ook gebruik word om ‘n gemengde medium skildery te maak, asook in jou Visuele dagboek is dit handig om met ink te werk. .

IMG 20211128 203519 » Kunsterapie Tegnieke vir pen en ink » Helena van der Nest-Strijdhorst

Heart art – pen en ink skets op doek

Tekstuur gee lewe aan ‘n skildery, dit laat jou onderwerp werklik lyk. Tekstuur help om ‘n klip glad of grof te laat lyk, vrugte lyk ryp en sappig, kristal en glas weerkaats lig en skitterende kleure. Tekstuur gee karakter aan ‘n onderwerp, dit dra by tot die storie wat die skildery vertel.

Wanneer jy op ‘n doek/canvas met ink wil werk is dit aanbevole dat jy eers die doek met ‘n onderlaag van akriel bedek. Wat mooi is, is om dit met ‘n lekker dik verf te doen en ‘n groot kwas te gebruik, sodat dit alreeds ‘n mooi tekstuur effek gee. Sonder die onderlaag is dit moeilik om ink te verwyder, en regstellings te doen.

Terwyl jy dit doen, kan jy ook stempels of stencils, sleutels, plantmateriaal, plastiek skinkbordlappies met patrone ens. in die nat verf druk om op die manier nog meer interessante teksture te skep.

IMG 6796 2k web » Kunsterapie Tegnieke vir pen en ink » Helena van der Nest-Strijdhorst

In hierdie skildery van die boom is sout kristalle gebruik vir ekstra tekstuur. Die agtergrond is gedoen met ink. 

Soms kan jy net eenvoudig agtergronde so voorberei, sonder ‘n beplanning, maar ander kere kan jy doelbewus, met jou onderwerp en komposisie in gedagte ; die verskillende teksture gebruik om jou skildery uniek te maak.

Nog ‘n voordeel om met ink te werk is dat dit ‘n maklike manier is om kleure op jou doek te verkry, sodat, wanneer jy begin skilder, daar nie wit gedeeltes orals uitsteek nie.

Dit help ook om op die manier die ys te breek, en net eenvoudig in te spring en te werk,in plaas van ‘n kliniese wit doek te moet bewerk wat jou angstig kan maak.

 

 

Tegnieke kan ook baie tyd spaar en uit die verskillende maniere en tegnieke kan jy kies wat die beste by jou onderwerp en persoonlike styl pas. Tegniek is bedoel om jou te help, dit moet nie oordoen word nie, dit kan jou werk komplemênter, nie oorneem nie, en is dan deel van die geheel vir ‘n goed beplande projek.

If I create from the heart, nearly everything works, if from the head, almost nothing – Marc Chagall

 

Die hele idee met tegniek en tekstuur is dat dit jou kunswoordeskat verryk en jou dus beter in staat stel om jou emosies en gevoelens op doek uit te druk, weereens :gebruik dit  om jou te help, nie om jou te hinder nie.

Visuele teksture: Tegnieke vir Waterverf en Akriel:

 

  • Harde rand/Sagte rand:

Maak gedeelte van papier nat, asof jy skilder en laat die res droog. Drup ink in nat gedeeltes. Jy kan ‘n vorm/patroon met water skilder en dan vul met kleure.

 

Oef. 1: Kies ‘n blomskildery en werk met hierdie tegniek.

The Joy of Spring 1k » Kunsterapie Tegnieke vir pen en ink » Helena van der Nest-Strijdhorst

Oef. 2: Probeer landskap met dieselfde tegniek.

20171012 182110 » Kunsterapie Tegnieke vir pen en ink » Helena van der Nest-Strijdhorst

 

  • Watermerke: Spat met kwassie of tandeborsel skoonwater op agtergrond wat byna droog is, maar nog effens klam voel. As agtergrond nog te nat is gebeur daar niks nie. Die grootte van die watermerk word beïnvloed deur die grootte van die kwas en die hoeveelheid water. Tegniek word gebruik vir blompatrone, sneeu, of sommer net tekstuur.

 

Oef. 3: Pas tegniek toe op waterverfpapier, asook gewone papier en gebruik verskillende kleure om die effek te toets.

 

Oef. 4: Berei tenminste 3 agtergronde voor waar jy die tegnieke gebruik, b.v. 1  met neutrale kleure, 1 met warm kleure, 1 met koue kleure. Laat droog word en doen dan pen en /of potlood sketse en tekeninge bo-oor die ink patrone. Om te doodle is baie ontspannend en werk terapeuties.

 

  • Sout kristalle:  Hierdie tegniek is baie treffend en effektief. Strooi fyn of growwe sout op gedeeltes wat begin droog word, maar nog wel nat is. Die sout absorbeer die vloeistof en dit vorm mooi patrone. In van die skilderye wat in hierdie artikel geplaas is kan jy dit mooi sien, hoe dit op verskillende maniere gebruik is.

 

  • Bleikmiddel: Gebruik Parker vulpen ink (swart) en spat bleikmiddel met tandeborsel, of gebruik ‘n wattestokkie en verf in ink patrone ens. Bleikmiddel verander die kleur en laat kleure ook verdwyn.

 

 

Celebration of Art with Helena/ Circles of Love

Circles of Love- Oil painting Helena van der Nest-Strijdhorst

Circles of Love Oil painting by Helena van der Nest-Strijdhorst

Celebration of Art with Helena

 

 

Circles of Love

May you today be aware of the golden circles of Love and Light

that are enfolding you

Inviting you to walk and dance

Lightly in this world

Knowing that your heart beat is synchronized

with the Creator Artist

May your eyes see only beauty

May your smile let others experience Light breaking through

like sunshine after the rain

May splashes of pure Joy paint the world around you

May golden rays of Sunshine turn darkness into a cascading fountain of Light

wherever you are

 

Celebrating Art with Helena -The Blessing of the Tree

20180526 171720 1 » Celebrating Art with Helena -The Blessing of the Tree » Helena van der Nest-Strijdhorst

Unfailing Love

Original painting –Helena van der Nest-Strijdhorst

The Blessing of the Tree

May you today give shelter to someone who needs it

May you bear fruit of Love and Light, be joyful and filled with peace

May your roots grow deep so that you will stand firm when a storm hits

May you be a song when the winds of change rustle through your leafs

May weary birds find rest in your branches.

May your shadow cast beautiful patterns of light and dark.

May raindrops nourish you and feed your roots

May you be filled with joy and peace from top to bottom.

May you; like a tree; have the courage to let go; that which no longer serves you

May you also experience seasons of rest and quiet; and seasons of abundance and growth; and know that both are a blessing.   (Helena van der Nest – Strijdhorst)

Pin It on Pinterest

Share This

Share This

Share this post with your friends!