Om jou unieke self te wees

“A work of art which did not begin in emotion is not art” (Paul Cézanne)
Hoe kan jy te werk gaan om jou eie unieke styl te ontwikkel?
Wie en wat inspireer jou? Dit is altyd goed om te begin met iets waarvoor jy lief is, iets wat jy in belangstel, iets wat jy ken.
Dit help baie om op ‘n tema te besluit en dan binne die raamwerk te werk. Dit lyk ook beter as jy sou wou uitstal en jy het ‘n deurlopende tema, of temas, as wat jy teveel rondspring en dit naderhand impak verloor.
Wanneer jy besluit het op ‘n tema of onderwerp, soos b.v. wilde diere, bome, blomme of wat ook al, kan jy begin om net oor die onderwerp referensiemateriaal bymekaar te maak en ook so’n bietjie navorsing te doen. Kies jy b.v. voëls, kan jy op ‘n sekere soort besluit, soos volgens hulle habitat, dieselfde geld vir blomme, doen dan ‘n reeks oor proteas, of rose of veldblomme, werk dus meer gefokus en selektief.

Wanneer jy wil werk kan jy ook begin deur te werk met dit wat jy direk in jou omgewing sien, soos die uitsig deur jou venster, ‘n landskap, die koppies op die tafel, klere oor ‘n stoel, die kat in die vensterbank, hond op die mat voor die kaggelvuur ens.
Wat jy ook al skilder sal afhang van jou belangstelling, omstandighede, en tipe skildery wat jy wil skilder.
Besluit ook vroegtydig of jy in portret of landskapformaat gaan werk.
“We see nothing truly till we understand it” John Constable
Kies dus ‘n onderwerp wat jy in belangstel,en wat vir jou interessant is, iets wat jy ken, kry die gevoel van jou onderwerp, indien moontlik stap om of in jou onderwerp en :
- Identifiseer sekere eienskappe: vlakke, kontoere, afstande, struktuur, tipe van plantegroei in landskap ens.
- Bestudeer ook die invloed van lig: kwaliteit, hoe dit die onderwerp beïnvloed, rigting waar vandaan lig kom, tyd van die dag, weersomstandighede, beweging van wolke, wind ens.
- Wat is die mees uitstaande, dominante aspek?
- Wat was dit wat eerste jou aandag getrek het?
- Gebruik ook die onaantreklike of oninteressante voorwerp en dele.
- Wat wil jy beklemtoon of uitlig in skildery?
- Bestudeer die kleure: Is daar ‘n kleurskema of dominante kleur, is die kleurskema warm of koud? Hoe beïnvloed die kleure mekaar?
- Doen eers ‘n paar potlood- of houtskoolsketse van jou onderwerp
- Beplanning van komposisie is noodsaaklik.
Dit is wat gaan bepaal wat die inhoud en onderwerp van jou skildery gaan wees, asook of daar dieperliggende betekenis en simboliek in jou werk is.
Kuns is ‘n denkwyse. Dit word ‘n leefwyse om te observeer, en waar te neem en om jou ervaring op doek weer te gee. Jou benadering en jou lewenshouding sal in jou kunswerk uitkom.

Kuns is ‘n belangrike kommunikasiemiddel. Wat wil jy sê? B.v.praat jy oor vrees of liefde, woede en agressie of vrede en aanvaarding?
Wanneer jy kyk na verskillende kunstenaars se werk sal jy oplet dat daar ook sprake is van ‘n proses, eers is dit net ‘n gedagte of idee, iets wat hul aandag trek en inspireer, dan volg ‘n reeks sketse, sommmiges met kleur in b.v. oliepastel, ink of wat ook al naby was om mee te werk en eksperimenteer, en uit die werk groei dan ‘n kunswerk , gewoonlik nie net een nie, want soos wat gewerk word kom daar al hoe meer idees. Om die proses te illustreer is daar ‘n voorbeeld van Marc Chagall ingesluit indie week se kunklas video.. Dit is van sy Jerusalem vensters,dit simboliseer die twaalf stamme van Israel, in stralende kleure, en hulle is ongetwyfeld onder die mees inspirerende kunswerke van die twintigste eeu. hy het eers gaan navorsing doen oor die twaalf stamme van Israel, en tydens sy werk het hy ook die poësie, passie en geloof in die Bybelverse nooit uit die oog verloor nie. Die werke is ook op ander plekke uitgestal voordat dit finaal in die pragtige sinagoge van die Hadassah-Hebrew Mediese sentrum in Jerusalem geïnstalleer is. (Kyk Kickstart Art Om jou unieke self te wees video)
Doen ‘n persoonlike studie van wat jou inspireer en motiveer. Kuns ontstaan uit die behoefte of begeerte om jou self uit te druk.Dit is dikwyls terapie vir ‘n persoon wat teruggetrokke is en dit moeilik vind om met woorde te kommunikeer. Ons almal word geinspireer en gemotiveer op verskillende verskillende maniere
Kreatiwteitsoefening:
Skildery met 100 kwasbewegings
- Plaas ‘n bord op papier en trek ‘n groot sirkel.
- Begin verf met geel, rooi, groen, neutrale kleure en blou
- Dit is net ‘n nuwe, vars manier om op te warm, kreatiwiteit aan te moedig en vrees vir die wit papier te oorkom.
- Oefening kan ook saam met iemand gedoen word, neem dan beurte en werk saam tot by 100 kwasstroke.


Stillewe

Irma Stern het pragtige stillewes geskilder
Agtergrond:
As ons terug kyk in die geskiedenis sien ons dat enige kunsvorm honderde jare geneem het om sosiaal aanvaarbaar te wees. Die rede hiervoor was veral die geweldige sterk invloed van die Christelike Kerk deur die Middeleeue. Die Kerk het mense voorgeskryf hoe om te leef en ook wat hulle toegelaat was om te skilder.
Die enigste aanvaarbare kunsvorm was godsdienstig van aard en het sterk Christelike simboliek bevat. As gevolg daarvan was stillewes baie laag aangeskryf en meer vervelige reproduksies van alledaagse gebruiksartikels. Tog het in later jare baie kunstenaars begin om stillewes te skilder en is daar in galerye regoor die wêreld stillewes uitgestal.
‘n Stillewe is die perfekte model en kan ‘n groot hoeveelheid vorms bevat, dit is ook hoekom ‘n stillewe so belangrik is in enige kunsklas en is dit vandag ‘n belangrike kunsvorm.
Geskiedenis:
Die eerste stillewes was waarskynlik van die Hellenistiese Grieke, maar het ongelukkig verlore gegaan. Ons weet van die skilderye omdat dit beskryf word deur antieke skrywers.
In die asse van Pompeï is van die eerste stillewes gevind. Een kunstenaar met die naam van Piraikos het die binnemure van winkels beskilder met eenvoudige stillewes van kos en wyn.’n Ander kunstenaar Zeuxis het ‘n stillewe gemaak van ‘n druiwetros wat so realisties was dat voëls probeer het om die druiwe korrels te pik.

Hierdie skilderye is gewoonlik op houtpanele gedoen met luike wat kon toemaak sodat hulle maklik van een vertrek na ‘n ander verskuif kon word.
In die Middel Eeue was stillewes skaars as gevolg van die invloed van die Christelike Kerk. Eers in die 16e eeu sien ons weer stillewes van Nederlandse skilders soos Pieter Aertsen en Joachim Beuckelaer. Hulle het begin om alledaagse voorwerpe in die voorgrond van hulle figure te skilder. Geleidelik het hierdie voorwerpe groter geword en was die figure deel van die agtergrond.
In die17e eeu was die gedekte tafel ‘n baie gewilde onderwerp, b.v. met wildsvleis, vis, vrugte of groentes en ook pragtige drinkglase en vase om die vaardigheid van die kunstenaar te wys.

Claesz., Pieter; Breakfast Still Life with Roemer, Meat Pie, Lemon and Bread; City of London Corporation; http://www.artuk.org/artworks/breakfast-still-life-with-roemer-meat-pie-lemon-and-bread-52136
Pieter Claesz, en Abraham van Beijeren se skilderye is goeie voorbeelde hiervan.

AMO96921 Still Life with a Lobster and a Turkey (oil on canvas) by Beyeren, Abraham Hendricksz van (1620/1-91)
oil on canvas
91×112
© Ashmolean Museum, University of Oxford, UK
Dutch, out of copyright
Dan was daar aan die ander kant die eenvoudige houttafel met brood, water en wyn wat natuurlik godsdienstige simbole was.
Blomme en potte was ook gewilde onderwerpe vir stillewes, sommige bevat meer dan 100 verskillende soorte blomme en kunstenaars het rondgereis om verskillende soorte blomme te sien en te skilder.

DUTCH SCHOOL, CIRCA 1750-1800 |
STILL LIFE OF FLOWERS IN A TERRACOTTA VASE ON A MARBLE LEDGE |
Old Masters | 2020 | Sotheby’s
Soorte Stillewes:
- Kunsmatig: Geskep deur kunstenaar. Soek items en voorwerpe en rangskik dit. B.v. kos, blommerangskikkings, vrugtebak met materiaal en glase ens.
- “Gevonde”: Iets wat net jou oog vang, b.v. tafel na ete, gedekte teetafel met blomme en teepot en mooi koppies, tuingereedskap met gieter en graaf, ‘n paar skoene op die vloer.
- “Natuurlik”: ‘n Groep voorwerpe wat buite in die natuur deur die natuur self gerangskik is, voorwerpe kan mensgemaak wees, b.v. bootjie met stukke hout en toue, of anker met dryfhout, of mooi klippies en blare.
Wenke:
- Wanneer jy self ‘n stillewe opstel kies ‘n tema soos kombuisgereedskap met groente, blomme saam met boek en potlode en leesbril.
- Kleur: Kies warm of koue kleurpalet vir harmonie en eenheid in skildery. Vereenvoudig die kleure al is van die kleure nie werklik in stillewe nie.
- Maar as jou stillewe baie lewendig moet wees gebruik ‘n verskeidenheid van kleure
- Gebruik ook gerus die komplementêre kleure saam in jou fokuspunt.
- Lig: Let op na die rigting van die ligbron, lig wat van kante af inkom is die mees algemeen, wanneer lig van agter af kom kan die kontras baie hard wees veral met kunsmatige lig, lig wat van vooraf op onderwerp skyn verminder weer kontras, dit beklemtoon die kleure en word gewoonlik net gebruik om met vorm en kleur te werk.
- Simmetrie/A-simmetrie: In ‘n stillewe is te veel eenheid vervelig.
- Tekstuur: Verskeidenheid van teksture maak dit interessant.
- Fokuspunt: Kyk vanuit verskillende hoeke en op vars maniere.
- Perspektief: Basiese riglyne word toegepas in stillewe.Die ooglyn is soos die horisonlyn in landskap.
Oefening:
Kyk in jou huis en stel verskillende stillewes saam. Neem fotos op verskillende tye van die dag van verskillende kante af. Neem ook naby fotos. Skilder direk van die werklikheid of gebruik van jou fotos as referensie materiaal vir jou skildery of sketse.
Wenke vir Suksesvolle komposisie

Komposisie is baie soos poësie,
jy kan nie iets toevoeg of uithaal
sonder om
die balans te versteur.
Goeie Komposisie
Om te beplan neem miskien aan die begin ‘n bietjie van jou tyd, terwyl jy haastig is om te begin skilder. Dit is die moeite werd om in die begin net so’n bietjie tyd te spandeer om te dink wat jy wil beklemtoon in jou skildery, watter kleure jy wil gebruik, wat jy eintlik kan weglaat uit jou skildery en hoe gaan jy die beste jouself kan uitdruk deur middel van lyn, vorm en kleur. En dit is dus eintlik waaroor komposisie gaan, om jou onderwerp op so’n manier in die skildery te plaas dat dit op eenvoudige manier boekdele spreek.
Komposisie is baie soos poësie,jy kan nie iets toevoeg of uithaal sonder om die balans te versteur.
- Gebruik ‘n Fokuspunt
- Pas die Reël van Derdes toe (Kyk by week 17)
- Maak gebruik van lyne wat die oog in die skildery in lei

Fokuspunt

Verdeel oppervlak horisontaal en vertikaal in derdes

- Maak gebruik van lyne wat die oog in die skildery in lei
Moenie moeilike of onaantreklike voorwerpe uitlos nie.
Probeer om na die onderwerp te kyk soos wat dit werklik lyk -, nie soos wat jy verwag dit gaan lyk nie.
Donker dele is swaarder dan die met ligte kleure. ‘n Klein gedeelte diep rooi of blou sal swaarder weeg dan ‘n groot gedeelte in ‘n neutrale grys/groen.
Alle dominante kleure en vorms moet nie almal aan een kant geplaas word nie, versprei kleur en vorm en herhaal kleur in agtergrond vir ritme en balans in skildery.
Dit help om met ‘n spiëel na jou skildery te kyk – dan is dit makliker om objektief te beoordeel. Vra jouself of dit wat jou in die eerste plek geïnspireer het nog uitstaan. Wat maak dit spesiaal? Is dit die manier hoe die lig val of interessante vorms of kleure, een van die elemente moet voorkeur kry.
Jy kan ook die skildery onderstebo hou en dan analiseer. Is jy tevrede met die rangskikking? Word die kyker se oog in die skildery gelei? Is daar ‘n fokuspunt of is daar meer as een voorwerp wat vir aandag kompeteer?
Wenke vir fokuspunt:
- Meeste kontras tussen lig en donker.
- Mees dominante kleur en vorm.
- Meeste detail.
- Maak gebruik van komplementêre kleur om fokus te vestig.
Begin met fokuspunt werk as uitgangspunt en werk dan weg van dit af. Sit eers alles wat jy sien in en begin dan om dinge wat nie nodig is nie uit te laat. Ondersteun dan die fokuspunt met nog besonderhede – hou die agtergrond eenvoudig.
Sommige dinge kan gebruik word om iets te beklemtoon en balans en eenheid te bewerkstellig.
Oef. 1:
Sny uit tydskrif voorwerpe, figure, ens. uit en plak dit op ‘n papier sodat dit ‘n komposisie vorm. Voorwerpe kan oorvleuel, swaar voorwerpe kom onder en agter, gebruik ‘n tema soos bv. Kos, musiek ens.
Oef. 2:
Sny blokke, sirkels, driehoeke, reghoeke uit tydskrif en stel daarmee’n komposisie saam. (Werk met kleurharmonie)
Fokuspunt in Komposie

Komposisie is die verhoudings wat daar tussen kleur, skakering en vorm is,die manier waarop dit gerangskik is. Sodat dit ‘n storie vertel vir die kyker en ‘n geheel vorm. Komposisie is belanrik wanneer ons skilder. Reeds vroeg in die beplanningsfase van die skildery moet besluit word waar die fokuspunt gaan wees. Die beste is natuurlik om dit nie reg in die middel te sit nie. Daar behoort ook variasie en balans in die skildery te wees. Bv. As jy blomme of appels in ‘n skildery het, moet die spasie tussen die voorwerpe nie orals dieselfde wees nie, en die voorwerpe self moet ook nie almal ewe groot wees nie. . Die afstand vanaf die rand van die papier na die onderwerp of middelpunt behoort ook verskillend te wees van al die kante. Dis maar ‘n paar van die punte wat in ag geneem kan word wanneer jy ‘n skildery beplan.
Hoe om te begin:
“Thumbnail scetches”:
Baie keer is die komposisie voor die hand liggend en geen probleem. Hoe meer geoefen jy is hoe makliker sal dit gebeur. Maar selfs professionele kunstenaars werk eers hul komposisie uit voor hul begin werk aan skildery. Die beste is om dan twee of drie klein sketsies te maak voordat jy finaal besluit hoe die skildery moet lyk. Die sketse hoef nie groter as poskaartgrootte te wees nie, en kan in monochromatiese kleurskema gedoen word. Potlood, houtskool of waterverfpotlode kan gebruik word hiervoor.
Metode vir fokuspunt:
Deel papier in drie gelyke dele horisontaal of vertikaal. Die fokuspunt kan op op enige van die punte waar lyne kruis geplaas word. Ons Westerlinge lees ‘n skildery van links na regs en dit beïnvloed ook die plasing van die fokuspunt.
Die beste manier om komposisie te oefen is met ‘n stillewe omdat dit nie beweeg nie. Besluit wat die
fokuspunt gaan wees en hoeveel spasie jy daarvoor gaan gebruik. Bv. ‘n Sak inkopies op die
kombuistafel met kombuisgereedskap van naby; of op ‘n groter afstand met oop kasdeure in die agtergrond.
Begin met fokuspunt werk as uitgangspunt en werk dan weg van dit af. Sit eers alles wat jy sien in en begin dan om dinge wat nie nodig is nie uit te laat. Nie alle kunswerke het ‘n fokuspunt nodig nie, bv. ‘n klomp tarentale of bokke vorm ‘n
groep[. In inligtingsketse is die fokuspunt ook nie belangrik nie. Kry soveel as moontlik van die onderwerp uit verskillende hoeke en doen dan ‘n komposisie by die huis.

Nog meer oor Fokus punt
As jou onderwerp baie groot is en jy vind dit moeilik om te besluit wat om te skets kan ‘n soekraam help om die probleem op te los. Sny in karton van 15 x 10 cm ‘n reghoekige opening en hou byderhand in sketsboek.
Plaas die elemente so binne die raam dat die aandag van die kyker na die fokuspunt gaan. Ondersteun dan die fokuspunt met nog besonderhede – hou die agtergrond eenvoudig. Sommige dinge kan gebruik word om iets tebeklemtoon en balans en eenheid te bewerkstellig.
Komposisie is baie soos poësie, jy kan nie iets toevoeg of uithaal sonder om die balans te versteur. Goeie komposisie: gebruik ‘n Fokuspunt, pas die reël van derdes toe, maak gebruik van lyne wat die oog in die skildery in lei
Wenke vir fokuspunt:
1. Meeste kontras tussen lig en donker.
2. Mees dominante kleur en vorm.
3. Meeste detail
4. Maak gebruik van komplementêre kleur om fokus te vestig.
As jou onderwerp baie groot is en jy vind dit moeilik om te besluit wat om te skets kan ‘n soekraam help om die probleem op te los. Sny in karton van 15 x 10 cm ‘n reghoekige opening en hou byderhand in sketsboek.
Plaas die elemente so binne die raam dat die aandag van die kyker na die fokuspunt gaan. Ondersteun dan die fokuspunt met nog besonderhede – hou die agtergrond eenvoudig.
Sommige dinge kan gebruik word om iets te beklemtoon en balans en eenheid te bewerkstellig
Bronne: Fundamentals of Drawing bl. 26 en 27
Complete Oil Painting bl. 58 en 59
Om te sien en te teken

Meeste mense gaan deur die lewe sonder om werklik te sien waarna hul kyk, en het ook voor op gestelde idees hoe iets lyk. Daarom is dit belangrik om eerstens te leer om dinge in verhouding met mekaar te sien, as ook die verskillende omstandighede, en ook om vaardig te raak en dus in staat te wees om met die hand werklik te teken wat die oog sien.
Wanneer ons waarneem en kyk na die natuur, het sy die werklikheid of dan foto’s, is alle dele sigbaar as vorms, nie as vorms wat omlyn is met donker lyne nie. Streng gesproke is daar nie omlyning in die natuur nie, slegs rande van kleure teenaan mekaar.

In die natuur is daar nie donker omlyning om voorwerpe nie
Bome word gesien as silhouette teen die lug, so ook berge en klowe. Huise en geboue word ook teen ‘n agtergrond gesien, wat ookal die agtergrond is.
Takke en klein takkies van kaal bome is lynreg, hulle is ook binne die grense van die boom se silhouet en vorm ‘n ligter kleur teen die lug.

Om meer vry en vertolkend te skilder is dit beter om nie die onderwerp te volledig en soos ‘n lyntekening op die doek te teken nie. Want hoe meer lyne en hoe meer presies jy teken, hoe minder gaan die skildery soos ‘n skildery lyk, dit gaan meer soos ‘n gekleurde tekening lyk.
Jy moet meer vry werk, dus meer oplet na die groter geheel en vorms, en hul met groot kwaste op doek plaas, werk vry-vloeiend, met kragtige sterk kwasbewegings, met ‘n kreatiewe benadering, sodat jou werkstuk ‘n vertolking word van dit wat jy sien.
Net omdat jy nie alles presies teken nie, beteken nie dat jy glad nie gaan teken nie, terwyl jy skilder teken jy, en neem waar, en besluit wat om volgende in te sit ens. Jy werk egter met patrone en vorms en nie met al die klein detail in die begin nie.
Dit gaan jou baie help as jy elke dag net vir 10 minute kan teken. Teken, nie om ‘n kopie te teken nie, maar om werklik te verstaan en te kyk vir die vorms en hul verhoudings tot mekaar.

Teken mense, diere, voorwerpe, en doen dit met waardering vir die diepte en kwaliteit van dit wat jy sien.
Een van die groot vreugdes in die lewe is dat ons nooit ophou om te leer nie. Hoe meer jy waarneem en teken, hoe meer leer jy oor kleurwaardes, lyn, vorm, ritme, intensiteit, ens.
Hoe meer jy oor ‘n onderwerp leer en dit teken, hoe beter sal jy dit kan skilder. So sal kennis en tegniek ‘n vaardigheid word wat jy leer bemeester en dit raak dan al hoe makliker, net soos wat jy ‘n motor bestuur, wat jy ook in die begin op elke beweging moes konsentreer, en later kom alles outomaties en gemaklik.
Maak klein “idee sketse”, van jou onderwerp, analiseer die verskillende moontlikhede en variasies. Doen verskillende tekeninge en studies met elke keer ander detail van figure, portrette, bome, blomme, voorwerpe, geboue, ens.
Hierdie sketse dien dan as verwysing sodra jy begin skilder, jy het dan klaar baie van jou onderwerp geleer, sodat jy , wanneer jy begin skilder baie meer vry en kreatief op jou doek kan werk.
Probeer om wanneer jy wel op die doek teken ook met “verlore” lyne te werk gebruik lyne sorgvuldig om iets te beklemtoon.
Om in vorms te dink:

Vorms, soos wat ons dit waarneem is nie altyd die vorm van die onderwerp nie, dit kan wees, maar dit kan ook die vorms van skaduwees, kleurvlakke, ens wees. Dit kan abstrakte of geometriese vorms wees, en kan oor die grense van voorwerpe en dinge gaan.

Vorm van skadu maak interessante ontwerp
Alle vorms in ‘n prent, ook die van die negatiewe spasie van die lug, of agtergrond is belangrik vir die groot geheel en patroon. Die negatiewe spasie van die lug b.v. sal die vorm van die bome of die perspektieflyn van die dak bevestig.
Driehoekige vorms sal gebruik word met die perspektief van strate, grenslyne, hekke en ens.

Dit is dus na die lyne en patrone wat jy oplet, ongeag die onderwerp, of dit van die werklikheid af is wat jy skilder of van ‘n foto in jou ateljee.
In Portretkuns, kan die onderwerp ook afgebreek word na geometriese of nie-objektiewe vorms. Hierdie vorms sal dan die groot komposisionele vorms wees en ook die kleiner vorms van skaduwee en lig vlakke.

Met Stillewes geld dieselfde benadering. ‘n Groot eenvoudige komposisionele vorm wat al die voorwerpe insluit word dan afgebreek in kleiner vorms van skadu, lig en kleure.

“Taking Your Line for a Walk”- soos Paul Klee
Die opwarm oefening vir hierdie week is “Taking your Line for a Walk” . Demonstrasie is in die week se video. Jy teken ‘n horison lyn en doen klein sketse waar jy elek keer die betekenis van die horisonlyn verander, soms kan dit ‘n rand van ‘n tafel wees, dan weer ‘n wasgoeddraad, dan ‘n treinbrug met ‘n trein wat oor die brug ry.
Nog ‘n goeie oefening is om ‘n stillewe op te stel, of gebruik dit wat jy voor jou op die tafel sien, en
- Kyk vir jou onderwerp, en laat jou oog gaan oor al die lyne, ligpunte en teksture, terwyl jy vir jou onderwerp kyk, teken jy op papier , maar…. sonder om op jou papier te kyk! Dis ‘n uitstekende regterbrein oefening. Soos wat jy stadig jou oog oor die onderwerp beweeg, teken jy op die papier. Eers aan die einde kan jy kyk, en jy sal verbaas wees oor die interessante lyne.
- Doen van die selfde onderwerp ‘n One liner, dit beteken jy mag kyk vir die papier waarop jy teken, asook vir jou onderwerp, maar hierdie keer lig jy nie jou pen op totdat die werk voltooi is. Werk slegs met lyne, nie skaduwees nie.

Blomme en perspektief
Met ‘n landskap of binnehuis interieur gebruik ons die perspektief beginsel dat alle paralelle lyne in die verdwynpunt bymekaar kom. Hoe maak ons wanneer ons blomme skilder? Om dit makliker te maak kan jy dink aan blomme se vorm soos die van ‘n teekoppie. Wanneer jy die koppie reg van voor sien, sien jy die binnekant, en die blom vertoon sirkelvormig. Wanneer jy die blom effens sou draai, sodat jy dit van die kant af sien, verander die prentjie, en sien jy net ‘n klein gedeelte van die binnekant van die kelk van die blom, en meer van die buitenste blaartjies.

Perspektief is maklik om toe te pas wanneer jy blomme vergelyk met teekoppies.
In die voorbeeld is die glazing tegniek toegepas:
Jy kan soos volg te werk gaan:
- Gebruik middelkleur soos lig blou of perskekleur vir agtergrond. Teken eenvoudige blomvorms.
- Doen skildery deur wynrooi te meng met glazing vir deurskynende skakering vir binnekant van blom.Werk met 2 kwassies, 1 om verf aan te wend, 1 om te versag.
- Wend nou wit verf aan of die buitenste blomblare, gebruik hiervoor ‘n plat kwas.
- Rond af deur donkerder wynrooi vir blom se middelpunt en meeldrade te skilder met punt van ronde kwas.
- Vir finale afronding : maak silhouette van blomme en blare met die deurskynende wynrooi wat met glazing gemeng is.
- Variasie: Werk met potlood,houtskool ens
- Kyk weer na die week se demonstrasie video vir verwysing.
Nog ‘n manier om blomme met glazing tegniek te skilder is in die voorbeeld bo, met die geel roos gebruik.
Vir die tegniek werk jy met glazing buite en agter om die voorwerp, sodat dit begin uitstaan.
Glazing is ‘n wonderlike manier om meer kontras in jou kunswerk aan te bring, sonder dat jy aan die vorm, kleur of struktuur verander. Jy gebruik vir olieverf ‘n olievermedium, meng dit met ‘n klein hoeveelheid verf en wend dit bo-oor die gedeelte aan wat jy wil donkerder maak. Die olieverf medium sal maak dat die onderste kleur nog steeds deurskyn, terwyl jy die effek van skaduwee skep. Vir akrieliese verf gebruik ons glaze medium, en meng ‘n klein bietjie verf met die medium om ‘n deurskynende lagie te vorm.
Koperpot met Rose – Paletmes tegniek

Koperpot met Rose
There will be new ideas in painting and each idea will have a new technique”
Robert Henri
Rose bly van die mooiste blomme om te skilder, en veral wanneer die paletmes gebruik word, is die
eindresultaat baie treffend met die duidelike teksture. Hierdie skildery is alla prima geskilder. Die
agtergrond is eerste gedoen met ‘n kwas. Dis beter om jou agtergrond met akriliese verf te doen in ‘n donker kleur vir mooier resultaat. Jy kan dan verder werk met olieverf of met akriliese verf.
- Om die koperpot te skilder gebruik jy wit, chrome yellow, yellow ochre, raw sienna, burnt sienna.
- Teken eers die vorm van die pot, en werk dan van binne na buite. Begin dan met wit streep in die middel van die pot,en werk dan van binne na buite deur wit in die middel, dan aan weerskante met geel, yellow ochre, raw sienna, en burnt umber of sienna kleur aan te bring.
- Doen ook die vermenging van kleure met waaierkwas op die gedeelte onder die pot.
- Daarna voeg jy al die ander kleure aan weerskante van die wit streep op die pot en onder die pot aan, soos jy sien in die demonstrasie video.
- Gebruik dan ‘n waaierkwas om die kleure te meng, sodat dit lyk soos koperpot wat glans.
- Doen dieselfde met waaierkwas op oppervlak onder die pot.
- Vir skaduwee wend jy donkerblou aan op die kante en ook op die oppervlak onder die pot.
Daarna is die detail van die rose, blare met paletmes aangebring.
Om met ‘n paletmes te skilder verg bietjie oefening, jy kan eers op karton probeer tot jy voel jy verstaan hoe die tegniek werk.

Detail van roos met paletmes geskilder.
Daarna kan jy begin om die rose te skilder, gebruik die paletmes en hou dit half skuins teen ‘n hoek.
Gebruik ‘n donkerder kleur en maak eers ‘n silhouet, en doen dan die ligter dele met ‘n ander kleur of ligter skakering. Byvoorbeeld wynrooi monder met pienk gedeeltes wat ligter is, of donkerpers onder met lila ligter gedeeltes. Oranje rose met ligter gedeeltes wat geel is kan ook baie mooi lyk saam met die kleure van die koperpot.
Vir die blare gebruik jy die paletmes plat en wend dan groen, geel en blou verf aan om verskillende blare te maak. Vir die stingels gebruik jy die sykant van die mes, druk dit in groen verf. Werk met verskilllende kleure groen en sorg vir kontras, groot en klein blare, fyn takkies met blare en hou jou werk so interessant om na te kyk. sorg vir afwisseling.
Roosknoppies kan jy maak deur die voorste punt van die paletmes gebruik om liggies ‘n knop mee te maak. Rond die roosknoppies af met groen blaartjies en ‘n stingel, dit kan nie net los in die lug hang nie.
Om die skildery klaar te maak kan jy laventel, wit magrietjies of klein blou blommetjies ook byskilder. Vir volledige demonstrasie kan jy die video wat saam met die les kom kyk. Dit lyk ook mooi as jy met wit verf en ‘n tandeborsel om en oor jou koperpot blommerangskikking fyn spatsels maak om die eindresultaat ‘n bietjie te versag.

Voorbeeld van Koperpot met Rose en Laventel
Variasies: Noudat jy geleer het om ‘n koperpot te skilder, kan jy jou eie variasies op die tema maak. Jy kan ‘n koperkan in die vorm van koffiepot, teepot, outydse keteltjie of teepot skilder. Gebruik ander blomme soos kosmosse, sonneblomme, gekleurde papawers, of net pragtige bloeisels , takke met bessies, of herfsblare om jou koperpot mee te vul.

In hierdie skildery is warm kleure gebruik om die koperpot te komplementeer.
Om ‘n Landskap te Skilder/Taking in the View

“De Rust”
Die landskap beweeg nie, jy kan dus baie tyd spandeer om die omgewing waar te neem.Wat wel gebeur is dat die lig gedurig verander, want soos wat die ure verbygaan verander dieskaduwees, en ook wanneer die wolke beweeg is daar verandering van lig. Met dit in gedagtehelp dit ook om na die landskap en vernal geboue op ‘n vars manier te kyk, en dus ‘n huisnie net as ‘n vierkant of reghoek te sien nie, maar wel as ‘n vorm met patrone van lig endonker. Vergeet wat dit is en kyk vir patrone,groepe en vorms.
Hoe om te begin:
“Thumbnail scetches”:
Baie keer is die komposisie voor die hand liggend en geen probleem. Hoe meer geoefen jy is hoe makliker sal dit gebeur. Maar selfs professionele kunstenaars werk eers hul komposisie uit voor hul begin werk aan skildery. Die beste is om dan twee of drie klein sketsies te maak voordat jy finaal besluit hoe die skildery moet lyk. Die sketse hoef nie groter as poskaartgrootte te wees nie, en kan in monochromatiese kleurskema gedoen word. Potlood, houtskool of waterverfpotlode kan gebruik word hiervoor.
Wanneer jy besluit het op ‘n onderwerp, het sy die plaaslike kerk, plaashuis of wat ook al, is daar nog ‘n menigte keuses wat gemaak moet word, om ‘n mooi komposisie te kry. Hoe begin mens? Die eerste ding is om wanneer jy rustig sit en besluit het, en jy is reg om te begin werk om eerstens die horisonlyn te teken wat op ooghoogte sal wees. Soms is die horisonlyn half bedek met berge en bome, maar dit maak nie saak nie, gebruik potlood, hou armlengte weg en bepaal so die horisonlyn, en dan werk jy vansaf die posisie, moenie halfpad skuif en vanuit ander hoek begin werk nie.
Alles wat jy sien is belangrik, nie net dit wat interessant lyk nie, maar ook die gewone onderwerpe.
Komposisie in Landskap:
Komposisie gaan nie net om die posisie van die verskillende elemente in die landskap, maar ook hoe jou benadering gaan wees ten op sigte van toonwaarde, kleure, lig, aksente en beklemtoning, ens. Dit het selfs ‘n effek op klein onbelangrike puntjies, soos of die koei na binne in die skildery gaan kyk of dat sy staar nie iets wat buite die raam van jou skildery is. Jou gevoel vir komposisie speel ‘n groot rol, en dit help om die basiese reëls van komposisie in gedagte te hou wanneer jy beplannings sketse doen. (Doen gerus ‘n paar klein “thumbnail” sketse voor jy aan die werk spring)
Taking in the View / Klas demonstrasie

Taking in the View -Klas demo
Om met ‘n paletmes ‘n landskap te skilder is ‘n goeie oefening wat jou help omvertroud te raak met olieverf of akrielverf.Hierdie spesifieke demonstrasie is bedoel as ‘n pret oefening.Vir die grasse in die voorgrond gebruik ons ‘n opgefrommelde plastiek sakkie.
Vir volledige aanwysings kan jy die video op YouTube gaan kyk.
Week 12 Paasfees

Marc Chagall -Glas en lood venster
Deur die eeue heen het kunstenaars die Kruisiging en gebeure rondom Paasfees uitgebeeld. Kunstenaars soos Rembrandt van Rijn, Vincent van Gogh, Marc Chagall, Paul Gaugain en vele meer het met lyntekeninge, kleur en kwas hul interpretasie van die gebeure weergegee. Ons gebruik die werke as inspirasie om ons eie kunswerk met die kruis as hooftema te skep.

Rembrandt van Rijn se weergawe
Nog ‘n werk van Marc Chagall:


Ninetta Sombard
Wanneer ons skilder speel ons emosies ‘n groot rol. Dit bepaal die kleure wat ons gaan gebruik, byvoorbeeld wanneer iets ons hartseer maak sal ons somber kleure kies, en byvoorbeeld ook meer met bloue, perse,diep wynrooi en ander donker kleure werk. Vir iets wat lig en vrolik is gebruik ons helderder en ligter kleure, pienke, lentegroen, lila,appelkoos en geel.
Vir hierdie projek kan jy eers stil word, jy kan ook weer die gedeeltes in die Bybel lees wat die verhaal van die kruisiging vertel, en dan gaan dink oor hoe jy die gebeure ervaar. Hoe sou jy dit wou uitbeeld. Het jy al ooit gedink om ‘n skildery te maak van die kruisiging waar jy miskien een van die soldate, dissipels of toeskouers is? Dis wat baie van die bekende kunstenaars gedoen het, om hulself iewers in ‘n gebeure , as deel van die groep te skilder.
Dis ‘n uitdaging, want nou moet jy dink, wat het jy gehoor, wie was saam met jou, wat het jy gesien? Hoe het jy dit beleef, en hoe raak dit jou.
Jy kan ook die kruis as inspirasie gebruik om ‘n kunswerk te skep.


Week 11 Vincent van Gogh se stoel as Selfportret
Om ‘n selfportret te skilder is deel van enige kunstenaar se projekte of keuse van onderwerp. Vincent van Gogh het dikwels homself geskilder, deels ook omdat hy nie altyd geld gehad het om sy modelle te betaal nie.
In hierdie skildery het hy bo en behalwe sy stoel, ook sy sakdoek, met sy voorletters op geborduur, sy pyp en tabak geskilder. Die stoel in hierdie skildery is identies soos die stoel wat hy in een van sy vorige skilderye van sy slaapkamer gemaak het. As onderwerp lyk dit aanvanklik baie eenvoudig en gewoon, maar eintlik is is dit geïnspireer deur ‘n Japanese kunstenaar vir wie van Gogh ‘n groot bewondering gehad het. Die Japanese kunstenaar het ‘n studie gemaak van ‘n enkele gras halmpie, net om te ontdek dat so’n taak hom stap vir stap verder lei om die skepping en eenvoudige werklik raak te sien.
Stoel as selfportret
Deur sy pyp in die skildery te bring, maak hy die onderwerp persoonlik, en is dit amper soos ‘n selfportret. Hy was lief om sy persoonlike besittings te skilder. In Parys was dit sy ou stewels en in Arles sy klompe wat baie gedra was. Hierdie onderwerpe vertel net so baie van die eienaar as wat ‘n portret sou doen.
Die kleur komposisie in hierdie skildery is gebaseer op die variasies om pare primêre kleure : blou en oranje, rooi en groen. Soms het hy die kleure puur gebruik, soms saam met kleur gemeng. Die gedeelte met die suiwerste rooi op die teëls onderdie stoel is gebalanseer met ‘n klein bietjie groen bokant dit en ‘n verdere strook groen op die naaste stoelpoot. Hy beklemtoon die struktuur meer, deur sagte buitelyne wat later aangebring is. Dit versterk die impak van die beeld, maar skep ook spanning tussen lyn en kleur. Deur die perspektief te verbuig druk Van Gogh sy eie stempel af op sy werk en die skildery is bedoel om ongerep en natuurlik voor te kom, in teenstelling met van sy tydgenote se werk, wat kunsmatig kon wees. Bron:History and techniques of the Great Masters: Van Gogh – deur William Hardy
Oefening 1:
Oefen eers en dit help om ‘n boks te teken, wat regop staan, en teken dan die stoel dat dit binne in die boks pas.
Doen ‘n reproduksie van Van Gogh se stoel en pyp.
Oefening 2:
Kyk vir ‘n foto met ‘n stoel, besluit op ‘n kleur kombinasie en doen:
- Studie in potlood of houtskool vir toonwaardes. (Let op na die ligbron vir skadu)
- Skilder die stoel en probeer om nie ‘n kopie van die foto te maak nie maar eerder ‘n interpretasie. Laat dus weg wat nie belangrik is nie, verander hier en daar iets.
Wenk: Om jou eie styl te ontwikkel is dit nodig dat jy eers reproduksies maak van ander kunstenaars se werk. Vra jouself hoekom jy ‘n sekere kunstenaar se werk bewonder, is dit die kleure, komposisie, onderwerp, tegniek, gebruik van lig en donker, ens? Vir groei en ontwikkeling kies jy, nadat jy die reproduksie voltooi het ‘n soortgelyke foto en doen dan weer ‘n skildery op dieselfde manier en gebruik dieselfde tegnieke.
Oefening 3:
Kies ‘n stoel by die huis en plaas iets wat vir jou persoonlik baie beteken op die stoel, bv ‘n boek, porselein koppie, hoed, skoene, baadjie, rok, serp, blomme of vrugte, ens. Maak eers ‘n paar komposisies op verskillende maniere en neem foto’s, doen ook klein sketsies. Kies dan die een wat vir jou die beste werk en begin skilder, of teken met medium van jou keuse.
Opsioneel:
Wat van ‘n stoel met jou troeteldier?
‘n Stoel buite in die tuin, en kies verskillende seisoene, soos lente, somer of herfs.